{"id":7220,"date":"2016-08-27T04:47:13","date_gmt":"2016-08-27T04:47:13","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/trofee-kry-dalk-vir-eerste-keer-in-10-jaar-staanplek-in-rosestad\/"},"modified":"2016-08-27T04:47:13","modified_gmt":"2016-08-27T04:47:13","slug":"trofee-kry-dalk-vir-eerste-keer-in-10-jaar-staanplek-in-rosestad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7220","title":{"rendered":"Trofee kry dalk vir eerste keer in 10 jaar staanplek in Rosestad"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Alle aanduidings is dat die Kovsiestreek-kompetisie se trofee vir die Shimla-liga (vir mediumskole) vir die eerste keer vandag staanplek in \u2019n Vrystaatse skool se trofeekas sal kry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege van Bloemfontein pak die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, om 13:00 op Shimlapark in die Rosestad in die tiende eindstryd van die liga. Van die nege titels het die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap (6), die Harmony Sportakademie (2) en Gimmies (1) die titels tussen hulle verdeel. Interresant is dat Henk Brand (Noord-Kaap) en Jacques Juries (Sportakademie en Gimmies) om die beurt op die afrigtingspanne was wat die nege titels verower het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey en Welkom Gimnasium het mekaar alreeds vanjaar op die rugbyveld ontmoet. Die span van die Rosestad was met 54-22 baas. Grey is die tweede beste skolespan in Suid-Afrika vanjaar, terwyl Gimmies net buite die voorste tien spanne op School of Rugby se nuutste ranglys l\u00ea. Grey het vanjaar slegs teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (18-28) die knie gebuig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies was nog net twee keer aan die verloorkant. Sy enigste ander nederlaag buiten die wedstryd teen Grey was teen Noord-Kaap (32-34) tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweestryd tussen die twee SA Skole-skrumskakels, Rewan Kruger (Grey) en Richman Gora (Gimmies), behoort een van die hoogtepunte van die wedstryd te wees. Grey se senterpaar, Rikus Pretorius (SA Skole) en Janco van Heyningen (SA Skole A), behoort die kitaar in die middelveld te slaan. Gimmies se heelagter, Andrew Kota, sal saam met Gora agterlangs heelwat vrae op die aanval van omgekeerde besit aan Grey se verdediging vra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog \u2019n tweestryd wat vuurwerk behoort op te lewer is tussen die agtstemanne, Dian Schoonees (Grey) en Gift Dlamini (Gimmies). Schoonees het ook vanjaar die nasionale skolespan se naasbestes verteenwoordig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey was in die voorganger van die Kovsiestreek-kompetisie die Vrystaatbeker (ook voorheen Administrateursbeker en Direkteurs-trofee) nog nooit aan die verloorkant nie. Grey het in die reeks van 1983 tot 1987 en weer van 1997 tot 2000 die titel verower. Hy het van 1988 tot 1996 nie aan die kompetisie deelgeneem nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eindstryd van die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) neem Grey ook vir die eerste keer vanjaar deel. Die span van die Rosestad sal om 09:00 in die eindstryd van die liga teen Noord-Kaap te staan kom.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alle aanduidings is dat die Kovsiestreek-kompetisie se trofee vir die Shimla-liga (vir mediumskole) vir die eerste keer vandag staanplek in \u2019n Vrystaatse skool se trofeekas sal kry. Grey-kollege van Bloemfontein pak die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, om 13:00 op Shimlapark in die Rosestad in die tiende eindstryd van die liga. Van die nege titels het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7220","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7220","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7220"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7220\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7220"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7220"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7220"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}