{"id":7663,"date":"2017-06-15T13:39:39","date_gmt":"2017-06-15T13:39:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/persverklaring-hoerskool-waterkloof-deelname-aan-virsekerbeker\/"},"modified":"2017-06-15T13:39:39","modified_gmt":"2017-06-15T13:39:39","slug":"persverklaring-hoerskool-waterkloof-deelname-aan-virsekerbeker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7663","title":{"rendered":"Persverklaring &#8211; Ho\u00ebrskool Waterkloof: Deelname aan Virsekerbeker"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7481\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/VirsekerBekerlogo.JPG\" width=\"261\" height=\"266\" alt=\"VirsekerBekerlogo\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Ho&euml;rskool Waterkloof het die week sterk kapsie gemaak teen die manier waarop hulle verdere deelname aan die Virsekertrofee-kompetisie onts&ecirc; is nadat hulle geweier het om teen Ho&euml;rskool Garsfontein te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Terwyl berigte in die media beweer dat die skool die Blou Bulle Ho&euml;rskole Rugbyvereniging (BBHRV) hof toe sou sleep om hulle regte te beskerm, het die skool altyd so &lsquo;n aksie as &lsquo;n laaste uitweg beskou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool wil die feite van die saak regstel, veral omdat selektiewe inligting, wat eensydig en onwaar is, aan koerante en ander belanghebbendes deurgegee is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Ho&euml;rskool Waterkloof bly die besluit om nie teen Ho&euml;rskool Garsfontein deel te neem nie &lsquo;n beginselsaak, omdat &ldquo;etiese en morele waardes op die lang duur baie waardevoller is as om van tyd-tot-tyd &lsquo;n sporttrofee omhoog te hou.&rdquo; Ho&euml;rskool Waterkloof se beheerliggaam het reeds in 2016 aangekondig dat hulle nie meer teen Ho&euml;rskool Garsfontein sal speel nie, omdat di&eacute; skool deurlopend spelers van ander skole afrokkel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens die skoolhoof, mnr. Daan Potgieter, spruit die twis juis uit die Blou Bulle Ho&euml;rskole Rugbyvereniging se foutiewe toepassing van &lsquo;n bepaling in die notule van die Algemene Jaarvergadering van 2013, wat ni&eacute; in die Blouboek van 2017 vervat is nie &eacute;n die bepalings in die Blouboek weerspreek, waarop die besluit om die skool se deelname op te skort, geskoei is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die aanhaling uit die Algemene Jaarvergadering-notule van 2013 is:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">9.4 Bepalings 2014\/Fixture 2014<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die bepalings moet binne die volgende twee weke deur die onderskeie groeperinge afgehandel word. Indien &lsquo;n span nie sy bepalings in &lsquo;n seisoen nakom nie verbeur sodanig span al sy ligapunte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die aanhaling uit die Blou Boek:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien &lsquo;n span nie al sy ligaverpligtinge kan nakom nie (2 of meer wedstryde) verbeur sodanige span alle liga- en bonuspunte wat reeds verdien is. Alle opponent in daardie liga kry 1 punt vir deelname ongeag of die wedstryd reeds plaasgevind het of nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die 2013-notule vir die bepalings van 2014 wys daarop dat as &lsquo;n span een ligaverpligting nie nakom nie, hulle al hul ligapunte sal verbeur. Die re&euml;l wat tans in die Blou Boek vervat is, stipuleer egter dat dit eers sal gebeur as &lsquo;n span twee of meer verpligtinge nie nagekom het nie. Ho&euml;rskool Waterkloof het dus heeltemal binne die huidige regulasie opgetree deur die wedstryd teen Ho&euml;rskool Garsfontein nie na te kom nie en moes dus binne di&eacute; regulasies nog steeds toegelaat word om aan die kompetisie deel te neem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ons is benadeel deur die Blou Bulle Ho&euml;rskole Rugbyvereniging, omdat hulle nie hul eie re&euml;ls kan interpreteer of korrek daaraan uitvoering gee nie. Hulle pas die re&euml;ls op &lsquo;n bedenklike manier aan, verkrag hul eie grondwet in die proses en gee boonop toe dat hulle eie re&euml;l in die Blou Boek vervat moes word, maar weens nalatigheid nie daarin vervat is nie,&rdquo; het Potgieter ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noordvaal het in &lsquo;n skriftelike antwoord op 1 Junie 2017, wel aan Ho&euml;rskool Waterkloof erken dat &ldquo;die gedeelte uit die Blou Boek soos aangehaal is, in botsing met die AJV 2013-notule en moes in geheel verwyder geword het.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Potgieter kan Ho&euml;rskool Waterkloof nie gepenaliseer word vir die feit dat die BBHRV nie behoorlik in beheer van hul eie administrasie is en die riglyne van die kompetisie nie behoorlik aan deelnemende skole kan kommunikeer nie. &ldquo;Hulle s&ecirc; self dit is &lsquo;n fout en moes daarin vervat gewees het. Uit hierdie optrede kan ons slegs aflei dat Ho&euml;rskool Waterkloof op grond van individuele voorkeure benadeel word en dat die besluit wel daarop gemik is om die partye wat die klag by die BBHRV aanhangig gemaak het, onregmatig binne hierdie kompetisie te bevoordeel. Ons het juis ons beplanning volgens die 2017 Blou Boek gedoen en die re&euml;ls nougeset daarvolgens ge&iuml;nterpreteer.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho&euml;rskool Waterkloof het op meer as een geleentheid briewe aan die BBHRV gerig waarin hulle &lsquo;n oplossing probeer vind het en het selfs arbitrasie met die BBHRV voorgestel. Di&eacute; proses het die potensiaal ingehou om enige misinterpretasies uit te wys en sou net so bindend as &lsquo;n formele hofuitspraak kon wees. Vier van die land se vooraanstaande regters, met bewese kennis en ondervinding, is deur Ho&euml;rskool Waterkloof se regspan vir die arbitrasieproses voorgestel. Hi&eacute;rdie voorstel is egter sonder meer deur die BBHRV van die hand gewys &#8211; sonder enige verdere korrespondensie of voorstelle vir die bereddering van die aangeleentheid. Die BBHRV het &lsquo;n eensydige besluit geneem ten spyte van die skool se pogings om dit te beredder. Dit is duidelik dat BBHRV se bonafides nie suiwer is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potgieter wys uit dat ten spyte van die feit dat &ldquo;selektiewe feite&rdquo; aan die media gegee is om Ho&euml;rskool Waterkloof in &lsquo;n slegte lig te stel, was die besluit om die hof te nader altyd &lsquo;n laaste uitweg en het die skool homself van kommentaar in die publieke domein weerhou omdat hy dit as &lsquo;n interne aangeleentheid beskou het. Die teenparty het egter gekies om dit in die media te hanteer en daarom is die skool gedwing om daarop te reageer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho&euml;rskool Waterkloof het die week hul standpunt al in &lsquo;n ope brief aan die rugbyouers gekommunikeer.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho&euml;rskool Waterkloof het die week sterk kapsie gemaak teen die manier waarop hulle verdere deelname aan die Virsekertrofee-kompetisie onts&ecirc; is nadat hulle geweier het om teen Ho&euml;rskool Garsfontein te speel. Terwyl berigte in die media beweer dat die skool die Blou Bulle Ho&euml;rskole Rugbyvereniging (BBHRV) hof toe sou sleep om hulle regte te beskerm, het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7481,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7663","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7663","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7663"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7663\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7481"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}