{"id":74040,"date":"2025-06-01T08:34:15","date_gmt":"2025-06-01T06:34:15","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74040"},"modified":"2025-06-01T08:34:15","modified_gmt":"2025-06-01T06:34:15","slug":"kruger-driekuns-maak-dit-3-uit-3-vir-valia","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74040","title":{"rendered":"Kruger-driekuns maak dit 3 uit 3 vir Valia"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_74059\" aria-describedby=\"caption-attachment-74059\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74059\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Transvalia-vs-Menlopark-400x355.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"355\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-74059\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Riaan de Bruyn.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> het sy stormloop in sy eerste seisoen as deel van die<strong> SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling voortgesit met &#8216;n derde agtereenvolgende sege.<\/p>\n<p>Herleef al die Beker aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> was die span van Vanderbijlpark se derde slagoffer in vanjaar se reeks nadat Valia hom, op sy tuisveld in Pretoria, met 47-27 boonop\u00a0 uit die pad gevee het.<\/p>\n<p>Saterdag se vertoning het vir breier, <strong>Lloyd Greeff<\/strong>, skoon sprakeloos gelaat.<\/p>\n<p>&#8220;Hoe sonder &#8216;n mens iemand onder so spesiale groep seuns uit,&#8221; het Greeff na afloop van sy span se spogsege in die Jakarandastad ges\u00ea.<\/p>\n<p>Valia se intensiteit en fisiekheid was van meet af aan in &#8216;n ander liga. Sy rotsvaste verdediging het die Parkies bykans geen deurkomkans gegee nie en die tuisspan deurentyd agter die voordeellyn vasgepen om die druk vierkant op hulle te hou.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Wihandr\u00e9 Kruger<\/strong>, was vir die tweede agtereenvolgende week &#8216;n reuse bedreiging agter Valia se haas onstuitbare dryfmaalbewegings, wat aan hom &#8216;n welverdiende driekuns aan drie\u00eb besorg het. Die Parkies het self hul dryfmale aan die gang gekry vir haker, <strong>Declan Pelser<\/strong>, om ook vir twee drie\u00eb oor te bars.<\/p>\n<p>Valia-losskakel, <strong>Jay-Dee Maree<\/strong> het &#8216;n meesterklas in taktiese skopwerk gelewer, terwyl sy korrelwerk pale toe ook uit die boonste rakke was. Maree het vyf doelskoppe, drie strafdoele en &#8216;n skepdoel deur die mikke gejaag vir &#8216;n persoonlike bydrae van 21 punte.<\/p>\n<p>Die stryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> het gesamentlik &#8216;n allemintige 100 punte opgelewer. Die Blues het uiteindelik met 55-45 die pyp gerook in &#8216;n kragmeting waar verdediging nie noodwendig hoogste prioriteit geniet het nie.<\/p>\n<p>Albei spanne het uitmuntende hardlooprugby opgedis, wat die Arende-afrigter, <strong>Rudi Dames<\/strong>, genoop het om die vertoning uit te sonder as een van die drie beste wedstryde waarby hy, sedert die begin van sy betrokkenheid by skolerugby, betrokke was.<\/p>\n<p>Die Blues se blits, <strong>Aidan Bester<\/strong>, het die doellyn oorgesteek vir &#8216;n driekuns, waarvan die derde die beslissende drie in Boksburg was. Op losskakel het <strong>Pablo Moeketsane <\/strong>die toutjies vernuftig getrek om Bester en die res van die agterlyn dikwels en dodelik op die voorvoet te plaas.<\/p>\n<p><strong>Jeandr\u00e9 Uithaler<\/strong> was oudergewoonte venynig op heelagter wanneer hy aansluiting by die lyn gevind het, terwyl sy skopskoen ewe giftig was. Uithaler was in die kol met ses doelskoppe en &#8216;n strafdoel.<\/p>\n<p>Vir die tuisspan het sy agterste driehoek, onder leiding van <strong>Deshean Pietersen<\/strong>, vir die soveelste keer uitgeblink, asook die skakelpaar van <strong>Jospeh Diesel<\/strong> en <strong>Dian Botha<\/strong>. Diesel is met &#8216;n vyfpunter beloon, terwyl Botha, nes Uithaler, suksesvol was met ses doelskoppe en &#8216;n strafdoel.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> moes hard werk om vir <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> op Bere Park met 32-20 te verslaan. Die Rhinos het die Bere se momentum dikwels ontwrig met hul effektiewe opskietverdediging en 70 minute se fisieke aanslag.<\/p>\n<p>Vir die verdedigende kampioen het agsteman, <strong>Stefan van der Vyver<\/strong>, twee keer oorgeduik het, terwyl die Garsies se agterlyn met rukke en stote soos die gevaar van ouds vertoon het. Die Nellies se slot, <strong>Andr\u00e9 Smit<\/strong>, het sy pond vleis tafel toe gebring en is besig om hom te vestig as &#8216;n prominente figuur in die Nelspruit-pak met sy ho\u00eb werkverrigting.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia 47 (23)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Wihandr\u00e9 Kruger (3), Johan Smit, Jonathan Roets. Doelskoppe: Jay-Dee Maree (5). Strafdoele: Maree (3). Skepskop: Maree. <strong>Menlopark 27 (10)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Declan Pelser (2), Andru Keun, Bladen Peterson, Lucian Reid. Doelskop: Keun.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel 55 (24) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Aidan Bester (3), Clinton Agu, Armand van Eck, Jeandr\u00e9 Uithaler, Kieran Reid, Skuttie Bezuidenhout. Doelskoppe: Uithaler (6). Strafdoel: Uithaler. <strong>EG Jansen 45 (28) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Deshean Pietersen, Otlatleng Zulu, Joseph Diesel, Craig Lightfoot, Marco Ventura. Doelskoppe: Dian Botha (6). Strafdoel: Botha.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein 32 (22)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Stefan van der Vyver (2), Justin Blom, Lourenz de Jager, Junaide Stuart, Junade Pasensie. Doelskop: Derrick Kuhn.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 20 (8)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Jean Erasmus, Andr\u00e9 Smit, Rian Botha. Doelskop: John Duncan. Strafdoel: Liam Pringle.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Menlopark 36, Transvalia 14; Noordheuwel 24, EG Jansen 12; Garsfontein 71, Nelspruit 10.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Menlopark 27, Transvalia 22; EG Jansen 38, Noordheuwel 21; Garsfontein 42, Nelspruit 12.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Menlopark 31, Transvalia 20; Noordheuwel 31, EG Jansen 7; Garsfontein 81, Nelspruit 14.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Transvalia het sy stormloop in sy eerste seisoen as deel van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling voortgesit met &#8216;n derde agtereenvolgende sege. Herleef al die Beker aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Ho\u00ebrskool Menlopark was die span van Vanderbijlpark se derde slagoffer in vanjaar se reeks nadat Valia hom, op sy tuisveld in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74059,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74040","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74040","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74040"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74040\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74059"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74040"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74040"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74040"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}