{"id":74415,"date":"2025-06-05T17:37:12","date_gmt":"2025-06-05T15:37:12","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74415"},"modified":"2025-06-05T17:37:12","modified_gmt":"2025-06-05T15:37:12","slug":"wind-onder-arende-se-vlerke-beloof-n-rillerstryd-in-pretoria","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74415","title":{"rendered":"Wind onder Arende se vlerke beloof \u2019n rillerstryd in Pretoria"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_74435\" aria-describedby=\"caption-attachment-74435\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74435\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Noordheuwel-vs-EG-Jansen-400x268.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"268\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-74435\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Arende van <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> het Saterdag onafgehandelde besigheid in Pretoria wanneer hulle met <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong>\u00a0sake uitspook\u00a0in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Volg al die Beker-askie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Verlede jaar het die Jansies en Klofies mekaar twee keer die stryd aanges\u00ea, waarvan die Pretorianers die eerste wedstryd met 45-38 op die Arende se tuisveld beklink het. Die tweede kragmeting, ook in Boksburg, het met 32-32 gelykop ge\u00ebindig.<\/p>\n<p>Saterdag bied dus vir die Jansies &#8216;n gulde geleentheid om die bordjies te verhang. Albei spanne het tot dusver vanjaar gemengde welslae behaal.<\/p>\n<p>Waterkloof het mooi herstel nadat hy hom in die eerste wedstryd in vanjaar se Beker-wedloop teen <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> vasgeloop het. Klofies het die nederlaag van 19-53 teen die verdedigende kampioen opgevolg met twee agtereenvolgende seges oor Ho\u00ebrskool Menlopark (27-19) en Ho\u00ebrskool Rustenburg (40-15).<\/p>\n<p>Die Pretorianers se breier, <strong>Cobus van Dyk<\/strong>, verwag oudergewoonte &#8216;n ho\u00eb-intensiteit-aanslag van die Jansies. Derhalwe het Van Dyk &#8216;n aantal veranderinge aangebring aan die span wat vir die Rusties geklop het.<\/p>\n<p>Die hardwerkende flank, <strong>Dawid Prinsloo<\/strong> skuif na slot, om vir n\u00f3g &#8216;n werksesel, <strong>Hugo Derckesen<\/strong>, aan die kant van die skrum plek te maak. Agterlangs vervang <strong>Marcel Tsiakos<\/strong> vir Jacobus van den Berg op skrumskakel, terwyl <strong>Ross Adams<\/strong> die beseerde Gustav Mienie se plek op vleuel inneem. Adams staar &#8216;n taamlike toets in die gesig teen die Jansies se gevaarlike agterste driehoek.<\/p>\n<p>Hoewel aan die verloorkant, het die Jansies verlede naweek teen Ho\u00ebrskool Noordheuwel sy beste vertoning van die jaar gelewer. Die span van Boksburg het beslis sy aanvalsvernuf herwin.<\/p>\n<p><strong>Dian Botha<\/strong> se insluiting op losskakel het straks iets hiermee te doen. Botha was uitmuntend teen die Nories en kan met sy goeie visie en verspeiding die Jansies se gevaarlike <strong>Deshean Pietersen<\/strong> en kie op die voorvoet plaas om die Klofies te teister.<\/p>\n<p>In Mbombela sal twee ou bekendes mekaar weer langs die kantlyn raakloop wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> mekaar Saterdagmiddag op Rhino-park pak. Dit sal die eerste keer wees dat<strong> Ryno Luus <\/strong>as die Nellies se nuwe hoofafrigter met oud-kollega, <strong>Ian Joubert<\/strong>, die Blues se voorspelerafrigter, swaarde kruis.<\/p>\n<p>Luus en Joubert het vir twee jaar kragte saamgespan om die <strong>Goue Leeus<\/strong> tot agtereenvolgende titels by die Akademieweek te lei. Sedertien is Joubert as deel van die Leeus se <strong>Cravenweekspan<\/strong> opgeroep, terwyl Luus einde verlede jaar die leisels by die Nellies opgeneem het.<\/p>\n<p>Die Blues besef dat om die Rhinos tuis te probeer tem geen maklike taak is nie. Hulle het dus slegs een verandering aan die beginspan aangebring, met buitesenter, <strong>Tristan Helmund<\/strong>, wat homself op die krukkelys bevind\u00a0 en deur <strong>Brandon Pieters<\/strong> in die nr. 13-trui vervang word.<\/p>\n<p>Nellies se breinstrust is steeds besig om te koukus, maar hulle sal waarskynlik sonder uitblinker, Tinyiko Silubane, wat verlede week &#8216;n rooi kaart ontvang het, moet klaarkom.<\/p>\n<p><strong>Die spanne: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof t. EG Jansen om 12:35 in Pretoria: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof: <\/strong>15 Tiaan Posthumus, 14 Ross Adams, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Marcel Tsiakos, 8 Marko Kok, 7 Hugo Derckesen, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naude, 4 Dawid Prinsloo, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.<\/p>\n<p><strong>EG Jansen (moontlik): <\/strong>15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Dian Botha, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Jaco Engelbrecht, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit t. Noordheuwel om 12:20 in Mbombela: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Nelspruit (moontlik): <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Kamo Monkwe, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandr\u00e9 van Wyk, 5 Werno Heyns, 4 Andr\u00e9 Smit, 3 Gert Cloete, 2 D&#8217;Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel (moontlik): <\/strong>15 Jeandr\u00e9 Uithaler, 14 Jayden Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Ruan Nel, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Arende van Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen het Saterdag onafgehandelde besigheid in Pretoria wanneer hulle met Ho\u00ebrskool Waterkloof\u00a0sake uitspook\u00a0in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Volg al die Beker-askie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Verlede jaar het die Jansies en Klofies mekaar twee keer die stryd aanges\u00ea, waarvan die Pretorianers die eerste wedstryd met 45-38 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74435,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74415","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74415","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74415"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74415\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74435"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74415"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74415"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74415"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}