{"id":7231,"date":"2016-09-09T09:27:10","date_gmt":"2016-09-09T09:27:10","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jackie-tredoux-het-diep-spore-in-skolerugby-getrap\/"},"modified":"2016-09-09T09:27:10","modified_gmt":"2016-09-09T09:27:10","slug":"jackie-tredoux-het-diep-spore-in-skolerugby-getrap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7231","title":{"rendered":"Jackie Tredoux het diep spore in skolerugby getrap"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7230\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_JackieTredoux.jpg\" width=\"249\" height=\"374\" alt=\"NewsG JackieTredoux\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_JackieTredoux.jpg 298w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/NewsG_JackieTredoux-200x300.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 249px) 100vw, 249px\" \/>Daar is min manne wat daarmee kan spog dat hul sulke diep spore in skolerugby in Suid-Afrika as Jackie Tredoux getrap het. Hy het die spel as afrigter en administrateur vir amper 40 jaar gedien. Die gebore en geto\u00eb Pretorianer het in die Moot groot geword en het ook hier by FH Odendaal, Oos-Moot en die Ho\u00ebrskool Tuine skool gehou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hy het in 1980 by Oos-Moot begin skoolhou en verlede maand as hoof van Tuine afgetree. Hy het die pos as hoof van Tuine sedert 1997 beklee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hy het self op skool vir Hendrik Verwoerd se eerstespan as losskakel uitgedraf en was saam met die voormalige Noord-Transvaalse voorryman Tuffy Reynecke in die span wat die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria in 1973 slae gegee het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het sedert sy eerste Cravenweek wat hy in 1988 in Port Elizabeth as \u2019n toeskouer bygewoon het slegs vier toernooie sedertdien misgeloop. Hy was nie op die toernooi van 1991 (Oos Londen), 1997 (Kimberley), 2000 (Port Elizabeth) en vanjaar se toernooi in Durban nie.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">FH Odendaal en Joost<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het in 1985 vir die eerste keer die leisels as afrigter by FH Odendaal oorgeneem. Die skool se destydse hoof die voormalige Springbok Fonnie van der Vyver het volgens Tredoux gesorg dat daar \u2019n sterk rugbykultuur by die skool was. \u201cHy was destyds die voorsitter van die Noord Transvaalse skolevereniging en het ook op die SA Skole se bestuur gedien. Hy het my baie gemotiveer,\u201d het Tredoux ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">In 1987 het FH Odendaal met ongeveer 312 seuns in die skool daarin geslaag om as kampioen van Noord-Transvaal gekroon te word. Die span het daardie jaar in die eindstryde van die Direkteurstrofee teen Hugenote van Springs in die Pam Brink-stadion met 14-18 vasgeval. Drie spelers wat daardie dag op die veld was sou later ook in die geskiedkundige oorwinning van die Springbokke in die eindstryd van die W\u00eareldbeker-toernooi oor die All Blacks in aksie wees. Hulle was Chris Rossouw, Japie Mulder (albei Hugenote) en Joost van der Westhuizen (FH Odendaal). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het al ons wedstryde in die kompetisie weggespeel daardie jaar. Ons het Klerksdorp, Ben Viljoen van Groblersdal en Ben Vorster van Tzaneen almal weg van die huis gespeel. Ons beste speler was Riaan Botha, wat senter gespeel het. Hy het later \u2018n Suid-Afrikaanse paalspringer geword. Joost kon altyd nog iets uit niks maak. Hy het met \u2019n stukkie individuele briljantheid die oorwinning vir ons teen Klerksdorp besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As ek destyds gevra is sou ek ges\u00ea het dat ons losskakel, Kobus Vlok, die verste sou gaan.\u201d<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Tredoux was volgens hom ook bevoorreg om in 1994 die hoofafrigter van die span te wees, terwyl die gewese Bok-breier Heyneke Meyer sy adjudant was.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Vernuwende denke<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na die geploeter tydens die Cravenweek van 1992 in Pretoria het Noord Transvaalse skolerugbyvereniging vir die eerste keer besluit om buite hul bestuur \u2019n afrigter vir die unie se skolespan aan te stel. Die eer as die eerste afrigter wat buite die bestuur aangestel is, het Tredoux te beurt geval. Hy het egter nie net die pos aanvaar nie en het twee voorwaardes gehad indien hy die warm stoel sou inneem. \u201cEk wou h\u00ea ons moes \u2019n hulpafrigter saamvat en ook \u2019n spandokter. Voor daardie Cravenweek het die spanbestuurder ook maar met die afrigting \u2019n hand bygesit,\u201d het Tredoux ges\u00ea. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het dus die Noord Transvaal gedwing om die eerste unie te word wat \u2019n tweede afrigter na die toernooi stuur. Jan Opperman van FH Odendaal was Tredoux se hulpafrigter in 1993 met Billy Theunissen (Silverton) wat die spanbestuurder was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk het aan hulle ges\u00ea manne julle verwag van ons om met 20 seuns deur \u2019n Cravenweek te gaan en nie een van ons is toegerus om \u2019n skeet te dokter nie. Daar was destyds nie soos vandag \u2019n toernooidokter nie. As \u2019n ou seer gekry moes ons \u2019n dokter in die dorp waar die toernooi aangebied is gaan soek het. Dit was ook moeilik om die ekstra afrigter na die toernooi te neem. Ons het by funksies gekom en dan was daar nie \u2019n plek vir hom nie. Die volgende jaar het al die unies \u2019n tweede afrigter na die week geneem.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die spandokter wat die eerste van sy soort op die Cravenweek was, was Tiaan Stoffberg wat ook die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria se spandokter was. Hy was volgens Tredoux in hul koshuisgang tydens die toernooi so gesog dat selfs van die ander spanne met hulk wale by hom kom raad en medisyne soek het.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Gloriejare vir die Ligbloues<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het Noord Transvaal, wat deesdae die Blou Bulle heet, se Cravenweek-span in ongetwyfeld sy mees suksesvolle era afgerig. Die Ligbloues het onder Tredoux se breierskap slegs een keer in in 1994 se hoofwedstryd teen die Westelike Provinsie (16-20) in Newcastle aan die verloorkant. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Noord Transvaal is onder sy breierskap ook in 1996 as nie-amptelike kampioen gekroon. Die Blou Bulle het in 1997 en 1998 ook die Cravenweek as nie-amptelike kampioen afgesluit, maar toe het Tredoux reeds die tuig as breier neergel\u00ea. Sy aanvoorwerk vir die sukses kan nie gering geskat word nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die hoogtepunt van Tredoux se tyd saam met die span as afrigter was die span se sege van 19-17 oor die Westelike Provinsie tydens die toernooi van 1993 in Secunda. Die span van die Streeptruie het toekomstige Springbokke soos Percy Montgomery, Robbie Fleck, Louis Koen, Dave von Hoeslin, Corn\u00e9 Krige, Wium Basson en Hottie Louw in sy geledere gehad. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit was by seker die beste Cravenweek-wedstryd ooit. Ons was voor die tyd maar onder druk want hier het ek \u2019n klomp vereistes gestel en ekstra ouens laat aanstel. Die president van Noord-Transvaal se rugbyunie, Hentie Serfontein, het die wedstryd nog kom kyk. Hy het ook voor die toernooi R30 in my hand gestop as sakgeld vir die week en ges\u00ea koop vir jou en jou teenstanders darem so dop.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Noord-Transvaal het daardie jaar die teleurstelling van 1992 se Cravenweek op tuisbodem op Loftus Versfeld agter hom gesit deur Suidoos-Transvaal met 25-13 in die hoofwedstryd te klop om as nie-amptelike kampioen gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Spesiale Spelers<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Tredoux het die gewese Springbok-kaptein en haker John Smit reeds op skoolvlak ongelooflike respek afgedwing. Smit het in die voorry vir Tredoux tydens 1996 se toernooi in Stellenbosch gesak. \u201cDie span van 1996 was die beste span wat ek afgerig het. Hy was die enigste Engels-sprekende speler in die span en hy het ondanks die feit steeds as leier in die groep uitgestaan.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Noord-Transvaal het daardie jaar die Westelike Provinsie met 24-12 in die hoofwedstryd verslaan. Die span moes die oggend van die hoofwedstryd dringend \u2019n plan maak na die losskakel, Gerrie van der Merwe, die oggend van die hoofwedstryd siek opgestaan het. Die voormalige eersterangste krieketspeler, Pierre Joubert, wat die plaasvervanger-skrumskakel was moes toe Van der Merwe se skoene volstaan. Hy was een van die Ligbloues se helde in die roemryke sege. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die beste speler wat Tredoux volgens hom gebrei het, Nicolaas Alberts, was ook \u2019n lid van die span.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Administrateur<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het verlede jaar reeds die tuig as tesourier van die SA Skole Skolerugby-vereniging (SASRV) neergel\u00ea. Hy het die pos vir twee jaar beklee. Hy het sedert 2007 in verskeie posisie op die nasionale komitee gedien. Hy was onder andere aan die voorpunt van die re\u00eblings van die eerste provinsiale sewestoernooi vir skole wat in 2011 by Konka net buite Rustenburg aangebied is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Tredoux het vanjaar as voorsitter van die Noordvaal se skolevereniging uitgetree na hy die pos in 2010 die eerste keer beklee het. Di\u00e9 vereniging administrateur die oudste skolerugbykompetisie in die land, die Virseker Beeldtrofee.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is min manne wat daarmee kan spog dat hul sulke diep spore in skolerugby in Suid-Afrika as Jackie Tredoux getrap het. Hy het die spel as afrigter en administrateur vir amper 40 jaar gedien. Die gebore en geto\u00eb Pretorianer het in die Moot groot geword en het ook hier by FH Odendaal, Oos-Moot en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7230,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7231","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7231","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7231"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7231\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7230"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7231"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7231"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7231"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}