{"id":7446,"date":"2017-04-16T05:41:54","date_gmt":"2017-04-16T05:41:54","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/ben-vorster-klop-kingswood-monnas-gee-dale-groot-pak\/"},"modified":"2017-04-16T05:41:54","modified_gmt":"2017-04-16T05:41:54","slug":"ben-vorster-klop-kingswood-monnas-gee-dale-groot-pak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7446","title":{"rendered":"Ben Vorster klop Kingswood; Monnas gee Dale groot pak"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7445\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGPaulRoos.jpg\" width=\"336\" height=\"343\" alt=\"NewsGPaulRoos\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGPaulRoos.jpg 336w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGPaulRoos-294x300.jpg 294w\" sizes=\"auto, (max-width: 336px) 100vw, 336px\" \/>Die Wolramme van die Ho&euml;r Landbouskool Marlow in Cradock kon nie Donderdag daarin slaag om staande te bly teen die aanslag van die Blou Tornado van die Ho&euml;rskool Waterkloof op die eerste dag van King Edward VII se jaarlikse Paas-rugbytoernooi nie.<\/p>\n<p>Klofies het die wedstryd met 25-12 gewen. PJ Krugell het in di&eacute; wedstryd sy 12de drie van die seisoen vir Klofies behaal.<\/p>\n<p>Eldoraigne het sy moddergeveg teen Hudson Park met 10-5 gewen.<\/p>\n<p>Albei spanne het &rsquo;n drie gedruk met die skopskoen van die senter Riaan Burger wat die verskil tussen die twee spanne was.<\/p>\n<p>Die Ho&euml;rskool Ben Vorster van Tzaneen het vanjaar ook &rsquo;n gedugte span en het Kingswood College in Grahamstad met <br \/>25-10 geklop.<\/p>\n<p>Op St John&rsquo;s College se jaarlikse Paastoernooi het die Ho&euml;r Jongenskool Paarl Donderdag terug op die wenpad gekom deur &rsquo;n uitnodigingspan van Eye of the Tiger op &rsquo;n drafstrap met 57-0 te troef.<br \/>Boishaai het kort voor die toernooi teruggekeer van &rsquo;n toer van vier wedstryde deur Nieu-Seeland.<\/p>\n<p>Die span het in sy laaste toerwedstryd teen Christchurch Boys&rsquo; High met 36-38 vasgeval. Dit was die span van die Paarl se eerste nederlaag in 42 wedstryde.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool het op &rsquo;n papnat veld Hilton College met 17-6 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Dit het nooit gelyk asof Affies die wedstryd sou verloor nie, maar in die nat toestande het die span se hantering hom in die steek gelaat.<\/p>\n<p>Affies se flank Jaco Labuschagne het uitstekende spel vir sy span gelewer.<\/p>\n<p>Die Maroen Masjien van Paul Roos Gimnasium het die Nelspruit Rhinos met 44-6 gekarnuffel.<\/p>\n<p>Die span van die Eikestad het teen rustyd reeds &rsquo;n stewige voorsprong van 27-6 geniet.<\/p>\n<p>Paul Roos se flank Philip van Dyk het twee keer die doellyn oorgesteek, terwyl die voormalige Bok-senter Brendan Venter se seun met sy pa se naam ook &rsquo;n draai agter die doellyn gemaak het.<\/p>\n<p>Kearsney College se Paastoernooi vier vanjaar sy tiende bestaansjaar.<br \/>Die HTS Middelburg se Rooi Bulle het in die hoofwedstryd van die eerste dag &rsquo;n gedugte span van die Ho&euml;rskool Noord-Kaap met 21-19 geklop.<\/p>\n<p>Monument van Krugersdorp, HTS Drostdy van Worcester en Selborne College van Oos-Londen was die spanne wat die meeste op die eerste dag van die toernooi be&iuml;ndruk het.<\/p>\n<p>Monnas het Dale College oortuigend met 33-16 verslaan.<\/p>\n<p>Die span van Krugersdorp se agttal met sy losvoorspeler PJ Jacobs aan die spits het die grondslag vir die sege gel&ecirc;.<\/p>\n<p>Die Donkies van Drostdy het die gasheer, Kearsney, met 45-17 getroef, terwyl Selborne vir EG Jansen van Boksburg met 46-19 afgestof het.<\/p>\n<p>South African College Schools (SACS) was die span wat die meeste met hul spel in die koue en die re&euml;n op die eerste dag van die St. Stithians-Paastoernooi be&iuml;ndruk het.<br \/>SACS het op &rsquo;n sopnat veld vir Michaelhouse met 28-0 die loef afgesteek.<\/p>\n<p>Die gasheer het sy toernooi ook met &rsquo;n sege afgeskop deur Graeme College in die doodsnikke met 19-17 te troef.<\/p>\n<p>Saints se vleuel Shane Lindsay het met slegs sekondes oor op die skeidsregter se stophorlosie vir die wendrie oorgeduik.<\/p>\n<p>St. Alban&rsquo;s College het ook in die doodsnikke &rsquo;n sege van 24-22 oor Durban High School behaal. Die span van Pretoria word deur die voormalige Zimbabwiese en Cheetah-losskakel Kennedy Tsimba gebrei.<\/p>\n<p>Durban High School se twee breiers, Scott Mathie en Ronnie Uys, het self provinsiale rugby op hul dag gespeel.<\/p>\n<p>In die hoofwedstryd het Grey High van Port Elizabeth vir Westville Boys&rsquo; High met 27-8 die loef afgesteek.<\/p>\n<p><strong>Al Donderdag se Paastoernooie se uitslae:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>St John&rsquo;s College:<\/strong> Paul Roos Gimnasium 44, Ho&euml;rskool Nelspruit 6; Affies 17, Hilton College 6; Ho&euml;r Jongenskool Paarl 57, Eye of Tiger 0; St John&rsquo;s College 20, Florida 13; Helpmekaar 65, St John&rsquo;s College (Harare) 7; Parktown Boys&rsquo; High 26, NSW Combined School 19.<\/p>\n<p><strong>Kearsney College:<\/strong> HTS Middelburg 21, Noord-Kaap 19; Glenwood 21, Framesby 10; Monument 33, Dale College 16; Pretoria Boys&rsquo; High 22, Queen&rsquo;s College 15; Selborne College 46, EG Jansen 19; HTS Drostdy 45, Kearsney College 17.<\/p>\n<p><strong>St Stithians:<\/strong> Grey PE 27, Westville Boys&rsquo; High 8; SACS 28, Michaelhouse 0; St Stithians College 19, Graeme College 17; St Alban&rsquo;s College 24, Durban High School 22; St Andrew&rsquo;s College 39, St David&rsquo;s Marist 10; Maritzburg College 36, St Benedict&rsquo;s College 6.<\/p>\n<p><strong>King Edward VII:<\/strong> Rondebosch Boys&rsquo; High 26, Jeppe High School for Boys&rsquo; 0; King Edward VII 42, Wynberg Boys&rsquo; High 17; Waterkloof 25, Marlow Landbou 12; Eldoraigne 10, Hudson Park 5; Ben Vorster 25, Kingswood College 10; Noordheuwel 19, Northwood 13.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Wolramme van die Ho&euml;r Landbouskool Marlow in Cradock kon nie Donderdag daarin slaag om staande te bly teen die aanslag van die Blou Tornado van die Ho&euml;rskool Waterkloof op die eerste dag van King Edward VII se jaarlikse Paas-rugbytoernooi nie. Klofies het die wedstryd met 25-12 gewen. PJ Krugell het in di&eacute; wedstryd sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7445,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7446","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7446","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7446"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7446\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7445"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7446"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7446"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7446"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}