{"id":74120,"date":"2025-06-01T15:10:04","date_gmt":"2025-06-01T13:10:04","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74120"},"modified":"2025-06-01T15:10:04","modified_gmt":"2025-06-01T13:10:04","slug":"isaacs-klits-kempies-met-22-punte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74120","title":{"rendered":"Isaacs klits Kempies met 22 punte"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_74136\" aria-describedby=\"caption-attachment-74136\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74136\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Klerksdorp-vs-Kempton-Park-400x353.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"353\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-74136\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Hannes Nienaber.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Sedert sy skuif van heelagter na losskakel het <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> se <strong>Dorian Isaacs<\/strong> in die afgelope paar wedstryde van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling eenvoudig van krag tot krag gegaan.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Isaacs het Saterdagmiddag in Kempton Park die Klerksdorpers tot &#8216;n derde agtereenvolgende oorwinning ge\u00efnspireer deur 22 van sy span se punte aan te teken in hul sege van 37-27 oor <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong>.<\/p>\n<p>Buiten sy instinktiewe voorgevoel op die aanval, waarskynlik danksy sy ervaring op heelagter, was Isaacs se skopvisier duidelik ingestel. Hy het \u00e1l vier sy span se drie\u00eb suksesvol verdoel en ook drie strafdoele deur die pale gejaag.<\/p>\n<p>Die Klerksdorpers se uitnemende skrumwerk het vir hulle die grondslag gel\u00ea om 24 punte in die tweede helfte op te stapel, met Cravenweek-senter, <strong>Winton Abrahams<\/strong>, en regtervleuel, <strong>Tyrand Masango<\/strong>, wat na hartelus kon aanval om die Kempies se verdediging onder groot druk te plaas.<\/p>\n<p>Hoewel aan die verloorkant, was die Kempies steeds indrukwekkend. <strong>Stian de Villiers<\/strong> het vir die soveelste keer vanjaar sy generaalskap tentoongestel op losskakel en, nes Isaacs, \u00e1l sy span se drie\u00eb verdoel en met twee strafdoele geslaag.<\/p>\n<p>Aan De Villiers se buitekant het binnesenter, <strong>Rocco Louw<\/strong>, &#8216;n barshou gespeel en &#8216;n groot aandeel gehad daarin dat die tuisspan met die omdraaislag met 20-13 kon voorloop. Dit was egter uiteindelik nie genoeg om die besoekers se aanslag in die tweede helfte af te weer nie.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> het sy 13de agtereenvolgende sege in 2025 behaal deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong>, in die Moot, met 36-15 te verslaan. Dit beteken dat die Vikings steeds vanjaar onoorwonne is.<\/p>\n<p>Dit het soos verwag &#8216;n fisieke stryd voorlangs afgegee, maar die Vikings het mettertyd die oorhand verkry danksy slot <strong>Logan Knot<\/strong>, en <strong>Mika Allers<\/strong>, wat sy kans in die beginspan laat tel het, se ho\u00eb werkverrigting.<\/p>\n<p>Die Oosies se ervare skrumskakel, <strong>David Joubert<\/strong>, was oudergewoonte &#8216;n uitblinker, het die Zwarries dikwels aan die raai gehou en goed versprei om sy span in die wedloop te probeer hou, maar die Vikings was n\u00e9t te goed.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> het Ho\u00ebrskool Wesvalia se onoorwonne segetog in vanjaar se Plaat-afdeling be\u00ebindig met &#8216;n oorwinning van twee punte in Klerksdorp. Die Wesssies het ten minste 13 punte op die veld gelos, maar dit neem niks weg van die Rooi Bulle se triomf nie.<\/p>\n<p>Hul verdediging was rotsvas en het vir die tuisspan heelwat hoofbrekens besorg, terwyl hulle ook deeglik munt geslaan het uit die opposisie se foute. Stut, <strong>Marinus Oberholzer<\/strong>, is met &#8216;n vyfpunter beloon n\u00e1 hy meedo\u00ebnloos duikslae ingesit het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> se vaskopstut, <strong>Dewald du Toit<\/strong>, het twee keer deur <strong>Marais Viljoen<\/strong> se verdediging gebreek in sy span se sege van 45-17 oor die besoekers van Alberton.<\/p>\n<p>Die Middies se skakelpaar was uitsonderlik, met <strong>Keabetswe Nkgadima<\/strong> se uitstekende diens wat die Cravenweek-losskakel, <strong>Matthew Abbey<\/strong>, in staat gestel het om die krane oop te draai. Hulle het elk een keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier, terwyl Abbey ook ses doelskoppe en &#8216;n strafdoel oorgeklits het vir &#8216;n persoonlike bydrae van 20 punte.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 37 (13)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Tiaan Koen, Dorian Isaacs, Winton Abrahams, Tyrand Masango. Doelskoppe: Isaacs (4). Strafdoele: Isaacs (3).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 27 (20)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Matthew Vermaak, Ruan Mostert, Rocco Louw. Doelskoppe: Stian de Villiers (3). Strafdoele: De Villiers (2).<\/p>\n<p><strong>Zwartkop 36\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Shayden Botha, Stiaan Botha, Ettiene van Niekerk, Mika Allers, Logan Knot. Doelskoppe: Tilon Baron (4). Strafdoel: Baron.\u00a0<strong>Oos-Moot 15\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Brian Jacobs, Royston Arendse. Doelskop: Jeandr\u00e9 Venter. Strafdoel: Venter.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 24 (7)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Marinus Oberholzer, Ethan Kock, Jacques Greyling. Doelskoppe: WJ Enslin (3). Strafdoel: Enslin.\u00a0<strong>Wesvalia 22 (10)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Franco Dumond, Wian du Preez, Stephan Pelzer. Doelskoppe: Du Preez, Eduard Dreyer. Strafdoel: Du Preez.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 45 (24)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Dewald du Toit (2), Matthey Abbey, Keabetswe Nkgadima, Lesego Kakale, Wian Olwagen. Doelskoppe: Abbey (6). Strafdoel: Abbey.\u00a0<strong>Marais Viljoen 17 (0)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Devin Raubenheimer, Jermaine Crause, Lloyd Shoko-Schenk. Doelskop: Raynhardt Kruger.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Kempton Park 18, Klerksdorp 6; Oos-Moot 24, Zwartkop 18; Wesvalia 20, HTS Middelburg 12; Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Marais Viljoen 14.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Kempton Park 22, Klerksdorp 13; Oos-Moot 15, Zwartkop 3; Wesvalia 19, HTS Middelburg 19; Ho\u00ebrskool Middelburg 39, Marais Viljoen 0.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Kempton Park 9, Klerksdorp 7; Zwartkop 24, Oos-Moot 19; Wesvalia 28, HTS Middelburg 7; Ho\u00ebrskool Middelburg 57, Marais Viljoen 16.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert sy skuif van heelagter na losskakel het Ho\u00ebrskool Klerksdorp se Dorian Isaacs in die afgelope paar wedstryde van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling eenvoudig van krag tot krag gegaan. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Isaacs het Saterdagmiddag in Kempton Park die Klerksdorpers tot &#8216;n derde agtereenvolgende oorwinning ge\u00efnspireer deur 22 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74136,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74120","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74120","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74120"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74120\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74136"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74120"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74120"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74120"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}