{"id":7671,"date":"2017-06-22T14:37:44","date_gmt":"2017-06-22T14:37:44","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vanjaar-se-noordvaal-bondedag-grootste-nog\/"},"modified":"2017-06-22T14:37:44","modified_gmt":"2017-06-22T14:37:44","slug":"vanjaar-se-noordvaal-bondedag-grootste-nog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7671","title":{"rendered":"Vanjaar se Noordvaal Bondedag grootste nog"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7670\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/NoordvaalLogo.jpg\" width=\"138\" height=\"193\" alt=\"NoordvaalLogo\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die grootste Bondedag nog op ho&euml;rskolevlak nog in Suid-Afrika sal volgende week op Loftus Versfeld in Pretoria aangebied word. Nie minder as 12 van die 20 spanne wat later vanjaar aan die 53ste Coca-Cola Cravenweek vir ho&euml;rskole in Johannesburg sal deelneem sal op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op 1 Julie in aksie wees.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die hoofwedstryd van die dag om 14:00 sal die Blou Bulle se o.18-span teen sy eweknie van die Vrystaat te staan kom. Die spanne van Pumas en Grens sal sake in die vernaamste voorwedstryd uitspook. Buiten Suid-Afrika se twee noordelike bure, Namibi&euml; en Zimbabwe, sal slegs die spanne van Westelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte, Oostelike Provinsie, OP-platteland, Griekwas en Griekwa-platteland nie op die dag in aksie wees nie.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8216;n Wedstryd vir die fynproewer van vonkelrugby sal die wedstryd tussen die Goue Leeus en die Griffons &#8216;n hoogtepunt wees. Die Leeus is vanjaar sonder twyfel &#8216;n sterk aanspraakmaker om in die hoofwedstryd van die Cravenweek in aksie te wees. Die span het in die Mpeku-broers. Kennedy en Leon, asook met die opwindende David Cary en Tino Swanepoel in sy agterste driehoek &#8216;n agterhoede wat oor die vermo&euml; beskik om enige span se verdediging aan flarde te hardloop.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het boonop met sy lostrio wat bestaan uit Travis Gordon, PJ Jacobs en Mark Snyman die mees gedugte kombinasie wat vanjaar op die Cravenweek in aksie sal wees. Jacobs is &#8216;n vernietigende verdediger wat &#8216;n hele paar spelers vanjaar al laat dink het dat hulle sopas deur &#8216;n dubbel-dekkerbus raak gery is. Gordon is kliphard en laat &#8216;n mens aan die Bok-kaptein, Warren Whiteley, dink. Snyman het verlede jaar al die SA Skole As-span gehaal en is nie net &#8216;n uitstekende baljagter nie. Hy is weens sy vaart &#8216;n puik baldraer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses is self &#8216;n span wat daarvan hou om die bal lug te gee en daar kan verwag word dat veral die heelagter, Andrew Kota, &#8216;n hele paar van die Leeu-spelers tydens die Bondedag na lug sal laat gryp. &nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die bepalings:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Loftus Versfeld-stadion &#8211; 08:00:<\/strong> Luiperds t. Grens-platteland; <strong>09:10:<\/strong> Limpopo Blou Bulle t. Valke; <strong>10:20:<\/strong> KwaZulu-Natal t. Boland;<strong> 11:30:<\/strong> Goue Leeus t. Griffons; <strong>12:40:<\/strong> Pumas t. Grens; <strong>14:00:<\/strong> Blou Bulle t. Vrystaat.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>B-veld &#8211; 08:30:<\/strong> Naka Bulle t. Tuine;<strong> 09:40:<\/strong> Tukkies t. Harlequins; <strong>10:50:<\/strong> Blue Diamonds t. TUT; <strong>11:40:<\/strong> Centurion t. Dragons; <strong>12:50:<\/strong> Valke Akademie t. Vrystaat Akademie. &nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grootste Bondedag nog op ho&euml;rskolevlak nog in Suid-Afrika sal volgende week op Loftus Versfeld in Pretoria aangebied word. Nie minder as 12 van die 20 spanne wat later vanjaar aan die 53ste Coca-Cola Cravenweek vir ho&euml;rskole in Johannesburg sal deelneem sal op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op 1 Julie in aksie wees.&nbsp; In die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7670,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7671","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7671"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7671\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7670"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7671"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7671"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}