{"id":7346,"date":"2017-03-13T06:15:28","date_gmt":"2017-03-13T06:15:28","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pretorius-stapel-30-punte-teen-klofies-op\/"},"modified":"2017-03-13T06:15:28","modified_gmt":"2017-03-13T06:15:28","slug":"pretorius-stapel-30-punte-teen-klofies-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7346","title":{"rendered":"Pretorius stapel 30 punte teen Klofies op"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-7345\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/03\/NewsG_RikusPretorius.JPG\" alt=\"NewsG RikusPretorius\" width=\"384\" height=\"298\" \/>Indien Saterdag se wedstryd in Bloemfontein enige indikasie is, sal <strong>Grey-kollege<\/strong> se eerste rugbyspan nie maklik vanjaar geklop word nie. Grey het reeds in sy eerste wedstryd van die seisoen daarin geslaag om op alle silinders te vuur en <strong>Waterkloof<\/strong> van Pretoria met 67-12 afgestof.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se binnesenter, <strong>Rikus Pretorius<\/strong>, het 30 van sy span se punte via twee drie\u00eb, sewe doelskoppe en twee strafdoele aangeteken. Pretorius en sy sentermaat, <strong>Janco van Heyningen<\/strong>, het gewys hoekom hulle hoog aangeslaan word. Dit was egter die vertoning van die heelagter, <strong>David Kriel<\/strong>, wat die skare waarskynlik die meeste regop laat sit het. Kriel het self twee van sy skitterlopies afgerond.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die plaasvervanger-losskakel, <strong>Wycliff Vlitoor<\/strong>, het gewys dat hy vanjaar ook &#8216;n hele paar keer die nommer 10-trui oor die kop kan trek. Hy het Klofies met sy aanvallende spel deurentyd aan die raai gehou. Vir Klofies het sy vleuel <strong>PJ Krugell<\/strong> &#8216;n goeie wedstryd beleef. Hy beskik oor hope vaart en het &#8216;n hele paar belowende lopies ingekry. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Waterkloof se skrumskakel, <strong>Giovan Snyman<\/strong>, en slot <strong>Wian de Beer<\/strong> kan ook meer as tevrede met hul vertonings voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Kimberley op <strong>Diamantveld<\/strong> se jaarlikse sportdag wat in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat aangebied word het Diamonds se afrigter, Jaco Dames, deju vu beleef. Verlede jaar in Pretoria teen die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool se senter Louritz van der Schyff met &#8216;n blitzkrieg van vier drie\u00eb die span van Kimberley se drome be\u00ebindig. Affies het verlede jaar se wedstryd uiteindelik met 64-17 gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Affies<\/strong> was Saterdag in Kimberley met 45-10 baas en die keer was dit die senter <strong>Marnus Potgieter<\/strong> met &#8216;n driekuns aan drie\u00eb in die eerste helfte wat Diamonds laat steier het. Die besoekers het danksy Potgieter se driekuns &#8216;n stewige voorsprong van 26-7 teen rustyd opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld se senter <strong>De-an Ackerman<\/strong> het homself ook deeglik in die wedstryd laat geld. Hy het sy span se enigste drie gedruk en was rotsvas op die verdediging. Hy is slegs een keer geklop toe die vleuel <strong>Ruben Meiring<\/strong> aan sy buitekant verby hom is. Meiring, die seun van die veelsydige Springbok-agterspeler FA Meiring, is &#8216;n kranige atleet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gepraat van seuns van oud-Bokke Affies se loskopstut, <strong>Wiehan Bezuidenhout<\/strong>, is die seun van Christo Bezuidenhout.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies se losskakel, <strong>Charles Goedhals<\/strong>, was met sy skitterspel ook &#8216;n groot doring in Diamonds se vlees. Sy direkte teenstander, <strong>Charles Williams<\/strong>, kan ook tevrede met sy vertoning voel. Die besoekers se agtsteman, <strong>Phillip Potgieter<\/strong>, kan ook maar na sy vertoning vandag bre\u00ebbors rondloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld se heelagter, <strong>Ashwill Botha<\/strong>, is koelkas toe gestuur na hy die bal onderskep en regdeur gehardloop het. Indien Botha se drie toegelaat was sou die telling waarskynlik 14-elk op daardie stadium gewees het. \u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Helpmekaar-kollege<\/strong> het <strong>Eldoraigne<\/strong> in Pretoria met 36-17 verslaan. Helpies het tipies soos met &#8216;n eerste wedstryd van die seisoen gesukkel om aan die gang te kom. Hulle het wel teen rustyd reeds &#8216;n stewige voorsprong van 24-0 opgebou.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies se slot<strong> JC Kruger<\/strong> was sy span se beste speler op die dag. Eldoraigne het baie goed in die tweede helfte gespeel.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Menlopark<\/strong> se losskakel, <strong>Werner Nel,<\/strong> het in die doodsnikke van sy span se wedstryd teen <strong>Noord-Kaap<\/strong> van Kimberley &#8216;n strafdoel oorgesklits om aan sy span &#8216;n naelskraapse sege van 37-36 te beklink.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kearsney College<\/strong> het op sy tuisveld net buite Durban vir <strong>Welkom Gimnasium<\/strong> met 29-15 geklop. Met lemoentyd met die telling op 12-elk was daar nie veel tussen die twee spanne te kies nie. <strong>Voortrekker<\/strong> van Bethlehem het hulle seisoen met &#8216;n oorwinning van 22-12 oor <strong>Jim Fouche<\/strong> in die twee skole se jaarlikse interskole afgeskop.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grey-kollege 67 (34) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: David Kriel (2), Rikus Pretorius (2), Henk Cilliers, Arno Nieuwoudt, Janco van Heyningen, Marcel Theunissen, Christopher Schreuder. Doelskoppe: Pretorius (7), Schreuder. Strafdoele: Pretorius (2). <strong>Waterkloof 12 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Gideon Peters, PJ Krugell. Doelskop: Ulrich Maritz.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Helpmekaar 36 (24) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Tommy van Tonder, Dameon Venter, David Cary, Lihan du Toit, Frik van Deventer. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (3), Zack Boonzaaier. Strafdoel: Oosthuizen. <strong>Eldoraigne 17 (0) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Marvin Pietersen, Dylan Lawless, Charl Bester. Doelskop: Erik Calitz.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Affies 45 (26) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Marnus Potgieter (3), Phillip Potgieter (2), Jaco Labuschagne, Divhan du Preez. Doelskoppe: Charles Goedhals (3), Reghardt Roets (2). <strong>Diamantveld 10 (7) \u2013<\/strong> Drie: Dean Ackerman. Doelskop: Charles Williams. Strafdoel: Williams.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Menlopark 37 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Bernard van der Linde (2), Werner Nel, Marcelle Mombers, Dewald Pienaar. Doelskoppe: Werner Nel (3). Strafdoele: Nel (2). <strong>Noord-Kaap 36 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Edrich Brand (2), Conrad van Aswegen, Maurice America, Andries Jacobs. Doelskoppe: Cameron Hufke (2), DS van Niekerk. Strafdoel: Hufke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kearsney College 29 (12) \u2013<\/strong> Driee: Dylan Richardson, Ross Taylor, Torin Tedder, Daniel Cherry, Brendan Albertse. Doelskoppe: James Sutherland, Jacques Odendaal. <strong>Welkom Gimnasium 15 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Andrew Kota, Jason Wagman. Doelskop: Kota. Strafdoel: Kota.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Voortrekker (Bethlehem) 22 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Pieter van Zyl (2), Marius van der Schyff, Luan Kruger. Doelskop: Andr\u00e9 Kirchner. <strong>Jim Fouch\u00e9 12<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Marlow Landbou 26 (12) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: JJ Human, Shawn Snyman, Nevaldo Fleurs, Dirkie Ferreira. Doelskoppe: Claude Jacobs (3). <strong>Hudson Park 17 (0)<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Curro Roodeplaat 28 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Franco Willemse, Alexanderv Jenkinson. Ethan Baird, Marco Klopper. Doelskoppe: Jenkinson (4).<\/span> <strong>FH Odendaal 7<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien Saterdag se wedstryd in Bloemfontein enige indikasie is, sal Grey-kollege se eerste rugbyspan nie maklik vanjaar geklop word nie. Grey het reeds in sy eerste wedstryd van die seisoen daarin geslaag om op alle silinders te vuur en Waterkloof van Pretoria met 67-12 afgestof.\u00a0 Die span se binnesenter, Rikus Pretorius, het 30 van sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7345,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7346","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7346\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7345"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}