{"id":74042,"date":"2025-06-01T08:14:04","date_gmt":"2025-06-01T06:14:04","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74042"},"modified":"2025-06-01T08:14:04","modified_gmt":"2025-06-01T06:14:04","slug":"de-lange-dag-vir-monnas-op-die-ras","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74042","title":{"rendered":"De Lange dag vir Monnas op die Ras"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_74066\" aria-describedby=\"caption-attachment-74066\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74066\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/Helpmekaar-vs-Monumnet-400x304.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"304\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-74066\" class=\"wp-caption-text\">EUGENE DE LANGE, steelkanflank van Helpmekaar Kollege, op pad na die doellyn in sy span se sege oor Monument in Krugersdorp. FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> se <strong>Eugene de Lange<\/strong> het die wendrie gedruk vir die besoekers om <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> se doppie te klink met 53-43, Saterdagmiddag op Monnas se tuisveld, die Ras van Rooyen in Krugersdorp.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>De Lange se vyfpunter was nie slegs die kersie op die koek vir Helpies nie, maar ook &#8216;n gepaste beloning vir straks die uitstaande individuele vertoning van die dag.<\/p>\n<p>Nadat die tuisspan soos &#8216;n veldbrand weggespring het in die eerste 15 minute, het De Lange die momentum stelselmatig geswaai met sy vernietigende barslopies waarmee hy bykans elke keer deur die eerste linie van verdediging gebreek het.<\/p>\n<p>Daarmee het Helpies die druk toenemend toegepas, wat die grondslag gel\u00ea het vir vleuels, <strong>Xander van Niekerk<\/strong> en <strong>Francois Tonkin<\/strong>, om elk &#8216;n tweekuns aan drie\u00eb te behaal.<\/p>\n<p>Benewens De Lange, het die besoekers se voorry ook uitgeblink in die vas en vastelos, met vernaam vaskopstut, <strong>Dylan Engelbrecht<\/strong>, wat uitsonderlike vaardighede tentoongestel het. Agsteman, <strong>Llewelyn Vermaak<\/strong>, het gewoel in die los en was, nes De Lange, een van die Helpies se gevaarlikste wapens.<\/p>\n<p>Die Monumentare het egter nooit gaan l\u00ea nie, selfs toe hulle in trurat was kort voor rustyd. Dit was egter in die eerste 25 minute van die tweede helfte, dat hulle na hoogste versnelling oorgeskakel het. Met dr. <strong>Jannie du Plessis<\/strong> en, nou ook, oud-Leeu, <strong>Willie Britz<\/strong>, as deel van die afrigtingspan, het die tuisspan beslis &#8216;n mate van &#8220;Leeuemoed&#8221; uitgestal.<\/p>\n<p>Hulle het vir die Helpies by &#8216;n paar geleenthede in spasie gelooi met puik hardlooprugby, wat gelei het tot die eerste drie drie\u00eb in die tweede 35 minute. <strong>Loghan Langeveldt<\/strong>, wat vandeesweek op heelagter uitgedraf het, het vir die twee agtereenvolgende week deurgewals vir &#8216;n tweekuns.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Ruan Genis<\/strong>, was straks die Wit Bulle se beste speler, terwyl skrumskakel, <strong>Evan Bernhardi<\/strong>, ook goed vertoon. Voorlangs het oopkantflank, <strong>Caleb Sparks<\/strong>, die vonke laat spat, vernaam by die afbreekpunte.<\/p>\n<p>In Pretoria het 2024 se Beker-naaswenner, <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof,<\/strong> 26 punte in die laaste 14 minute aangeteken om sy stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> gemaklik met 40-15 te wen.<\/p>\n<p>Die Rusties het die lewe vir die Klofies moeilik gemaak in die eerste helfte. Nadat hulle met die omdraaislag met 14-3 voorgeloop, het die Klofies se lostrio na rustyd aan die werk gespring met opkantflank, <strong>Divan Botha<\/strong>, wat die eerste van twee Bothas was om agter die doellyn te gaan draai. Binnesenter, <strong>Dylan Botha<\/strong>, het kort daarna oorgebars vir die Klofies se laaste drie.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Ruan Jacobs<\/strong>, het tong uitgesteek vir die Blou Bulle se keurders deur twee keer te gaan druk, terwyl agsteman, <strong>Marko Kok<\/strong>, weer van voor gelei het met &#8216;n kragtige vertoning op die aanval.<\/p>\n<p>Die Rusties se <strong>Bradley Snyers<\/strong>, kleinneef van Lorenzo Snyers, het sy span se enigste twee drie\u00eb gedruk en gaan later vanjaar die Luiperds se Cravenweekspan, in Middelburg, verteenwoordig.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 53 (36) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Xander van Niekerk (2), Francois Tonkin (2), Ty Ax, Dylan Englebrecht, Jandr\u00e9 Botha, Eugene de Lange. Doelskoppe: Wian Storm (5). Skepdoel: Storm. <strong>Monument 43 (17)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Ruan Genis (2), Loghan Langeveldt (2), Vincent Roberts, Reghard Ernst, Jason Joubert. Doelskoppe: Cameron Kourie (2), Caylum Schooney (2).<\/p>\n<p><strong>Waterkloof 40 (14) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Ruan Jacobs (2), Jedri Swart, Divan Botha, Marko Kok, Dylan Botha. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (5). <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 15 (3)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Bradley Snyers (2). Doelskop: Ayden Willemse. Strafdoel: Willemse.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Monument 35, Helpmekaar 15; Waterkloof 27, Rustenburg 24.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Helpmekaar 29, Monument 5; Rustenburg 16, Waterkloof 10.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Monument 22, Helpmekaar 20; Waterkloof 41, Rustenburg 15.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helpmekaar Kollege se Eugene de Lange het die wendrie gedruk vir die besoekers om Ho\u00ebrskool Monument se doppie te klink met 53-43, Saterdagmiddag op Monnas se tuisveld, die Ras van Rooyen in Krugersdorp. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 De Lange se vyfpunter was nie slegs die kersie op die koek vir Helpies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74066,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74042","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74042","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74042"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74042\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74066"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74042"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74042"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74042"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}