{"id":74958,"date":"2025-06-12T18:03:40","date_gmt":"2025-06-12T16:03:40","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=74958"},"modified":"2025-06-12T18:03:40","modified_gmt":"2025-06-12T16:03:40","slug":"nories-sonder-twee-staatmakers-vir-rustie-stryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=74958","title":{"rendered":"Nories sonder twee staatmakers vir Rustie-stryd"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_75054\" aria-describedby=\"caption-attachment-75054\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-75054\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Noordheuwel-vs-EG-Jansen-Patrick-400x270.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"270\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-75054\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> moet Saterdag die laaste wedstryd voor die vakansie sonder twee van sy groot staatmakers aandurf.<\/p>\n<p>Volg al die Beker-aksie resgtreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a> of Kanaal 216.\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Nories reis na Rustenburg om &#8216;n uiters onvoorspelbare <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> die stryd aan te s\u00ea. Die Rusties het verlede naweek gewys h\u00f3\u00e9 moeilik dit is om hulle op hul tuisveld te tem deur so hittete die verdedigende kampioen van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling, Ho\u00ebrskool Garsfontein, te laat les ops\u00ea.<\/p>\n<p>Die Blues, op hul beurt, het reeds in &#8216;n moeilike wegwedstryd teen Ho\u00ebrskool Nelspruit met 27-14 gese\u00ebvier.<\/p>\n<p>Hierdie naweek se uitdaging is egter ietwat moeiliker vanwe\u00eb die afwesigheid van Nories se Cravenweek-slot, <strong>Kean Lourens<\/strong>, en vaskopstut, <strong>Steph Botha<\/strong>. Botha, steeds o.17, is ook in die Leeus se provinsiale strukture opgeneem en sal die Welpies by die Akademieweek in Middelburg verteenwoordig. Albei ervaar las van skouerbeserings, met Lourens s&#8217;n die ernstigste, wat ook sy Cravenweek-verteenwoordiging in gedrang stel.<\/p>\n<p>Botha word deur <strong>Johan Helberg<\/strong> vervang, terwyl die Blues se breiers steeds koukus oor Lourens se plaasvervanger. Daar bestaan &#8216;n sterk moontlikheid dat die veelsydige <strong>JB Blount<\/strong> Lourens se skoene sal volstaan.<\/p>\n<p>Die Rusties het self &#8216;n paar veranderinge aan hul span gemaak, met die vleuels, <strong>Waide Davey<\/strong> en <strong>Bradley Snyers<\/strong>, wat truie ruil. Davey speel regtervleuel met Snyers aan die linkerkant van die veld. Voorlangs loop steelkantflank, <strong>Thian Labuschagne<\/strong>, die Norie-stryd mis en word vervang deur <strong>Marais R\u00f6cher<\/strong>. Die res van hul fisieke pak bly dieselfde, wat &#8216;n titaniese voorspelerstryd beloof.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> verwelkom sy spelskepper op losskakel, <strong>Anthony Viljoen<\/strong>, terug in die beginspan vir die stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> op die Ras van Rooyen. Viljoen was vir bykans twee maande buite aksie weens &#8216;n armbesering. Die span van Krugersdorp het verlede week sy eerste sege van die reeks behaal, teen Ho\u00ebrskool Transvalia (24-22), danksy &#8216;n strafdoel deur Viljoen, vanaf die plaasvervangerbank.<\/p>\n<p>Kantman, <strong>Siyabonga Ncube<\/strong>, keer ook terugkeer, maar vir eers ook van die bank af.\u00a0Haker, <strong>Tristan Rodrigues<\/strong>, is egter nou op die krukkelys, wat noodsaak dat <strong>Reghard Ernst<\/strong> van flank na haker skuif. Ernst het vroe\u00ebr vanjaar reeds in die middel van die voorry gesak, en word deur <strong>Jordan Swanepoel<\/strong> op steelkantflank vervang.<\/p>\n<p>Die Rhinos verwelkom die giftige <strong>Tinyiko Silubane<\/strong> terug op linkervleuel, na sy skorsing van &#8216;n week. Dit is die enigste verandering aan die span van Nelspruit, wat &#8216;n oorwinning broodnodig het indien hulle in die wedloop wil bly, terwyl die Wit Bulle \u00f3\u00f3k hul kanse met &#8216;n sege kan lewendig hou.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein<\/strong>, tans eerste op di\u00e9 afdeling se puntelys na sy oorwinning in Rustenburg verlede Saterdag, verwelkom die indrukwekkende nuweling, <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong>, op Berepark. Hoewel die Garsies steeds met beserings aan vier sleutelspelers sit, het hulle &#8216;n beduidende hupstoot ontvang met die terugkeer van vaskopstut, <strong>Luan van den Berg<\/strong>. Van den Berg was vir die laaste twee kragmetings buite aksie en verleen heelwat oemf aan die enjinkamer.<\/p>\n<p>Valia behou dieselfde beginspan vir sy besoek aan die Jakarandastad. Die span van Vanderbijlpark se direkte en fisiese benadering sal ongetwyfeld die verdedigende kampioen toets, maar terselftertyd besef hy dat &#8216;n besoek aan Berepark allermins maklik is.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Noordheuwel om 12:30 in Rustenburg: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg: <\/strong>15 Ayden Willemse, 14 Waide Davey, 13 Zack Swaenpoel, 12 Hendr\u00e9 Robinson, 11 Bradley Snyers, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Dirk Huisamen, 7 Marais R\u00f6cher, 6 MJ Otto, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Jayden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel (moontlik): <\/strong>15 Jeandr\u00e9 Uithaler, 14 Aidan Bester, 13 Tristan Helmund, 12 Kieran Reid, 11 Jayden Steyn, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 JB Blount, 3 Johan Helberg, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n<p><strong>Monument t. Ho\u00ebrskool Nelspruit om 12:30 in Krugersdorp: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument: <\/strong>15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Juandr\u00e9 Ehlers, 11 Ewan van der Walt, 10 Anthony Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Daniel Smith, 2 Reghard Ernst, 1 Kamogelo Katisa.<\/p>\n<p><strong>Nelspruit: <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandr\u00e9 van Wyk, 5 Andr\u00e9 Smit, 4 Jason Cogill, 3 Gert Cloete, 2 D&#8217;Angelo Roberts, 1 Christiaan Viljoen.<\/p>\n<p><strong>Garsontein t. Transvalia om 13:30 in Pretoria: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein: <\/strong>15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morn\u00e9 Coetzer.<\/p>\n<p><strong>Transvalia: <\/strong>15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Dant\u00e9 Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandr\u00e9 Kruger, 1 Vusi Morathi.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Noordheuwel moet Saterdag die laaste wedstryd voor die vakansie sonder twee van sy groot staatmakers aandurf. Volg al die Beker-aksie resgtreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) of Kanaal 216.\u00a0 Die Nories reis na Rustenburg om &#8216;n uiters onvoorspelbare Ho\u00ebrskool Rustenburg die stryd aan te s\u00ea. Die Rusties het verlede naweek gewys h\u00f3\u00e9 moeilik dit is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":75054,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-74958","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74958","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=74958"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/74958\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/75054"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=74958"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=74958"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=74958"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}