{"id":7567,"date":"2017-05-28T07:00:55","date_gmt":"2017-05-28T07:00:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sacs-verbreek-droogte-van-21-jaar-en-die-kwaggas-het-weer-skop\/"},"modified":"2017-05-28T07:00:55","modified_gmt":"2017-05-28T07:00:55","slug":"sacs-verbreek-droogte-van-21-jaar-en-die-kwaggas-het-weer-skop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7567","title":{"rendered":"SACS verbreek droogte van 21 jaar en die Kwaggas het weer skop"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7566\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis.jpg\" alt=\"NewsGDiegoAppollis\" width=\"377\" height=\"420\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die skolerugby-seisoen van 2017 is vol verrassings en gister is die tendens voortgesit met SACS wat vir die eerste keer sedert 1996 vir Paarl Gimnasium verslaan het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas van Outeniqua het op hul tuiveld, die Tommie Smook-stadion, teen Oakdale Landbou gewys dat hulle nog hope skop het. Die Ho&euml;r Jongenskool Paarl het sy onoorwonne segetog in Suid-Afrika tot 47 wedstryde verleng deur Paul Roos Gimnasium met 21-9 te klop, terwyl Garsfontein &lsquo;n rekordsege oor Menlopark in die Virsekerbeker vir Makroskole behaal het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">SACS het &lsquo;n wendroogte van 21 jaar met sy oorwinning van 22-19 oor Pa Gimnasium verbreek. Die span van Kaapstad het laas in 1996 daarin geslaag om Gimmies te klop. Vir di&eacute; span se afrigter Nick Maurer sal die sege nog meer spesiaal wees. Maurer was SACS se kaptein toe hy in 1996 vir Gimmies verslaan het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ervare skeidsregter, Jonathan Kaplan, het die wedstryd hanteer. Gimmies het vroeg &lsquo;n voorsprong van 19-0 opgebou. SACS se skakelpaar, David Hayes (losskakel) en Lucky Dlepu (skrumskakel), het met slim taktiese skopwerk hul span tot &lsquo;n merkwaardige sege gehelp. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas het ook &lsquo;n droogte verbreek. Die laaste span van Outeniqua wat daarin kon slaag om die Bulle van Oakdale te klop het spelers soos Warrick Gelant (Blou Bulle), Duhan van der Merwe (Edinburgh) en Eduard Zandberg (Stormers) in sy geledere gehad. Dit was is 2013. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Outeniqua het die wedstryd met 19-15 gewen met sy haker, Stephan Leonard, wat albei sy drie&euml; afgerond het. Leonard is die seun van die voormalige Bok, Anton Leonard, wat tans die Bulle se hulpafrigter is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die meeste lof vir die oorwinning behoort egter aan die Kwaggas se skakelpaar, Sylvester Hassien en James Mollentze, wat skitterend vertoon het. Die kantman, Braam van Huysteen, het voorlangs ingeklim. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paarl Boishaai het in die week sy 1000ste dag gevier sedert hy laas in Suid-Afrika op sy neus laat kyk is. Die span was gister op sy tuisveld, Brugstraat, met 6-9 agter teen Paul Roos. Die span van die Eikestad se heelagter, Colia Louis, het drie strafdoele oorgeklits om die voorsprong aan sy span te besorg. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boishaai se skrumskakel, Eric Myburgh, het twee keer vroeg in die tweede helfte oorgeglip om sy span in beheer te plaas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho&euml;rskool Garsfontein se binnesenter, Wesley Thompson, het behoorlik tong vir die Blou Bulle se keurders in sy span se indrukwekkende sege van 66-21 oor Menlopark uitgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Thompson het &lsquo;n nuwe rekord van 34 punte vir die Garsie Bere in &lsquo;n wedstryd opgestel. Hy was nie eers die volle wedstryd op die veld nie na die skeidsregter, Paul Mente, hom na &lsquo;n stukkie vuilspel koelkas toe gestuur het. Thompson het &lsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal, agt doelskoppe oorgeklits en ook met &lsquo;n strafdoel geslaag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy sentermaat, Diego Appollis, was net so op sy stukkie. Hy het telke male bresse geslaan en vir &lsquo;n hele paar van Garsies se drie&euml; die aanvoorwerk gedoen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien &lsquo;n toeskouer slegs die eerste 20 minute van die wedstryd op Menlopark se veld gekyk het en dalk vroeg parkering by Loftus Versfeld vir die Bulle en Hurricanes se wedstryd gaan soek het, sou hy nie die eindtelling geglo het nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark het die eerste 20 minute van die wedstryd oorheers. Dit was veral sy agtsteman, Divan Venter, wat ingeklim het. Hy het boonop &lsquo;n driekuns aan drie&euml; in die nederlaag behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies, wat die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker vir Makroskole is, het met sy grootste sege nog ooit oor Menlopark ook seker gemaak dat hy tot die kwarteindronde van die streekkompetisie deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho&euml;rskool Nelspruit se Rhinos het sy plek in die eindstryd van die Pumas se Grootskole-liga met &lsquo;n oorwinning van 24-14 oor Ho&euml;rskool Middelburg bespreek. Die Rhinos sal die eindstryd teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle as die gunsteling betree. Die wenner van die eindstryd sal ook regstreeks tot die Virsekerbeker deurdring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldoraigne het HTS John Vorster met 93-0 verniel. Eldos het 50-0 teen die omdraaislag voorgeloop en die wedstryd is 14 minute vroeg gestaak. Die wenspan se heelagter, Marvin Petersen, het drie van sy span se 13 drie&euml; gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar-kollege van Johannesburg was op sy stukke teen Waterkloof. Helpies het Klofies met 45-8 afgestof met sy Cravenweek-heelagter, David Cary, wat waarskynlik die beste vertoning van sy skoolloopbaan tot dusver gelewer het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies het met die omdraaislag reeds &lsquo;n voorsprong van 26-3 opgebou. Cary het twee keer die doellyn oorgesteek en ook &lsquo;n hand in elk van sy span se ander drie drie&euml; gehad. Soos gewoontlik was die kaptein en flank, Mark Snyman, ook &lsquo;n yster. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">King Edward VII se onoorwonne status het gister op sy tuisveld teen Monument van Krugersdorp in die slag gebly. Monnas het die wedstryd danksy rotsvaste verdediging met 24-19 gewen. Dit was veral die flank Franco Schutte en die senters, Juandr&eacute; Breytenbach en Luke Rossouw, wat uitstekend verdedig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potchefstroom Gimnasium het in sy ENB Classic Clash teen Potchefstroom Volkskool met 32-18 as oorwinnaar van die veld gestap. In die ander Luiperds Grootskole-wedstryd was Lichtenburg met 48-18 te sterk vir Wesvalia.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Garsfontein 66, Menlopark 21; Affies 52, Jeppe 22; Eldoraigne 93, HTS John Vorster 0; Centurion 30, Zwartkop 5; Montana 30, Wonderboom 22; St Alban&rsquo;s College 41, St Charles College 13; Die Wilgers 37, Pretoria-Noord 20; Oos-Moot 84, Overkruin 10; Midstream College 37, Ho&euml;rskool Tuine 5; Erasmus 29, Curro Hazeldean 24; Pretoria THS 19, Gerrit Maritz 10; Curro Roodeplaat 51, Woodhill College 11.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Goue Leeus:<\/strong> Monument 24, King Edward VII 19; Helpmekaar 45, Waterkloof 8; Florida 24, Marais Viljoen 14; Noordheuwel 34, Die Anker 27; Ho&euml;rskool Alberton 33, Jan Viljoen 20; Dinamika 24, Bastion 17; Randburg 29, Riebeeckrand 22; Bekker 36, Leeuwenhof 20; Trinityhouse 38, Fochville 3; Carletonville 19, Roodepoort 7; President 41, Edenvale 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Limpopo:<\/strong> Ben Vorster 43, Merensky 11; Ho&euml;rskool Pietersburg 36, Tom Naud&eacute; 12; Hans Strijdom 43, Ellisras 31; Warmbad 22, Eric Louw 11; Louis Trichardt 49, Frans du Toit 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds:<\/strong> Potchefstroom Gimnasium 32, Potchefstroom Volkskool 18; Lichtenburg 48, Wesvalia 18; Vryburg 41, Hartbeespoort 7; Zeerust 20, Schweizer-Reneke 0; Schoonspruit 17, Wolmaransstad 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas:<\/strong> Ho&euml;rskool Nelspruit 28, Ho&euml;rskool Middelburg 14; Ligbron Akademie 64, Ermelo 14; Hoogenhout 92, Oosterland 3; Generaal Hertzog 39, Standerton 15; HTS Witbank 30, Rob Ferreira 26; Lydenburg 24, Bergvlam 14; Morgenzon Landbou 22, Komatipoort 17<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke:<\/strong> EG Jansen 52, Kempton Park 24; Hugenote (Springs) 32, Jeugland 19; Vereeniging Gimnasium 32, Heidelberg Volkskool 22; Hans Moore 47, Springs Boys&rsquo; High 14; Driehoek 34, Dr Malan 3; Brandwag (Benoni) 12, Stoffberg 7; Parys 27, AHS Sasolburg 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sentraal 20, Louis Botha 15; Noord-Kaap 22, HTS Drostdy 20; Diamantveld 47, Landboudal 14; Voortrekker 25, AHS Kroonstad 19; Welkom-Gimnasium 33, Witteberg 28; Wilgerivier 64, HTS Welkom 0; Ho&euml;rskool Kroonstad 30, Wessel Maree 24; Ficksburg 13, Reitz 11; Bultfontein 54, Sandveld 3; Hoopstad 24, Theunissen 3; Brandfort 29, Zastron 14; Bultfontein 45, Lesideng 7; Vrede 29, Paul Erasmus 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Durban High School 20, Glenwood 17; St Andrew&rsquo;s College 26, Selborne College 5; Framesby 28 Marlow Landbou 16; Dale College 48, Muir College 22; Kearsney College 41, St Stithians College 18; Grey PE 24, Queen&rsquo;s College 22.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">SACS 22, Paarl Gimnasium 19; Ho&euml;r Jongenskool Paarl 21, Paul Roos Gimnasium 19; Outeniqua 19, Oakdale Landbou 15; Tygerberg 41, Durbanville 24; Brackenfell 16, Ho&euml;rskool Bellville 11; <\/span>Stellenberg<span style=\"color: #000000;\"> 33, <\/span>Rondebosh<span style=\"color: #000000;\"> Boys&rsquo; High 21; Bishops 24, Wynberg Boys&rsquo; High 20; Charlie Hofmeyr 28, Augsburg <\/span>Gimnasium<span style=\"color: #000000;\"> 15; Swartland 41, Langenhoven Gimnasium 5; DF Malan 43, De Kuilen 5; Hottentots-Holland 32, Monumentpark 22; Schoonspruit 36, Klein NMederburg 27; Robertson 33, Swellendam 20; Strand 19, Parel <\/span>Vallei<span style=\"color: #000000;\"> 0; Hermanus 36, Worcester Gimnasium 18; President 43, Edgemead 19.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skolerugby-seisoen van 2017 is vol verrassings en gister is die tendens voortgesit met SACS wat vir die eerste keer sedert 1996 vir Paarl Gimnasium verslaan het. Die Kwaggas van Outeniqua het op hul tuiveld, die Tommie Smook-stadion, teen Oakdale Landbou gewys dat hulle nog hope skop het. Die Ho&euml;r Jongenskool Paarl het sy onoorwonne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7566,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7567","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7567"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7567\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}