{"id":72872,"date":"2025-05-23T09:12:13","date_gmt":"2025-05-23T07:12:13","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=72872"},"modified":"2025-05-23T09:12:13","modified_gmt":"2025-05-23T07:12:13","slug":"nories-se-beste-kans-om-wit-bulle-te-troef-in-24-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=72872","title":{"rendered":"Nories se beste kans om Wit Bulle te troef in 24 jaar"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-73038\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Noordheuwel-vs-Outeniqua-Frans-Lombard-400x387.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"387\" \/>Wanneer die Krugersdorp-derby Saterdagmiddag op \u201cDie Heuwel\u201d afskop, sal die gasheerspan, <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong>, streef na slegs &#8216;n derde oorwinning ooit oor die naburige <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong>.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a> of op DStv kanaal 216.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Sedert die ontstaan van di\u00e9 derby, in 1986, kon die Nories nog n\u00e9t twee keer, in die heel eerste kragmeting en weer in 2001, met 20-18, die knoop deurhak.<\/p>\n<p>Intussen het die Wit Bulle in 16 van die 18 ontmoetings koning gekraai. Die grootste punteverskil was in 1996 toe hulle vir die Blues met 74-3 pak gegee het.<\/p>\n<p>Die tweestryd het sedert 2022 \u2018n jaarlikse instelling geword, danksy die destydse Noordvaal-trofee (deesdae die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong>) en \u2018n paar rillers opgelewer.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle was nietemin steeds baas van die Krugersdorp-plaas in \u00e1l drie die onlangse kragmetings. Die vorige keer, tydens die rondomtalie-fase van verlede jaar se Beker-afdeling het die Monumentare naelskraaps met 36-33 die pyp gerook op hul tuisveld, die Ras van Rooyen.<\/p>\n<p>Vanjaar is die algemene gevoel in Krugersdorp dat die Blues di\u00e9 derby straks as gunstelinge betree, maar, gegewe die onvoorspelbaarheid van skolerugby, kan &#8216;n mens nooit t\u00e9 vroeg daadwerklike aannames maak nie. Die Nories het op stuk van sake die afgelope paar weke klippe gekou, met &#8216;n onlangse nederlaag teen <strong>King Edward VII School<\/strong> (22-23), wat \u2018n bitter pil was om te sluk.<\/p>\n<p>Die beseringspook het intussen by albei skole kom aanklop. Die Wit Bulle se staatmaker-losskakel, Jaydon Viljoen, is steeds op die krukkelys met \u2018n gebreekde arm. <strong>Cameron Kourie<\/strong>\u00a0het egter Viljoen se skoene netjies volgestaan as generaal van die span.<\/p>\n<p>Kourie se lakmoestoets wag egter Saterdag in die vorm van Noordheuwel se <strong>Jeandr\u00e9 Uithaler<\/strong>. Uithaler is onlangs welverdiend as die <strong>Goue Leeus<\/strong> se Cravenweek-losskakel aangewys, maar daar is twyfel oor sy beskikbaarheid na hy die Blues se nederlaag teen KES verlede naweek misgeloop het.<\/p>\n<p>Voorlangs word vuurwerke verwag tussen die onderskeie kapteins, met Nories se haker, <strong>Clinton Agu<\/strong>, tans die sterkste aanspraakmaker op die nr. 2-trui vir die SA Skolespan, wat sy stempel sal wil afdruk teen <strong>Vincent Roberts<\/strong> en die res van die Monnas-pak.<\/p>\n<p>Om verder tot die opwinding by te dra, is daar twee oud Monumentare, <strong>Stefan <\/strong><strong>Lourens<\/strong> en <strong>Reinhard Gerber<\/strong>, in die teenoorgestelde hoeke van die kryt.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> hervat sy veldtog na \u2018n welverdiende blaaskans, wanneer hy vir <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> tuis verwelkom.<\/p>\n<p>Die Rusties, met slegs een uitstappie in di\u00e9 kompetisie tot dusver vanjaar, sal graag sake wil regstel na hul nederlaag van 13-20 teen Ho\u00ebrskool Transvalia twee weke gelede. Die Rhinos lek self wonde nadat hulle met 13-22 die knie gebuig het teen \u2018n ooglopend &#8220;nuwe&#8221;\u00a0Helpmekaar Kollege.<\/p>\n<p>Die Rusties en Nellies is nietemin steeds altwee gedugte spanne, goed afgerig, en die stryd voorlangs behoort ver\u00e1l fel te wees.<\/p>\n<p>Nellies word versterk deur die terugkeer van kantman, <strong>Vian Louw<\/strong>, wat so gou as moontlik na sy harsingskudding die spelpeil wil herwin waarmee hy die tuisspan onder druk kan plaas.<\/p>\n<p>Wat die Rusties betref, vervang <strong>Ayden Willemse <\/strong>vir Lorenzo Snyers op heelagter, in \u2018n taktiese skuif wat Willemse in staat stel om sy aanspraak op die nr. 15-trui in die <strong>Luiperds<\/strong> se Cravenweekspan te versterk.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel t. Monument om 12:30 in Krugersdorp:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel (moontlik): <\/strong>15 Jade Rollison, 14 Aidan Bester, 13 Jayden Steyn, 12 Kieran Reid, 11 JP van der Merwe, 10 Juandr\u00e9 Uithaler, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n<p><strong>Monument (moontlik): <\/strong>15 Ewan van der Walt, 14 Jason Joubert, 13 Viandr\u00e9 van Loggerenberg, 12 Juandr\u00e9 Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Cameron Kourie, 9 Evan Berhardi, 8 Ryn van der Westhuizen, 7 Loghan Huges, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Juandr\u00e9 Marais, 2 Reghardt Ernst, 1 Danie Smith.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Ho\u00ebrskool Nelspruit om 13:30 in Rustenburg:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg:\u00a0<\/strong>15 Ayden Willemse, 14 Bradley Snyers, 13 Jon-R\u00e9 Jefthas, 12 Hendr\u00e9 Robinson, 11 Waide Davey, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Donovan Mosterdt, 7 Dirk Huisamen, 6 MJ Otto, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Jayden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Jan-Paul Nel.<\/p>\n<p><strong>Nelspruit (moontlik): <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Werno Heyns, 5 Andr\u00e9 Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D&#8217;Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer die Krugersdorp-derby Saterdagmiddag op \u201cDie Heuwel\u201d afskop, sal die gasheerspan, Ho\u00ebrskool Noordheuwel, streef na slegs &#8216;n derde oorwinning ooit oor die naburige Ho\u00ebrskool Monument. Volg al die aksie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) of op DStv kanaal 216.\u00a0 Sedert die ontstaan van di\u00e9 derby, in 1986, kon die Nories nog n\u00e9t twee keer, in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":73038,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-72872","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72872","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=72872"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/72872\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/73038"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=72872"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=72872"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=72872"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}