{"id":7229,"date":"2016-09-09T08:50:14","date_gmt":"2016-09-09T08:50:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hans-coetzee-is-monnas\/"},"modified":"2016-09-09T08:50:14","modified_gmt":"2016-09-09T08:50:14","slug":"hans-coetzee-is-monnas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7229","title":{"rendered":"Hans Coetzee gereed vir nuwe hoofstuk"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7228\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_Hans_Coetzee.jpg\" width=\"373\" height=\"249\" alt=\"NewsG Hans Coetzee\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_Hans_Coetzee.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_Hans_Coetzee-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 373px) 100vw, 373px\" \/>\u201cEk het my hele lewe vir Monnas gegee.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die woorde van Hans Coetzee wat binnekort vir oulaas sy kantoordeur by die Ho\u00ebrskool Monument in Krugersdorp agter hom toe sal trek. En Coetzee oordryf nie met hierdie woorde nie. Hy was vir 32 jaar by die skool betrokke, waarvan hy vir 22 jaar die skool se eerstespan, die Wit Bulle gebrei het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit maak die manier hoe die be\u00ebindiging van sy kontrak as direkteur van rugby deur die skool se beheerliggaam hanteer is \u2019n klap in die gesig van die legendariese breier. Die beheerliggaam het tot vandag toe nog nie \u2019n rede vir die be\u00ebindiging van Coetzee se kontrak verskaf nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Buiten die manier waarop Coetzee laat gaan is, kon nie een van Monnas se spanne tot die eindronde van die Virseker Beeldtrofee deurdring nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2018n Gebeurtenis wat laas in 2006 plaasgevind het. Monnas se trots het in die halfeindronde van die reeks teen Garsfontein met 20-35 vasgeval. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Wit Bulle is bekend daarvoor dat hulle nie so storm soos wat hul kan as hul op \u2019n weeksmiddag speel nie. Buiten die oorwinning van die Tuks-reeks sal 2016 nie as \u2019n goeie jaar vir Monnas-rugby onthou word nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee het nog nie besluit waar hy volgende jaar die sweep sal klap nie. \u201cNet soos ek my kant by Monnas gebring het, was die skool ook baie goed vir my,\u201d het Coetzee ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die klubhuis by Monnas, die Varia, waar die lys van Monnas se Springbokke, SA Skole-spelers en Cravenweek-spelers se name teen die muur asook truie en fotos spog is onder andere ook deur Coetzee nagevors en moontlik gemaak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy rekord as afrigter van die Wit Bulle se eerstespan spreek vanself. In sy 22 jaar as afrigter van die eerstespan het die span 522 wedstryde gespeel en was hy in slegs 96 wedstryde aan die verloorkant. In 20 van di\u00e9 wedstryde het Monnas die louere gedeel. Dit beteken dat die skool se trots onder Coetzee \u2019n uitstekende wenpersentasie van 77.78 persent gehad het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Niemand in die geskiedenis van die skool neffens die Paardekraal-monument het die leisels vir solank by die eerstespan gehou nie. Jan Lange het vir 19 jaar vanaf 1935 tot en met 1953 die Wit Bulle laat sweet. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Coetzee het in 1972 aan die Ho\u00ebrskool Rustenburg gematrikuleer. Hy het vir die skool se eerstespan as agtsteman in 1971 en 1972 uitgedraf. Hy het reeds in 1977 \u2019n pos as onderwyser by Monnas gekry, maar moes eers sy twee jaar diensplig voltooi voordat hy sy loopbaan as Geskiedenis- and Afrikaans-onderwyser in 1979 by Monument aangesluit het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Interresant is dat Dok Phil Pretorius, destyds sportverslaggewer van die Beeld, in sy verslag oor die Direkteurstrofee van 1984 in die SA Rugbyskrywers se jaarboek noem dat \u201cDie Krugersdorpers veral sedert 1979 \u2019n faktor is om mee rekening te hou,\u201d het Coetzee ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monnas se Rugbykultuur<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns seuns is verskriklik vaardig. Ons is ingestel op drie\u00eb druk. Veral ons senters moet baie goeie balverspreiders wees. Dit is ook da tons elke jaar goeie senters in ons eerstespan het.\u201d Monnas het in 2004 in 28 wedstryde 179 drie\u00eb gedruk. Voor daardie jaar het die 1993-span die rekord met 145 drie\u00eb in 24 wedstryde gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Beker-bielie<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee het in 1984 sy eerste kans gekry om Monnas se eerstespan af te rig. Hy het saam met Frans Grobler die span daardie jaar tot die titel as kampioen van die destydse Direkteurstrofee gebrei wat hul met die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria (10-elk) moes deel. Interresant is dat Monnas ook daardie jaar vir die eerste keer paaie op die rugbyveld met Grey-kollege van Bloemfontein gekruis het. Di\u00e9 kragmeting het ook 10-elk ge\u00ebindig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste span wat hy by Monnas moes brei was die o.14B-span in 1979. Hy het in 1980 die o.13-span tot kampioen van Transvaal gebrei. Hy het daarna ook in 1982 gesorg dat Monnas die eerste houer van die Piet Krynauw-trofee (vir o.15-spanne) word. \u201cDit is vir my een van my grootste persoonlike prestasie om die eerste titel te wen.\u201d Monnas se vleuel Vincent Peyper was Monnas se held in die eindstryd op Loftus Versfeld teen Nelspruit na hy feitlik die hele jaar vir die B-span gespeel het. \u201cVincent het daardie iets gekort om vir ons A-span te speel, maar hy was \u2019n uitstekende stelskopper. Hy het na ons \u2019n drie in die hoek gaan druk het die vervyfskop oorgeskop na dit ook op die dwarslat gehop het om aan ons die sege van 10-9 te besorg.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 1985 het Coetzee se o.13-span weer die Transvaalse liga gewen met Stefan \u201cBotter\u201d Lourens as sy kaptein. Lourens rig tans Florida se eerstes af en het ook al vir vier jaar saam met Coetzee die Wit Bulle gebrei.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee het Monnas tot nasionale kampioen in 2003 gebrei met die toekomstige Springbok-stut Heinke van der Merwe as sy kaptien. Die destydse Media24-kompetisie se eindstryd teen Waterkloof met 19-16 gewen. \u201cOns agtsteman Torrie Meyer het 32 drie\u00eb daardie seisoen gedruk.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cIn my o\u00eb was 2005 se span die beste wat ek by Monnas afgerig het. Ons het die Beeldtrofee gewen en ook daardie jaar die meeste drie\u00eb in die land gedruk. Ons vleuel Hercules Venter het die rekord vir die meeste drie\u00eb vir die Wit Bulle na 34 opgestoot.\u201d Coetzee kon nooit \u2019n span van eerstespan van Monnas deur \u2019n onoorwonne seisoen neem nie. Die span van 2005 het slegs een nederlaag teen Waterkloof op die lyf geloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Rekord teen Grey-kollege<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar bestaan geen twyfel oor die feit dat Grey van Bloemfontein Suid-Afrika se voorste rugbyfabriek is nie. Die skool se eerstespan se rekord deur die jare spreek vanself. Daar is wel een naam wat . Grey het sedert die ontstaan van die Wildeklawer-toernooi nog net een keer tydens die toernooi die onderspit gedelf. En Coetzee was die argitek van daardie nederlaag toe sy Wit Bulle verlede jaar Grey met 17-7 in Kimberley gegaffel het. \u201cEk is trots oor my rekord teen Grey.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het met Coetzee as breier 11 keer teen Grey te staan gekom en vyf keer as oorwinnaars van die veld gestap. Twee van die wedstryde het gelykop ge\u00ebindig, terwyl Grey vier keer aan die wenkant was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monnas se Middelveld-maestros<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van die agt Springbokke wat die skool van Krugersdorp tot dusver opgelewer het, is slegs Christo Wagenaar, Brendan Venter en Jaco Taute nie deur Coetzee by Monnas gebrei nie. Van di\u00e9 agt het vyf die Groen-en-Goud as senters oor die kop getrek. Wagenaar, Jorrie Muller, Jaque Fourie en Jaco Taute het almal in hul loopbane die middelveld vir Bokke beman. Die span wat in 1984 se Direkteurstrofee met Affies gedeel het se kaptein en senter, Jacques Nieuwenhuys, het ook die nasionale skolespan verteenwoordig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se Andr\u00e9 Venter, broer van Brendan, is een van slegs vier spelers wat die SA Skole-span drie keer kon haal. Hy het in standerd agt (graad tien) as \u2019n leerling van Monnas die nasionale span in 1989 die eerste keer gehaal. Hy het daarna ook twee keer as \u2019n leerling van Grey-kollege (1990-91) die span verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; \u201cEk het my hele lewe vir Monnas gegee.\u201d Dit is die woorde van Hans Coetzee wat binnekort vir oulaas sy kantoordeur by die Ho\u00ebrskool Monument in Krugersdorp agter hom toe sal trek. En Coetzee oordryf nie met hierdie woorde nie. Hy was vir 32 jaar by die skool betrokke, waarvan hy vir 22 jaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7228,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7229","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7229"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7229\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7228"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}