{"id":72780,"date":"2025-05-19T17:11:55","date_gmt":"2025-05-19T15:11:55","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=72780"},"modified":"2025-05-19T17:11:55","modified_gmt":"2025-05-19T15:11:55","slug":"spelerprofiel-luan-van-den-berg-hoerskool-garsfontein","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=72780","title":{"rendered":"Spelerprofiel &#8211; Luan van den Berg (Ho\u00ebrskool Garsfontein)"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_72819\" aria-describedby=\"caption-attachment-72819\" style=\"width: 333px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-72819 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Luan-van-den-Berg-333x500.jpg\" alt=\"\" width=\"333\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-72819\" class=\"wp-caption-text\">LUAN &#8220;PROPPIE&#8221; VAN DEN BERG, vaskopstut van Ho\u00ebrskool Garsfontein se Bere, op die aanval teen Paul Roos Gimnasium by die jaarlikse oord\/Suid Toernooi. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die naam &#8220;<strong>Proppie<\/strong>&#8220;, oftewel &#8220;Prop&#8221; van den Berg, het oor die afgelope twee jaar taamlik opslae gemaak in SA Skolerugbykringe.<\/p>\n<p>Lees meer oor Proppie se opkomende vertonings op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Dit is natuurlik die bynaam van <strong>Luan van den Berg<\/strong>, vaskoptut van <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> se eerste rugbyspan, beter bekend as die Garsie Bere.<\/p>\n<p>Dit is egter ni\u00e9 die naam as sulks wat vir Proppie so alombekend gemaak het nie, maar eerder sy uitstaande skrumwerk en, meer onlangs, die vaardighede wat hy by sy reeds indrukwekkende spelpeil gevoeg het.<\/p>\n<p>Van den Berg was reeds in 2024 &#8216;n prominente figuur vir die Bere.<\/p>\n<p>Sy vertoning in die eindstryd van verlede jaar se Beker-afdeling in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> het hom onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Skolespan se skrumdokter, <strong>Cobus van Dyk<\/strong>, ook Ho\u00ebrskool Waterkloof, oor wie die Garsies hier koning gekraai het, se hoofafrigter, gebring. Dit is dus geen verrassing dat Van den Berg di\u00e9 wedstryd beskou as sy gunsteling herrinnering as &#8216;n Beer nie.<\/p>\n<p>Vanjaar was daar nog min, indien enige, vaskoppe wat tot dusver &#8216;n sterker aanspraak kon maak op die nr. 3-trui in die SA Skolespan.<\/p>\n<p>Die jong stut se rugbyloopbaan het in die nederige provinsie van Limpopo afgeskop. Gebore in Polokwane, die hoofstad van Limpopo, het hy reeds vroeg sy stempel afgedruk by <strong>Laerskool Pietersburg-Oos<\/strong>, beter bekend as Oosskool, een van die provinsie se suksesvolste rugby-laerskole.<\/p>\n<p>Dit was ook by Oosskool waar die Bok-fabriek van Bloemfontein, <strong>Grey Kollege<\/strong>, vir Van den Berg raakgesien het. Hy het uiteindelik in sy Graad 7 jaar die geleentheid kry om na Bloemfontein te skuif, waar hy vir die Vrystaat se o.13-span uitgedraf het.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar jaar later, met die nodige skaafwerk agter die rug, haal Van den Berg, as net &#8216;n 15-jarige, die Vrystaat se <strong>Grant Khomo<\/strong>-span . Dit was die eerste van twee jaar dat hy op daardie vlak vir die Vrystaat diens gedoen het.<\/p>\n<p>Sedertien het hy teruggeskuif na die noorde, waar hy in sy Graad 11 jaar reeds vir die <strong>Blou Bulle<\/strong> se Cravenweekspan uitgedraf het in 2024. Met sy kragtige spelpeil by di\u00e9 toernooi het hy ook vir homself &#8216;n plek in SARU se o.17 ho\u00ebprestasie-groep losgeslaan.<\/p>\n<p>&#8220;My grootste rolmodelle is Suid-Afrika se W\u00eareldbeker-wenner, <strong>Ox Nch\u00e9<\/strong>, <strong>Wilco Louw<\/strong> en <strong>Kevin Buys<\/strong>,&#8221; s\u00ea Van den Berg van sy helde, wat almal bekend is vir hul uitmuntende skrumwerk. Buys het ook &#8216;n beduidende rol in die ontwikkeling van Van den Berg se tegniek en vaardighede gespeel as die Bere se skrumdokter.<\/p>\n<p>Van den Berg meen hy is ook heelwat dank verskuldig aan Garsies se bekende <strong>Gustav Theunissen<\/strong>, of &#8220;Oom Gustav&#8221; soos hy hom noem, en <strong>Sylvester Booysen<\/strong>, mede-hoofafrigter van die Bere.<\/p>\n<p>Met reeds s\u00f3 baie in s\u00f3 &#8216;n kort tydjie op sy kerfstok, asook die groot vooruitsigte vir die res van die jaar, kan di\u00e9 jong, passievolle vaskop beslis eendag sy drome, om die Groen-en-goud oor die kop te trek, verwesenlik.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die naam &#8220;Proppie&#8220;, oftewel &#8220;Prop&#8221; van den Berg, het oor die afgelope twee jaar taamlik opslae gemaak in SA Skolerugbykringe. Lees meer oor Proppie se opkomende vertonings op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Dit is natuurlik die bynaam van Luan van den Berg, vaskoptut van Ho\u00ebrskool Garsfontein se eerste rugbyspan, beter bekend as die Garsie Bere. Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":72819,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-72780","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72780","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=72780"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72780\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/72819"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=72780"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=72780"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=72780"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}