{"id":7260,"date":"2016-11-05T08:17:28","date_gmt":"2016-11-05T08:17:28","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/van-der-wal-groet-grey-na-35-jaar\/"},"modified":"2016-11-05T08:17:28","modified_gmt":"2016-11-05T08:17:28","slug":"van-der-wal-groet-grey-na-35-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7260","title":{"rendered":"Van der Wal groet Grey na 35 jaar"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7258\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Nuus_DriesvdWal.jpg\" alt=\"Nuus DriesvdWal\" width=\"299\" height=\"448\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Nuus_DriesvdWal.jpg 299w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/Nuus_DriesvdWal-200x300.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 299px) 100vw, 299px\" \/>Die grootste rugbyfabriek in Suid-Afrika, Grey-kollege van Bloemfontein, het oor die jare legendariese afrigters soos Tom Mix van Aarde, &ldquo;Bloukoos Loubser, Jaap Rousseau, Stonie Steenkamp en Jos Labuschagn&eacute; as stuur van sy eerstespan gehad. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van Aarde is voorheen al na die Oubaas Markotter van Grey verwys. Dan is Dries van der Wal sonder twyfel Grey se eie Dok Craven. Hy het aan die einde van Oktober vanjaar na 35 jaar die tuig by Grey neergel&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het 25 van Grey se 44 Springbokke afgerig. Slegs drie van Grey se 25 Springbokke sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport Coenie Oosthuizen, Johan Goosen en Jan Serfontein was nie deur hom gebrei nie. Hy was wel die spanbestuurder toe hulle hul vir die span van die Rosestad se eerstes uitgedraf het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey is boonop die skool wat die meeste Springbokke sedert hertoelating opgelewer het. Slegs twee Bokke van Grey, Piet van Zyl en Tiaan Liebenberg, het nooit vir die skool se eerstespan gespeel nie. Grey se tweedespan, die Cherries, word egter ook deur die eerstespan se afrigters gebrei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal is waarskynlik die skoleafrigter wat die meeste Springbokke (25) deur sy hande op skoolvlak het, maar hy is sonder twyfel die afrigter wat die meeste SA Skole-spelers in hul verkose jare (36) asook Cravenweek-spelers (283) as eerstespan afrigter help slyp het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal was ook vir 23 jaar &rsquo;n &ldquo;pa&rdquo; vir die koshuisbrakke van Leith-huis. Hy het na 23 jaar Leith-huis vir &lsquo;n huisie by see in Reebok in die Suid-Kaap verruil. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ek het seker my mooiste asook my hartseerste oomblikke hier beleef,&#8221; het Van der Wal gese.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy eerste vrou, Beatrix Huisamen, &rsquo;n skoolkys van Griekwastad is in 2000 na &rsquo;n huwelik van 27 jaar aan borskanker oorlede. Hy is verloof aan Yvonne van Straaten wat saam met hom in Reebok nes sal skop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die huidige Springbok-kaptein, Adriaan Strauss, het spesiaal Van der Wal se laaste dag en saalperiode bygewoon wat getuig van die impak wat hy as pedagoog gehad het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;As ek &rsquo;n hoogtepunte moet uitsonder is 1988 se span spesiaal. Die span het vyf Springbokkke opgelewer en ons het daardie jaar ook aan die Volkskas-skild deelgeneem en gewen. Ons het vir wedstryde van die reeks regoor die land heen gevlieg. 1994 was die laagtepunt. Dit moes &rsquo;n wonderlike jaar gewees het. Ons het daardie jaar deur Nieu-Seeland getoer en twee voorwedstryde vir die Bokke gespeel. Ons het op die ou einde agt wedstryde in die seisoen verloor. &rdquo; Druk was destyds reeds erg op skoleafrigters en oud-Greys het Van der Wal en Andr&eacute; Swanepoel se koppe geeis.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toekomstige Bokke uit die span van 1988 was Ruben Kruger, Naka Drotsk&eacute;, Charl Marais, Pieter M&uuml;ller en Heinrich F&uuml;ls. Nog &rsquo;n speller Andr&eacute; Blom het vir die VSA gespeel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy rekord as breier van Grey se eerstespan spreek boekdele. In die 22 jaar wat hy as afrigter betrokke by die skool se eerstes was, moes hy slegs 35 sy teenstanders na die tyd met &rsquo;n sege geluk gewens het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die 22 jaar het Grey-kollege 394 wedstryde gespeel waarvan hy 351 keer aan die wenkant was en ook agt keer gelykop gespeel het. Van der Wal spog dus met &rsquo;n onge&euml;wenaarde wenpersentasie van amper 90 persent (89.08) as breier van Grey se eerstespan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 1984 het hy vir die eerste keer saam met die Grey-legende Jos Labuschagn&eacute; die eerstespan begin afrig. Labuschagn&eacute; het in 1991 die tuig neergel&eacute;.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het ook saam met Andr&eacute; Swanepoel (1990-1995), Jaco Swanepoel (1996-2005) en Ingo Machts (2008) Grey se trots gebrei.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal en wyle Labuschagn&eacute; se Grey was tussen 1985 tot in 1991 vir &rsquo;n ongelooflike 87 agtereenvolgende wedstryde onoorwonne. Dit is die SA Skole-rekord.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Rosestad het wel in di&eacute; tydperk twee keer teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (9-elk, 1988) en Grey PE (6-elk, 1990) gelykop gespeel.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy laaste nederlaag in 1985 was teen Maritzburg College (4-10). Die span van Pietermaritzburg het die toekomstige W&ecirc;reldbeker-held Joel Stransky op losskakel in sy geledere gehad. Grey het se segetog is in 1991 deur Monument van Krugersdorp (14-16) tot &#8216;n einde gebring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal en Swanepoel het gehelp dat Grey tussen 2000 en 2004 vir 79 agtereenvolgende wedstryde onoorwonne was. Die span het slegs in 2001 teen die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool van Pretoria (12-elk) gelykop gespeel. Die segetog het in 2004 teen Grey PE (14-17) op &rsquo;n einde gekom.&nbsp;<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-7259\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/NewsG_FrancoisVenter.jpg\" alt=\"NewsG FrancoisVenter\" width=\"299\" height=\"448\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" \/><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die tydperk het Grey ook die eerste Suid-Afrikaanse kampioen van die Sanix-toernooi (2001) in Japan geword toe hy St. Peter-kollege met 41-3 in die eindstryd afgeransel het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey was tussen 2007 en 2009 ook in 45 wedstryde op &rsquo;n streep aan die wenkant. Van der Wal was wel net in 2008 as breier by di&eacute; groep betrokke, maar hy was in 2007 en 2009 steeds as spanbestuurder na aan die onderskeie spanne. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Destyds toe oom Jos my gevra het om saam met hom die eerstespan af te rig was dit nogal oorweldigend. Stonie Steenkamp het die Maandag na my toe gekom om my geluk te wens. Sy woorde aan my was &ndash; &ldquo;Belowe my net een ding, jy sal nooit die sprankel uit Grey se rugby wegneem nie&rdquo; &ndash; Ek het dit nooit vergeet nie en het altyd probeer dat Grey totale rugby speel waar almal die bal kan hanteer.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het sy loopbaan as onderwyser in 1976 by St. Andrew in Bloemfontein begin. Na vyf jaar by Saints het hy vanaf die tweede kwartaal van 1981 by Grey skoolgehou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het as administrateur van 1985 tot 2001 op die Vrystaatse Ho&euml;rskole-rugbyvereniging (VHSRV) se bestuur asook as &rsquo;n keurder gedien. Hy was die VHSRV se voorsitter en het ook as ondervoorsitter op die Vrystaatse afrigters-vereniging die spel gedien. Hy het ook die Vrystaatse Cravenweek-span vir tien jaar (1986-1995) gebrei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was vir vyf jaar op die SA Skole se keurkomitee en was ook die nasionale skolespan se spanbestuurder in 2002. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het na hy in 2012 van die titel as direkteur van rugby afstand gedoen het nog sy kant gebring. Hy het verlede jaar saam met Machts Grey se sewende span (die Crocs) en agtste span (die Camels) afgerig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van der Wal het self vir Ho&euml;rskool Griekwastad se eerstespan in 1958 tot 1969 uitgedraf. Hy was saam die Springbok-broers Joggie en Eben Jansen hier op skool. Hy het ook saam Joggie Jansen die middelveld in sy eerste wedstryd vir Shimlas beman.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grootste rugbyfabriek in Suid-Afrika, Grey-kollege van Bloemfontein, het oor die jare legendariese afrigters soos Tom Mix van Aarde, &ldquo;Bloukoos Loubser, Jaap Rousseau, Stonie Steenkamp en Jos Labuschagn&eacute; as stuur van sy eerstespan gehad. Van Aarde is voorheen al na die Oubaas Markotter van Grey verwys. Dan is Dries van der Wal sonder twyfel Grey [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7258,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7260","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7260","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7260"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7260\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7258"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7260"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7260"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7260"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}