{"id":7303,"date":"2017-02-21T06:38:09","date_gmt":"2017-02-21T06:38:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/beeld-na-22-jaar-nie-meer-titelborg-van-oudste-skolekompetisie\/"},"modified":"2017-02-21T06:38:09","modified_gmt":"2017-02-21T06:38:09","slug":"beeld-na-22-jaar-nie-meer-titelborg-van-oudste-skolekompetisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7303","title":{"rendered":"Beeld na 22 jaar nie meer titelborg van oudste skolerugby-kompetisie"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7302\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/02\/Beeld.gif\" alt=\"Beeld\" width=\"259\" height=\"121\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Beeld sal nie meer die titelborg van die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika wees nie. &lsquo;n Vennootskap van 22 jaar met die Noordvaal Skolerugbyvereniging (NVSRV) het verlede jaar tot &lsquo;n einde geloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kompetisie het verlede jaar as die Virseker Beeldtrofee bekend gestaan. Virseker het sy verhouding met die NVSRV versterk en die kompetisie sal die Virseker Noordvaaltrofee of in kort as die Virsekerbeker bekend staan.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kompetisie beloof om vanjaar nuwe hoogte te bereik met Virseker wat saam met Kyknet &lsquo;n hele aantal wedstryde sal beeldsend. Dit sluit wedstryde van die kleiner skole in die kompetisie in.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Beeld het in 1995 die titelborgskap oorgeneem. Die eerste eindstryd onder die borgskap het 24-elk tussen die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool van Pretoria en HTS Middelburg ge&euml;indig. Die skeidsregter vir die wedstryd was Andr&eacute; Watson later die W&ecirc;reldbeker-eindstryde van 1999 en 2003 ook hanteer.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika het voorheen ook as die Transvaalbeker (1920-21), AG Robertsonbeker (1922-1933), Administrateursbeker (1934-1981) en die Direkteurstrofee (1982-1994) bekend gestaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Destyds in 1995 was daar slegs om die Beeldtrofee en Piet Krynauw-trofee (vir o.15-spanne) meegeding. Onder die vaandel van Beeld het die kompetisie uitgebrei tot vyf afdelings &ndash; Makro-, Groot-, Medium-, Middel- en Kleinskole.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Meer as 180 skole in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes neem aan vanjaar se reeks deel. Ongeveer 800 skolespanne neem vanjaar aan die kompetisie deel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is vyf afdelings in die Virsekerbeker. As &rsquo;n skool 175 seuns of minder het, sal hy in die kleinskole-afdeling speel. Skole met tussen 176 en 350 seuns sal as medium skole meeding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di&eacute; met seunsgetalle van tussen 351 en 599 sal hul slag in die afdeling vir groot skole wys, terwyl skole met 600 of meer seuns as makroskole geklassifiseer sal word. Daar is ook &rsquo;n middelskole-afdeling waarin skole speel wat meer seuns het as wat die re&euml;ls voorskryf vir klein skole, maar nie genoeg seuns het wat rugby speel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioene van die onderskeie afdelings is die Ho&euml;rskool Garsfontein (Makroskole), Helpmekaar-kollege (Grootskole), Vryburg (Mediumskole), Schweizer-Reneke (Middelskole) en Curro Heuwelkruin (Kleinskole).<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Beeld sal nie meer die titelborg van die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika wees nie. &lsquo;n Vennootskap van 22 jaar met die Noordvaal Skolerugbyvereniging (NVSRV) het verlede jaar tot &lsquo;n einde geloop. Die kompetisie het verlede jaar as die Virseker Beeldtrofee bekend gestaan. Virseker het sy verhouding met die NVSRV versterk en die kompetisie sal die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7302,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7303","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7303","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7303"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7303\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7302"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7303"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7303"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7303"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}