{"id":7218,"date":"2016-08-27T04:41:17","date_gmt":"2016-08-27T04:41:17","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/helpies-kan-reuse-aanslag-van-lichtenburg-te-wagte-wees\/"},"modified":"2016-08-27T04:41:17","modified_gmt":"2016-08-27T04:41:17","slug":"helpies-kan-reuse-aanslag-van-lichtenburg-te-wagte-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7218","title":{"rendered":"Helpies kan reuse aanslag van Lichtenburg te wagte wees"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole vandag in Lichtenburg is Helpmekaar-kollege van Johannesburg sin om te verloor. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Helpies is die verdedigende kampioen en het boonop twee keer vanjaar met die Ho\u00ebrskool Garsfontein, wat vandag sy titel as kampioen vir Makroskole verdedig, met 24-17 en 23-22 afgereken. Die span van die Goudstad het ook vir Monument van Krugersdorp vanjaar met 30-15 geklop. Monnas het in die halfeindstryd van die Makroskole-afdeling teen Garsfontein (20-35) vasgeval. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Lichtenburg se blou masjien is egter \u2019n meer as waardige teenstander in die eindstryd en kan nie gering deur Helpies geskat word nie. Die Liggies is vanjaar as kampioen van die Pukke se Prestige-reeks gekroon toe hy Noordheuwel in die eindstryd met 37-3 gekarnuffel het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Buiten die tuisveldvoordeel wat in Liggies se guns tel het die span boonop in die kwarteindronde en halfeindronde belangrike momentum in sy sege oor die Ho\u00ebrskool Pietersburg (43-36) en Vereeniging Gimnasium (48-17) opgebou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit terwyl Helpmekaar teen Oos-Moot (30-18) en Ligbron (27-15) harder vir sy seges moes werk as wat die tellings aandui. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Helpies se SA Skole A-flank, Mark Snyman, het \u2019n trotse rekord in eindstryde van die Beeldtrofee wat hy graag in Lichtenburg lewend wil hou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Snyman het van 2013 tot 2014 nog elke keer in die eindstryd van die Beeldtrofee vir die o.14-, o.15- en o.16-eindstryde as Speler van die Wedstryd aangewys. Helpies is mos hom in sy geledere nog elke keer as kampioen gekroon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Snyman het sy span se seges in die kwarteindronde en halfeindronde teen onderskeidelik Oos-Moot (30-18) en Ligbron (27-15) weens sy verpligtinge saam met die nasionale skolespan se naasbestes misgeloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Snyman is ondanks di\u00e9 feit steeds met 13 drie\u00eb sy span se voorste driedrukker. Die stryd tussen Snyman en Liggies se kaptein en flank, Gerhard Meyer, behoort een van die hoogtepunte van die wedstryd te wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Helpies se Cravenweek-heelagter, Chuiner van Rooyen, is op die aanval een van die mees opwindendste speler op skolevlak in die land. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Van Rooyen het vanjaar reeds 205 punte in sy skoolspan se 18 wedstryde aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Liggies se agterste driehoek is net so gevaarlik. Die heelagter, Donovan Serfontein, en twee vleuels, Henk Venter en Bertru Jones, het saam al 33 keer \u2019n draai agter die doellyn vanjaar gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hoewel Helpies se oorspronklike kaptein en verlede jaar se Cravenweek-haker van die Leeus, Tiaan van der Merwe, meeste van die tyd langs die kantlyn moes deurbring het die skool in Dameon Venter \u2019n speler wat sy kaptein se nommer twee trui met ywer dra. Die flank Tiaan Scholtz het die span ook in Van der Merwe se afwesigheid met onderskeiding gelei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><strong><span style=\"color: #000000;\">Die spanne is: <\/span><\/strong><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/strong><span style=\"color: #000000;\"><strong>Lichtenburg:<\/strong> Donovan Serfontein, Bertru Jones, Boeshie van der Walt, Lohann Jahns, Henk Venter, Evardi Boshoff, Rabie van Zyl, Anthony Keen, Gerhard Meyer (k), Henco Nel, Johann Kotze, Corno Lubbe, Craivian Smith, Christo Badenhorst, Pieter Caroll. PLAASVERVANGERS: Marcu Swart, Dian Pretorius, SW Conradie, Christopher Zandberg, Liam Rothmann, Janco Schickerling, Renco van Huysteen, Dries Rall.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\"><strong>Helpmekaar:<\/strong> Chuiner van Rooyen, Jeremy Randell, Keegan Hamman, Zandr\u00e9 Kruger, David Cary, Tristan Oosthuizen, Ruhan Viviers, Liam van den Berg, Tiaan Scholtz (k), Mark Snyman, Robbie Slabbert, Luwan Ludick, Michael Long, Dameon Venter, Marco Sharp. PLAASVERVANGERS: Triston Venter, Deon Gelderblom, Lehan du Toit, Chris Pietersen, Daniel Coetzee, Dylan Meyer, Sherman Rayners, Tommy van Tonder.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole vandag in Lichtenburg is Helpmekaar-kollege van Johannesburg sin om te verloor. Helpies is die verdedigende kampioen en het boonop twee keer vanjaar met die Ho\u00ebrskool Garsfontein, wat vandag sy titel as kampioen vir Makroskole verdedig, met 24-17 en 23-22 afgereken. Die span van die Goudstad het ook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7218","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7218","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7218"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7218\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7218"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7218"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7218"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}