{"id":74688,"date":"2025-06-09T11:00:40","date_gmt":"2025-06-09T09:00:40","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74688"},"modified":"2025-06-09T11:00:40","modified_gmt":"2025-06-09T09:00:40","slug":"zwarries-sit-merkwaardige-segetog-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74688","title":{"rendered":"Zwarries sit merkwaardige segetog voort"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_74724\" aria-describedby=\"caption-attachment-74724\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-74724\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Zwartkop-vs-Wesvalia-400x380.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"380\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-74724\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> is na 14 wedstryde vanjaar steeds onoorwonne, maar die Vikings moes Saterdag tuis, in Centurion, met &#8216;n grootse terugvegpoging in die tweede helfte vorendag kom, om dit te vermag.<\/p>\n<p>Herleef al die Plaat-aksie op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Zwarries het teen rustyd &#8216;n agterstand van 3-13 in die gesig gestaar, maar 25 punte in die tweede was genoeg om vir <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong>, tans tweede op die puntelys van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling, met 28-21 te troef.<\/p>\n<p>Die Wessies was egter uiters klinies in die eerste helfte, met vernaam agsteman, <strong>Franco Dumond<\/strong>, wat uitgeblink het vir die besoekers met sy ho\u00eb werkverrigting. Ongedwonge foute na die omdraaislag het die Wessies egter duur te staan gekom.<\/p>\n<p>Met slegs drie punte op die bord, te danke aan &#8216;n strafdoel deur losskakel, <strong>Tilon Baron<\/strong>, het die Zwarries in daardie stadium ook na &#8216;n volgende rat oorgeskakel om drie keer te gaan druk.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Justin Julies<\/strong>, was soos verwag die groot gevaarman, terwyl slot, <strong>Logan Knott<\/strong>, vir die derde agtereenvolgende naweek, ook oorgebars het vir &#8216;n belangrike vyfpunter en binnesenter, <strong>David van Jaarsveld<\/strong>, die derde drie gedruk het. Baron het met n\u00f3g twee strafdoele en twee doelskoppe geslaag, vir &#8216;n deurslaggewende bydrae van 10 punte.<\/p>\n<p>In Middelburg het <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> die sluise oopgemaak om vir <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> met 62-26 uit die pad te vee. Die besoekers is vroeg reeds &#8216;n reuse knou toegedien toe agsteman en kaptein, <strong>Tiaan Koen<\/strong>, die veld weens &#8216;n besering moes verlaat, en die Rooi Bulle het dit bykans onmiddelik uitgebuit.<\/p>\n<p>Die tuisspan se senterpaar was vernietigend, met binnesenter, <strong>Nathan Janses van Vuuren<\/strong>, wat die voortou geneem het met &#8216;n merkwaardige driekuns aan drie\u00eb, terwyl die man aan sy buitekant, <strong>Jacques Greyling<\/strong>, twee keer deur die Klerksdorpers se verdediging gesny het vir drie\u00eb.<\/p>\n<p>Voorlangs het vaskoptstut, <strong>Marinus Oberholzer<\/strong>, en slot, <strong>Janco Aucamp<\/strong>, die pap dik aangemaak en albei is met &#8216;n kuier agter die besoekers se doellyn beloon.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie<\/strong> se swaargewigte het op die regte tyd gepiek om vir <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> met 41-38 te verras.<\/p>\n<p>Vleuel, <strong>Bandile Thanjekwayo<\/strong>, in sy tweede jaar van eerstespan-rugby, het sy ervaring tentoongestel om met gemak deur te dartel vir &#8216;n tweekuns. <strong>Siyanda Dennison<\/strong> en die venynige <strong>Neo Zwane<\/strong> het elk ook een keer afgerond, terwyl heelagter, <strong>Gaston Brown<\/strong>, &#8216;n volmaakde dag van die skopkegel af beleef het om met \u00e1l vyf doelskoppe en twee strafdoele te slaag.<\/p>\n<p>Die Oosies het nietemin so hittete van agter gekom om die tuisspan te skaapvang. Agsteman,<strong> Jaydon Botha<\/strong>, het uitgetroon met &#8216;n energieke vertoning voorlangs, wat die grondslag gel\u00ea het vir die moedige terugvegpoging.<\/p>\n<p><strong>Kefilewe Phamotse<\/strong> se skuif vanaf regter na linkervleuel het vrugte afgewerp vir <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong>. Phamotse het in Kempton Park drie keer deurgewals in die Middies se sege van 36-22 oor <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park<\/strong>, terwyl losskakel, <strong>Matthew Abbey<\/strong>, ook weer puik vertoon en in byna elke drie wat die besoekers gedruk het &#8216;n aandeel gehad het, om sy aanspraak op &#8216;n plek in een van die SA Skole-groepe te versterk.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Zwartkop 28 (3)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Justin Julies, David van Jaarsveld, Logan Knott. Doelskoppe: Tilon Baron (2). Strafdoele: Baron (3). <strong>Wesvalia 21 (13)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Fafa Calitz, Strafdrie. Strafdoele: Wian du Preez (3).<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 62 (36) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Nathan Jansen van Vuuren (3), Jacques Greyling (2), Marinus Oberholzer, Janco Aucamp, Anthoni Smuts, Kwanele Mkhize. Doelskoppe: WJ Enslin (7). Strafdoel: Enslin.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 26 (14)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Tiaan Koen, Tyrand Masango, Marco Symington, Dorian Isaacs. Doelskoppe: Isaacs (3).<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie 41 (15) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Bandile Thanjekwayo (2), Siyanda Dennison, Neo Zwane, Jurgesn Bezuidenhout. Doelskoppe: Gaston Brown (5). Strafdoele: Brown (2). <strong>Oos-Moot 38 (26) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Jaydon Botha, Jayden Pretorius, David Joubert, Owen Basson, Jeandr\u00e9 Venter, Stian de Vente. Doelskoppe: Venter (4)<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 36 (22)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Kefilwe Phamotse (3), Matthew Abbey, CW Hanekom. Doelskoppe: Abbey (4). Strafdoel: Abbey.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 22 (10)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Guillaume Botha (2), Almero Gerritson. Doelskoppe: Stian de Villiers, Ben Steyn. Strafdoel: De Villiers.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Wesvalia 26, Zwartkop 24; Klerksdorp 43, HTS Middelburg 19; Oos-Moot 25, Ligbron Akademie 20; Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Kempton Park 23; Oos-Moot 25, Ligbron Akademie 20.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Zwartkop 26, Wesvalia 15; HTS Middelburg 25, Klerksdorp 14; Oos-Moot 28, Ligbron Akademie 13; Kempton Park 13, Ho\u00ebrskool Middelburg 3.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Wesvalia 24, Zwartkop 18; HTS Middelburg 3, Klerksdorp 0; Ligbron Akademie 31, Oos-Moot 10; Ho\u00ebrskool Middelburg 10, Kempton Park 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Zwartkop is na 14 wedstryde vanjaar steeds onoorwonne, maar die Vikings moes Saterdag tuis, in Centurion, met &#8216;n grootse terugvegpoging in die tweede helfte vorendag kom, om dit te vermag. Herleef al die Plaat-aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Zwarries het teen rustyd &#8216;n agterstand van 3-13 in die gesig gestaar, maar 25 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":74724,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74688","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74688","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74688"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74688\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/74724"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74688"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74688"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74688"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}