{"id":75240,"date":"2025-06-15T07:54:23","date_gmt":"2025-06-15T05:54:23","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=75240"},"modified":"2025-06-15T07:54:23","modified_gmt":"2025-06-15T05:54:23","slug":"pietersen-piets-parkies-helpies-karnuffel-klofies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=75240","title":{"rendered":"Pietersen piets Parkies, Helpies karnuffel Klofies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_75278\" aria-describedby=\"caption-attachment-75278\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-75278\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/EG-Jansen-vs-Menlopark-400x318.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"318\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-75278\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits.<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8220;Die Dokter van Boksburg&#8221; het duidelik vir heelagter, <strong>Deshean Pietersen<\/strong>,\u00a0&#8216;n stewige dosis driedruk-stroop voorgskryf.<\/p>\n<p>Herleef al die Beker-aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die heelagter van <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> was in een van sy vernietigende buie en het drie keer deurgewals vir drie\u00eb in die Jansies se sege van 34-22 oor <strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark <\/strong>in die Beker-afdeling van die <strong>Noordvaal Cup<\/strong>.<\/p>\n<p>Pietersen het na &#8216;n strawwe eerste 18 minute van die wedstryd vir die eerste keer sy venynige voetwerk tentoongestel, waarna, hy nie t\u00e9 lank gewag het om die Parkies weer met &#8216;n stukkie puik individuele spel te looi vir sy tweede drie nie.<\/p>\n<p>Die Pretorianers het egter geweier om bes te gee\u00a0 en kort voor die rustydfluitjie teruggekap. Die dryfmaalbeweging was vir die soveelste keer vanjaar hul grootste wapen en het vir agsteman, <strong>Ruan Strydom<\/strong>, in staat gestel om die Jansies met twee drie\u00eb van sy eie te kasty.<\/p>\n<p>Agterlangs het die stryd behoorlik vlamgevat. Benewens Pietersen se uitstaande vertoning op die aanval, het die Jansies se binnesenter, <strong>Nathan Delport<\/strong> en regtervleuel, <strong>Otlatleng Zulu<\/strong>, ook telkens die Parkies na lug laat gryp. Zulu het, vanaf die afskop n\u00e1 Delport se kuier agter die doellyn, gaan afrond vir die drie van die dag.<\/p>\n<p>Die Parkies se binnesenter, <strong>Dylan Stumke<\/strong>, was self &#8216;n uitblinker in die middeveld en het onder druk dikwels die besoekers op die voorvoet probeer plaas met sy kranige lopies. Oopkantflank, <strong>Nathen du Plessis<\/strong>, verdien ook &#8216;n klop op die skouer en was oudergewoonte &#8216;n doring in die los.<\/p>\n<p>Pietersen se derde drie, kort voor die eindfluitjie, het egter die uitklophou toegedien en &#8216;n derde sege vir die Jansies in vanjaar se reeks verseker.<\/p>\n<p>In Johannesburg het <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> se onbesonge held, steelkantflank, <strong>Zaiden Krige<\/strong>, die span in bruin se aanslag gelei. Krige het twee keer agter die doellyn van <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> gaan draai in sy span se sege van 52-43.<\/p>\n<p>Albei spanne het die skare wat na die Helpies se tuisveld opgeruk het, met aanskoulike hardlooprugby beloon.<\/p>\n<p>Die tweede helfte het &#8216;n gesamentlike totaal van 59 punte opgelewer, nadat die Helpies met slegs &#8216;n twee-punt buffer (19-17) rustyd binnegegaan het. <strong>Francois Tonkin<\/strong>, terug op linkervleuel, het die spasie aan die buitekant terde\u00eb geniet en, nes Krige, ook twee keer gedruk, terwyl binnesenter, <strong>Ethan Lourens<\/strong>, weer gewys het hoekom hy een van die Helpies is wat die Johannesburgers se fakkel by die Cravenweek in Middelburg gaan dra.<\/p>\n<p>Vir die Klofies het vuurvreter-agsteman, <strong>Marko Kok<\/strong>, weer uitgetroon. Kok, &#8216;n bekende baldraer in die Noordvaal-kompetisie, het telkens die eerste verdediger met brute krag geklop. Oopkanflank, <strong>Divan Botha<\/strong>, het ook moedig probeer om die Klofies in die wedloop te hou, terwyl losskakel en kaptein, <strong>Ronan Bastiaanse<\/strong>, persoonlik 18 punte bygedra het.<\/p>\n<p>Dit was egter nie genoeg om die Helpies se kliniese afronding en vermo\u00eb om die Klofies se foute in punte te omskep, af te weer nie.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>EG Jansen 34 (12)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Deshean Pietersen (3), Nathan Delport, Zulu Otlatleng. Doelskoppe: Dian Botha (3). Strafdoel: Botha. <strong>Menlopark 22 (17)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Ruan Strydom (2), Tiaan Boshoff, Ruvan van Aardt. Doelskop: Dylan Stumke.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 52 (19)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Zaiden Krige (2), Francois Tonkin (2), Xander van Niekerk, Liam Devenier, Ethan Lourens, Kean Butler. Doelskoppe: Wian Storm (6).\u00a0<strong>Waterkloof 43 (17)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Ruan Jacobs (2), Ross Adams, Divan Botha, Marko Kok, Ronan Bastiaanse. Doelskoppe: Bastiaanse (5). Strafdoel: Bastiaanse.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Menlopark 50, EG Jansen 19; Helpmekaar 40, Waterkloof 27.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>EG Jansen 27, Menlopark 22; Helpmekaar 28, Waterkloof 11.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>EG Jansen 34, Menlopark 7; Helpmekaar 40, Waterkloof 7.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Die Dokter van Boksburg&#8221; het duidelik vir heelagter, Deshean Pietersen,\u00a0&#8216;n stewige dosis driedruk-stroop voorgskryf. Herleef al die Beker-aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die heelagter van Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen was in een van sy vernietigende buie en het drie keer deurgewals vir drie\u00eb in die Jansies se sege van 34-22 oor Die Ho\u00ebrskool Menlopark in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":75278,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-75240","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/75240","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=75240"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/75240\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/75278"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=75240"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=75240"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=75240"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}