{"id":75248,"date":"2025-06-14T23:43:29","date_gmt":"2025-06-14T21:43:29","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=75248"},"modified":"2025-06-14T23:43:29","modified_gmt":"2025-06-14T21:43:29","slug":"nories-knak-rusties-in-tweede-helfte-valia-laat-bere-sweet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=75248","title":{"rendered":"Nories knak Rusties in tweede helfte, Valia laat Bere sweet"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_75265\" aria-describedby=\"caption-attachment-75265\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-75265\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Monument-vs-Nelspruit-400x309.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"309\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-75265\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel\u00a0<\/strong>het, danksy 27 onbeantwoorde punte in die tweede helfte van sy stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, homself met &#8216;n waardevolle sege beloon op die vooraand van die skoolvakansie.<\/p>\n<p>Herleef al die Beker-aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Voor rustyd was die Nories hulle eie grootste vyand, met ongedwonge foute wat hul ritme totaal in die wiele gery het. Dit was egter grotendeels ook te wyte aan die Rusties se uitstaande verdediging, gelei deur vaskopstut, <strong>Jayden Minnie<\/strong>, wat &#8216;n aantal reuse duikslae uitgevoer het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 aggressiewe verdediging het ook geleentheid geskep vir die tuisspan se haker en kaptein, <strong>Xavier Steenkamp<\/strong>, n\u00f3g &#8216;n uitblinker op die dag, om deur te bars vir &#8216;n drie wat sy span met 7-0 laat voorloop het met die omdraaislag.<\/p>\n<p>Steenkamp se eweknie, <strong>Clinton Agu<\/strong>, het egter kort na rustyd teruggeslaan om die momentum te begin terugswaai en namate die Blues stelselmatig ritme gevind het, vernaam in gebroke spel, het die blitsige <strong>Aiden Bester <\/strong>en <strong>Armand van Eck <\/strong>ook elk gaan druk. Van Eck het vir die soveelste keer &#8216;n uitstaande vertoning gelewer op agsteman, terwyl loskoptut en kaptein, <strong>Skuttie Bezuidenhout<\/strong>, uiters stewig vertoon het in die vaste fasette en los.<\/p>\n<p>Dit was die Nories se tweede sege oor die Rusties vanjaar, nadat hulle vroe\u00ebr &#8216;n opwarmingswedstryd met 40-14 gewen het.<\/p>\n<p>Die Ras van Rooyen, <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> se tuisveld in Krugersdorp, het in die Wit Bulle se laaste tuiswedstryd vanjaar &#8216;n absolute drie\u00ebfees opgelewer. Monnas en <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> het gesamentlik 11 keer die doellyn oorgesteek, met die tuisspan wat sewe daarvan aangeteken het om uiteindelik met 41-34 koning te kraai.<\/p>\n<p>Die wedywering agterlangs, vernaam in die middeveld, was besonder fel en &#8216;n hoogtepunt op die dag. Monument se buitesenter, <strong>Ruan Genis<\/strong>, wat in die Goue Leeus se Akademieweekspan opgeneem is, het sy vaart en vermo\u00eb om af te rond weer uitgestal. Genis en linkervleuel, <strong>Ewan van der Walt<\/strong>, wat spasie aan die buitekant puik benut het, het elk &#8216;n tweekuns aan drie\u00eb behaal.<\/p>\n<p>Op binnesenter, het die Wit Bulle se <strong>Juandr\u00e9 Ehlers<\/strong> en Nelspruit se <strong>Rian\u00a0Botha<\/strong>, wat albei verlede jaar aan die Grant Khomo-week deelgeneem het, mekaar behoorlik die stryd aanges\u00ea. Ehlers gaan eenvoudig van krag tot krag , terwyl Botha gewys het hoekom hy die Pumas by die Cravenweek in Middelburg sal verteenwoordig. Nellies se vleuels, <strong>Tinyiko Silubane<\/strong> en <strong>Kamo Monkwe<\/strong>, het ook uitgehaal, maar dit was nie genoeg om die &#8220;nuwe&#8221; Wit Bulle te tem nie.<\/p>\n<p>Op Berepark het <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> vir die verdedigende kampioen, <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong>, al sy dae gegee. Die Bere het egter, soos dit &#8216;n kampioenspan betaam, &#8216;n manier gevind om met 43-41 as oorwinnaars uit die stryd te tree.<\/p>\n<p>Valia se fisieke, direkte benadering deur die grootmanne voorlangs het die Bere behoorlik laat les ops\u00ea en ook aan haker, <strong>Wihandr\u00e9 Kruger<\/strong>, n\u00f3g &#8216;n driekuns vanaf kragtige dryfmale besorg.<\/p>\n<p>Die Bere se <strong>Luan van den Berg<\/strong>, terug van &#8216;n besering, en agsteman, <strong>Lourenz de Jager<\/strong>, het egter daarop geantwoord met &#8216;n drie elk, terwyl die giftige <strong>Junaide Stuart<\/strong> agterlangs die opposisie telkens gelooi het wanneer hy spasie aan die buitekant gegun is. Sy twee drie\u00eb, tesame met vier doelskoppe en &#8216;n strafdoel deur losskakel,<strong> Joshua Gouws<\/strong>, het uiteindelik die verskil tussen wen en verloor beteken.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel 27 (0)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Clinton Agu, Skuttie Bezuidenhout, Aiden Bester,\u00a0 Armand van Eck. Doelskoppe: Tsidi Moeketsane, Juandr\u00e9 Uithaler. Strafdoel: Moeketsane.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 7 (7)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie: Xavier Steenkamp. Doelskop: Ayden Willemse.<\/p>\n<p><strong>Monument 41 (17)\u00a0<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ewan van der Walt (2), Ruan Genis (2), Caleb Sparks, Juandr\u00e9 Ehlers, Jason Joubert. Doelskoppe: Jaydon Viljoen (3).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 34 (20)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: John Duncan, Rian Botha, Gert Cloete, Kamo Monkwe, Tinyiko Silubane. Doelskoppe: Liam Pringle (3). Strafdoel: Pringle<\/p>\n<p><strong>Garsfontein 43 (17)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Junaide Stuart (2), Luan van den Berg, Lourenz de Jager, Dian van Aswegen. Doelskoppe: Joshua Gouws (4). Strafdoel: Gouws.\u00a0<strong>Transvalia 41 (17)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Wihandr\u00e9 Kruger (3), Johan Smit, Juan Bischoff, Tumi Moloi<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Noordheuwel 13, Rustenburg 0; Monument 75, Nelspruit 3; Garsfontein 20, Transvalia 10.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Noordheuwel 34, Rustenburg 25; Monument 24, Nelspruit 12; Garsfontein 24, Transvalia 20.<\/p>\n<p><strong>o.14: <\/strong>Rustenburg 17, Noordheuwel 17; Monument 43, Nelspruit 5; Garsfontein 48, Transvalia 7.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Noordheuwel\u00a0het, danksy 27 onbeantwoorde punte in die tweede helfte van sy stryd met Ho\u00ebrskool Rustenburg, homself met &#8216;n waardevolle sege beloon op die vooraand van die skoolvakansie. Herleef al die Beker-aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Voor rustyd was die Nories hulle eie grootste vyand, met ongedwonge foute wat hul ritme totaal in die wiele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":75265,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-75248","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/75248","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=75248"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/75248\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/75265"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=75248"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=75248"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=75248"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}