{"id":7448,"date":"2017-04-16T05:47:38","date_gmt":"2017-04-16T05:47:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/paul-roos-net-net-baas-oor-helpies-affies-spring-nederlaag-teen-florida-vry\/"},"modified":"2017-04-16T05:47:38","modified_gmt":"2017-04-16T05:47:38","slug":"paul-roos-net-net-baas-oor-helpies-affies-spring-nederlaag-teen-florida-vry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7448","title":{"rendered":"Paul Roos net-net baas oor Helpies; Affies spring nederlaag teen Florida vry"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7447\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGFlorida.jpg\" alt=\"NewsGFlorida\" width=\"351\" height=\"192\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGFlorida.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/NewsGFlorida-300x164.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 351px) 100vw, 351px\" \/>Dit was so hittete of Helpmekaar Kollege van Johannesburg se eerste rugbyspan het &rsquo;n reuse-oorwinning op die rugbyveld tydens St. John&rsquo;s College se Paastoernooi in die Goudstad behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy teenstander Paul Roos Gimnasium, een van die voorste rugbyfabrieke in Suid-Afrika, het egter ander planne gehad en die stryd naelbyt met 25-22 gewen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit het gelyk of dit neusie verby was vir die besoekers van die Eikestad toe Helpies se kaptein en flank, Mark Snyman, in die tweede helfte vir sy tweede drie oorgeduik het. Helpies het met di&eacute; drie sy voorsprong tot 22-6 gerek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het egter terugbaklei en vinnig punte aangeteken met drie&euml; deur Breyton Maritz (slot) en JJ Kotz&eacute; (haker).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wendrie is in die 65ste minuut behaal toe Paul Roos se linkervleuel, Remy Engelbrecht, gaan druk het. Die drie het Paul Roos vir die eerste keer in die ganse wedstryd laat voorloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool waagmoedig sy hele plaasvervangersbank teen Florida speelkans gegee het, sal die span sy sokkies moet optrek indien hy enigsins Maandag teen die Ho&euml;r Jongenskool Paarl &rsquo;n impak wil maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies se heelagter, Heinrich Bisschoff, het in die doodsnikke van die wedstryd in die regterhandse hoek oorgegly om aan sy span &rsquo;n oorwinning van 28-24 oor Florida te besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida se vleuel Maxwill van Louw het met ongeveer agt minute se spel oor met &rsquo;n onderskepdrie en &rsquo;n solo-lopie van amper 80 meter aan sy span &rsquo;n voorsprong van 24-18 besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies se agtsteman, Philip Potgieter, het met ses minute oor deurgebars om Florida se voorsprong tot 24-23 te verminder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida kon Affies nog net een keer in die geskiedenis &ndash; in 1977 &ndash; klop. Potgieter en die vleuel \u0001Ruan Wasserman kan tevrede met hul vertonings voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho&euml;r Jongenskool Paarl het duidelik probeer om sover moontlik sy strukture in sy weghol-oorwinning van 65-0 oor die Australiese toerspan, die Nieu-Suid-Wallis Gekombineerde-skole, te behou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai het teen rustyd reeds &rsquo;n gemaklike voorsprong van 32-0 opgebou met sy heelagter, Abner van Reenen, wat &rsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal het.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Van Reenen het verlede jaar nog vir Garsfontein gehelp om die Virseker Beeldtrofee te verower.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho&euml;rskool Nelspruit se Rhinos het Eye of the Tiger met 46-0 opgedreun, terwyl Hilton College die gasheer, St. John&rsquo;s College, met 28-19 verslaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Monument se Wit Bulle het &rsquo;n duidelike waarskuwing aan die ander spanne in die Tuks-reeks gestuur deur HTS Middelburg se Rooi Bulle met 40-8 op die tweede dag van die Kearsney College-Paastoernooi net buite Durban af te ransel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College het sy onoorwonne status sover vanjaar behou deur Pretoria Boys&rsquo; High met 60-5 kaf te draf. Glenwood het EG Jansen met 24-19 geklop, terwyl Kearsney College gemaklik met Framesby (23-0) klaargespeel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Waterkloof het benoude oomblikke in die tweede helfte teen Ben Vorster van Tzaneen in hul kragmeting op King Edward VII se Paastoernooi beleef. Klofies het teen rustyd &rsquo;n gerieflike voorsprong van 31-7 opgebou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vossies het egter in die eerste helfte ten minste twee gulde geleenthede om te gaan druk verbrou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se vleuel Shima Molepo, heelagter Jason Mulder en die haker en kaptein, Bernard Vermaak, het sleutelrolle in die terugvegpoging gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Klofies was sy kaptein en haker, Ruben Veldsman, die agtsteman, Ewan Visser, en die regtervleuel, Sean du Plooy, uitstaande.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne se Groen Drake sal die derde dag van die toernooi ook onoorwonne betree nadat hulle gister vir Jeppe met 38-16 die loef afgesteek het. Eldoraigne sal m&ocirc;re voor sy grootste toets teen Marlow Landbou van Cradock te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Saterdag se hoofwedstryd het die gasheer, King Edward VII, vir Rondebosch Boys&rsquo; High met 25-17 geklop. KES het &rsquo;n voorsprong van 20-3 opgebou, maar n&aacute; sy flank Ziyanda Msipha en kaptein en agtsteman, Travis Gordon, tyd in die koelkas moes deurbring, het die span van Kaapstad geleentheid gekry om sy agterstand te verklein.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Saterdag se Paastoernooi uitslae:<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>St John&rsquo;s College:<\/strong> Paul Roos Gimnasium 25, Helpmekaar 22; Ho&euml;r Jongenskool Paarl 65, NSW Combined Schools 0; Hilton College 28, St John&rsquo;s College 19; Affies 28, Florida 24; Parktown Boys&rsquo; High 36, St John&rsquo;s College (Harare) 0; Ho&euml;rskool Nelspruit 43, Eye of Tiger 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kearsney College:<\/strong> Monument 40, HTS Middelburg 8; HTS Drostdy 26, Dale College 25; Glenwood 24, EG Jansen 19; Kearsney College 23, Framesby 0; Selborne College 60, Pretoria Boys&rsquo; High 5; Noord-Kaap 31, Queen&rsquo;s College 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>King Edward VII:<\/strong> King Edward VII 25, Rondebosch Boys&rsquo; High 17; Eldoraigne 38, Jeppe High School for Boys 16; Waterkloof 38, Ben Vorster 24; Noordheuwel 35, Kingswood College 22; Hudson Park 51, Northwood 7; Wynberg Boys&rsquo; High 32, Marlow Landbou 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>St Stithians College:<\/strong> Michaelhouse 18, St Stithians College 12; Grey PE 27, Maritzburg College 19; SACS 20, Durban High School 16; St Andrew&rsquo;s College 43, St Benedict&rsquo;s College 17; Graeme College 24, St David&rsquo;s Marist 3; Westville Boys&rsquo; High 17, St Alban&rsquo;s College 11.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was so hittete of Helpmekaar Kollege van Johannesburg se eerste rugbyspan het &rsquo;n reuse-oorwinning op die rugbyveld tydens St. John&rsquo;s College se Paastoernooi in die Goudstad behaal. Sy teenstander Paul Roos Gimnasium, een van die voorste rugbyfabrieke in Suid-Afrika, het egter ander planne gehad en die stryd naelbyt met 25-22 gewen. Dit het gelyk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7447,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7448","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7448","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7448"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7448\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7447"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7448"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7448"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7448"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}