{"id":74153,"date":"2025-06-02T15:28:08","date_gmt":"2025-06-02T13:28:08","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74153"},"modified":"2025-06-02T15:28:08","modified_gmt":"2025-06-02T13:28:08","slug":"naelbytstryde-vier-hoogty-in-bowl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74153","title":{"rendered":"Naelbytstryde vier hoogty in Skild"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-74209\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Lichtenburg-vs-Montana-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>In &#8216;n stryd wat deurgaans gelyk het of dit met slegs &#8216;n paar punte beslis sou word, het <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> uiteindelik met 25-24 oor <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> triomfeer.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Met die omdraaislag was die Liggies reeds voor, maar die Volkies het aanhou blaas in hul nek in Saterdagmiddag se kragmeting in die<strong> SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling.<\/p>\n<p>Lichtenburg se haker, <strong>Juan van Rhyn<\/strong>, het gewys waarom hy die Luiperds later vanjaar by die Cravenweek in Middelburg gaan verteenwoordig. Van Rhyn het oudergewoonte stem dik gemaak met sy fisieke teenwoordigheid op sowel die aanval as verdediging en is kragtig bygestaan in die vastelos deur slot, <strong>George Bingudzu<\/strong>, wat saam met van Rhyn op Middelburg in aksie sal wees.<\/p>\n<p>Losskakel, <strong>Luan Snyman<\/strong>, se skopskoen was uiteindelik die verskil tussen die twee spanne. Hy het albei die Liggies se drie\u00eb verdoel en met twee strafdoele geslaag vir &#8216;n kritieke persoonlike bydrae van 10 punte.<\/p>\n<p>Die Volkies se <strong>Dean Last<\/strong> was self woelig op vaskopstut en regoor die veld te sien, waarvoor hy met een van sy span se drie drie\u00eb beloon is.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> het in nog &#8216;n naelbytstryd met twee punte oor <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> gese\u00ebvier. Die Pieties se staatmaker vanaf die skopkegel, heelagter <strong>Ryno Mienie<\/strong>, het weer &#8216;n sleutelrol vervul met drie strafdoele en twee doelskoppe om &#8216;n belangrike sege van 23-21 te help beklink.<\/p>\n<p>Vaskopstut, <strong>Stephan Janse van Rensburg<\/strong>, het die grondslag vir die Pieties voorlangs help l\u00ea, terwyl Cravenweek-flank, <strong>Sifiso Hlungwane<\/strong>, skouer aan die wiel gesit het vir Secunda, vernaam by die afbreekpunte.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> moes verbete terugveg om vir <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> van Springs uiteindelik met 33-27 te troef. Die Hugies was uitmuntend in die eerste helfte en het teen rustyd reeds 24 punte aangeteken. Hul groot slot, <strong>Tristan de Beer<\/strong>, het dikwels met bal op loop gesit en was, n\u00e1 &#8216;n verbroude lynstaan van die Monties, verantwoordelik vir die besoekers se eerste drie.<\/p>\n<p>Montana se heelagter, <strong>Marq de Villiers<\/strong>, het daarop egter geantwoord met twee drie\u00eb van sy eie, wat die deurbraak bewerkstellig het vir Monties om van agter te kom en &#8216;n naelskraapse oorwinning te behaal.<\/p>\n<p>In Piet Retief moes <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> \u00f3\u00f3k &#8216;n reuse terugvegpoging loods om vir <strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief<\/strong> onder te kry. Die Buffels het nie minder nie as 19 punte in die laaste 15 minute aangeteken om uiteindelik met 31-27 as oorwinnaars uit die stryd te tree. Slot, <strong>Chifu Banda<\/strong>, se skuif vanaf senter het duidelik &#8216;n verskil gemaak, soveel so dat hy twee keer agter die doellyn gaan draai het.<\/p>\n<p>Die tuisspan se skrumskakel, <strong>Kyle Stock<\/strong>, se uitsonderlike diens het die gevaarlike agterlyn van Piet Retief geleenthede gebied om dikwels aan te val en dit het aan <strong>Vuyani Tshabalala<\/strong> &#8216;n drie besorg waarmee hulle die voorsprong in die tweede skof na 27-12 laat rek het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 25 (15) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Juan van Rhyn, Xander Blom, Geogre Bingudzu. Doelskoppe: Luan Snyman (2). Strafdoele: Snyman (2).\u00a0<strong>Heidelberg Volkskool 24 (14) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Dean Last, Theuns van der Merwe, Henru Coetzer. Doelskoppe: Marco Botha (3). Strafdoel: Botha.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 23 (17) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Dewan Windell, Stefan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Ryno Mienie (2). Strafdoele: Mienie (3).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Secunda 21 (13)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Sifiso Hlungwane, Alonzo Blackenberg. Doelskop: Blackenberg. Strafdoele: Blackenberg (3).<\/p>\n<p><strong>Montana 33 (19)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Marq de Villiers (2), Aiden Vorster, Luan Barnard, Sam Schoeman. Doelskoppe: Rubel Bester (4).\u00a0<strong>Hugenote (Springs) 27 (24)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Tristan de Beer, Kyle de Klerk, Luan Pretorius. Doelksoppe: George Loucas (3). Strafdoele: Loucas (2).<\/p>\n<p><strong>Ben Vorster 31 (12)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Chifu Banda (2), Barend Harmse, Kobus de Beer, Miguel Makhupetsi. Doelskoppe: Shelton-Ray Primo.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief 27 (10)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Kyle Stock, Fiso Methula, Vuyani Tshabalala. Doelskoppe: Owethu Shabalala (3). Strafdoele: Shabalala.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Heidelberg Volkskool 47, Lichtenburg 7; Pietersburg 57, Secunda 7; Montana 27, Hugenote (Springs) 17; Piet Retief 35, Ben Vorster 15.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Lichtenburg 38, Heidelberg Volkskool 5; Pietersburg 32, Secunda 8; Hugenote (Springs) 14, Montana 12; Ben Vorster 15, Piet Retief 12.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Lichtenburg 19, Heidelberg Volkskool 12; Secunda 91, Pietersburg 12; Montana 57, Hugenote (Springs) 5; Ben Vorster 15, Piet Retief 11.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n stryd wat deurgaans gelyk het of dit met slegs &#8216;n paar punte beslis sou word, het Ho\u00ebrskool Lichtenburg uiteindelik met 25-24 oor Heidelberg Volkskool triomfeer. Herleef al die aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Met die omdraaislag was die Liggies reeds voor, maar die Volkies het aanhou blaas in hul nek in Saterdagmiddag se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74209,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74153","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74153","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74153"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74153\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74209"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74153"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74153"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74153"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}