{"id":7613,"date":"2017-06-04T11:41:28","date_gmt":"2017-06-04T11:41:28","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vryburg-dring-deur-tot-virsekerbeker-kwarteindronde\/"},"modified":"2017-06-04T11:41:28","modified_gmt":"2017-06-04T11:41:28","slug":"vryburg-dring-deur-tot-virsekerbeker-kwarteindronde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7613","title":{"rendered":"Vryburg dring deur tot Virsekerbeker kwarteindronde"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-7291\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg\" alt=\"31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1\" width=\"608\" height=\"147\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg 839w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-300x73.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-768x186.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 608px) 100vw, 608px\" \/><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7612\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/NewsGErnstLouw.jpg\" alt=\"NewsGErnstLouw\" width=\"350\" height=\"258\" \/>Die Ho\u00ebrskool Vryburg se eerste rugbyspan sou gister soet saam met die suur van sy nederlaag van 13-25 teen Bergsig Akademie beleef het. Hoewel Vryburg aan die verloorkant was, het die span genoeg gedoen om die uitspeelwedstryde van die Virsekerbeker se Mediumskole-liga as die Luiperds se kampioen te betree. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bergsig Akademie sal die streekkompetisie as die Luiperds se naaswenner betree. Vryburg is die verdedigende kampioen van die Virsekerbeker en sal regstreeks tot die kwarteindronde deurdring. Vryburg het verlede jaar in die eindstryd van die streekkompetisie vir Ben Viljoen van Groblersdal met 39-8 verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bergsig sal eers in \u2018n uitspeelwedstryd teen die Blou Bulle se kampioen moet wen indien hy tot die kwarteindronde wil deurdring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag van Benoni was nou wel nie Saterdag in aksie nie, maar het bo-aan die Valke se Medumskole se Oos-liga ge\u00ebindig. Die span het alle teenstand voor hom weggevee en sal in die kwarteindronde van die Valke se Mediumskoel-liga teen HTS Elspark te staan kom.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag het in sy ligawedstryde tot dusver vir John Vorster van Nigel (45-7), HTS Elspark (45-5), Delmas (62-3) en Stoffberg van Brakpan (27-5) uit die pad gestamp.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Erasmus van Bronkhorstspruit het HTS Tuine met 41-5 in die Blou Bulle se Mediumskole-liga gekarnuffel. Pretoria THS se Tigers het ook met 51-14 gemaklik oor HF Verwoerd koning gekraai. Curro Hazeldean was ook aan die wenkant en het die Ho\u00ebrskool Uitsig naelskraaps met 21-19 uitgestof.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria THS sal Vrydag op sy tuisveld teen Erasmus in die halfeindronde van die Bulle se liga te staan kom. In die ander halfeindstryd op Pretoria THS se veld sal Curro Hazeldean en Gerrit Maritz sake uitspook.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit lyk of niemand Bekker van Magaliesburg in sy opmars na die titel as kampioen van die Leeus se Mediumskole-liga gaan stuit nie. Die span het kuikenmoord gepleeg toe hy vir HTS Carel de Wet in die week met 111-0 verniel het. Die span van Magaliesburg is sonder twyfel een van die gunstelinge om vanjaar die trofee as kampioen van die Virsekerbeker vir Mediumskole omhoog te hou. Die wedstryd teen Carel de Wet was wel op vriendskaplike basis. Carel de Wet en Benoni High het vanjaar by die Leeus ingeskakel, maar die Valke het nog nie die nodige toestemming aan hulle verleen nie.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Bekker se losskakel, Ernst Louw, het \u2018n ongelooflike 41 punte in die sege opgestapel. Hy het drie drie\u00eb gedruk en ook 13 van sy span se 17 drie\u00eb verdoel. Sy skakelmaat, Anthony Smith het vier keer \u2018n draai agter die doellyn gaan maak. Die agtsteman, Didi Sekati, het ook \u2018n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Leeuwenhof het sy posisie in die Leeus-streek versterk deur Fochville met 32-20 te klop. Trinityhouse het ook nie veel genade Saterdag vir Carel de Wet betoon nie en met 94-7 gese\u00ebvier. Fochville sal nou teen Bekker in die halfeindronde te staan moet kom, terwyl Trinityhouse en Leeuwenhof in die ander halfeindstryd mekaar sal pak.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Limpopo is Ben Viljoen van Groblersdal en Hans Strijdom van Naboomspruit die spanne in die Mediumskole-liga om te klop. Hans Strijdom het Piet Potgieter Saterdag gemaklik met 33-0 afgestof.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Vryburg se eerste rugbyspan sou gister soet saam met die suur van sy nederlaag van 13-25 teen Bergsig Akademie beleef het. Hoewel Vryburg aan die verloorkant was, het die span genoeg gedoen om die uitspeelwedstryde van die Virsekerbeker se Mediumskole-liga as die Luiperds se kampioen te betree. Bergsig Akademie sal die streekkompetisie as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7291,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7613","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7613"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7613\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}