{"id":7675,"date":"2017-06-25T10:10:57","date_gmt":"2017-06-25T10:10:57","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/springbokke-lankal-nie-meer-met-mieliepap-gemaak-nie\/"},"modified":"2017-06-25T10:10:57","modified_gmt":"2017-06-25T10:10:57","slug":"springbokke-lankal-nie-meer-met-mieliepap-gemaak-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7675","title":{"rendered":"Springbokke lankal nie meer met mieliepap gemaak nie"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7674\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/JacoBarnard.jpg\" alt=\"JacoBarnard\" width=\"327\" height=\"429\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/JacoBarnard.jpg 675w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/06\/JacoBarnard-229x300.jpg 229w\" sizes=\"auto, (max-width: 327px) 100vw, 327px\" \/>Springbokke word al lankal nie meer gemaak op &rsquo;n dieet van mieliepap soos &rsquo;n advertensie in die 1980&rsquo;s beweer het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is eerder &rsquo;n geval van die gebruik van sportaanvullings en &rsquo;n groter klem op die kondisionering van spelers wat deesdae die murg in die pype van ons toekomstige Bokke sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dat skolerugbyspelers deur die jare al hoe groter word, word beklemtoon deur die feit dat Muller Uys, verlede jaar se SA Skole-flank, op verlede jaar se Cravenweek swaarder geweeg het as wat die legendariese Springbok-stut, Os du Randt, in sy matriekjaar geweeg het. Os, toe nog bekend as Pietertjie, was destyds met &rsquo;n gewig van 105 kg, en &rsquo;n lengte van 1,90 m &rsquo;n verskrikking op die veld tydens die Cravenweek van 1990 in Durban.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Uys het met &rsquo;n lengte van 1,9 m die skaal verlede jaar op 107 kg laat kreun.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Daar is &rsquo;n hele paar faktore wat &rsquo;n rol speel dat skolespelers vanjaar heelwat swaarder weeg as voorheen. Al die voorste rugbyskole het &rsquo;n biokinetikus en &rsquo;n gimnasium, terwyl kinders deesdae al in kleuterskole aan Playball deelneem,&rdquo; s&ecirc; dr. Henry Kelbrick, &rsquo;n kenner van sportmedisyne van Pretoria.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Playball is &rsquo;n program vir kinders tussen twee en agt jaar oud om hulle te help om hul sportvaardighede te ontwikkel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Afrigters van oor die land heen dra grootliks daartoe by dat spelers al hoe swaarder op skoolvlak weeg. Ek kry elke jaar o.16-seuns en hul ouers wat my kom sien en by my raad soek oor hoe hulle 10 tot 15 kg kan swaarder word omdat afrigters dit van hulle verwag as hulle in die eerste span wil speel,&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kelbrick is al 20 jaar die spandokter van die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool van Pretoria en het self in 1984 vir Noord-Transvaal se Cravenweek-span uitgedraf. Hy het ook op sy dag vir die Ligbloues se senior span in die voorry gesak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Dit is wetenskaplik bewys dat kinders tot op 16-jarige ouderdom slegs met hul eie liggaamsgewig moet oefen. Indien hulle vroe&euml;r in die gimnasium met gewigte begin oefen, sal dit hul groeiplate belemmer,&rdquo; het Kelbrick ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Kelbrick is daar wel spelers wat groter is vanwe&euml; hul genepoel, soos byvoorbeeld die seuns van die Haaie se breier en gewese Bok-skrumskakel, Robert du Preez.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Uys is nou wel groter as Os du Randt vergeleke met toe albei in matriek was, maar hoe vergelyk hy met van ons voorste flanke? Ruben Kruger (99 kg, 1,88 m) in 1988, Andr&eacute; Vos (87 kg, 1,87 m) in 1992, Corn&eacute; Krige (86 kg, 1,87 m), Duane Vermeulen (90 kg, 1,91 m) in 2004 en Heinrich Br&uuml;ssow (90 kg, 1,83 m) in 2004 was almal heelwat ligter as Uys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die bekende TV-aanbieder en rugbykommentator Toks van der Linde, wat self &rsquo;n stewige speler as Springbok was, het as Oos-Vrystaatse Cravenweek-speler in 1986 &rsquo;n skrale 89 kg geweeg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vergeleke met verlede jaar se vier SA Skole-stutte Johan Neethling (120 kg, 1,84 m), Nathan McBeth (108 kg, 1,89 m), Reece Bezuidenhout (108 kg, 1,80 m) en Sazi Sandi (115 kg, 1,81 m) is die Van der Linde van destyds &rsquo;n vulletjie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As daar van groot rugbyspelers gepraat word, kan die naam van Bakkies Botha nie weggelaat word nie. Botha het destyds in sy post-matriekjaar as 19-jarige vir die Valke aan die Cravenweek van 1998 deelgeneem. Hy was reeds &rsquo;n langeraat van 2,02 m, maar het slegs 100 kg geweeg. Botha het die SA Skole-span daardie jaar aangevoer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar se SA Skole-slot Salmaan Moerat het die skaal op 115 kg laat kreun en was 2 cm korter as die Botha van destyds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Onlangse SA Skole-slotte wat soos Botha, langer as 2 m in matriek was, is Eduard Zandberg (115 kg, 2,01 m) en RG Snyman (113 kg, 2,05 m).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Deesdae se skolespelers is nie langer nie, maar hulle is wel 100 keer beter gekondisioneer as toe ek gespeel het.&rdquo; s&ecirc; Jaco Barnard van SportsMax, &rsquo;n vervaardiger en verspreider van sportaanvullings vir skoliere.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Skole se eerste spanne oefen deesdae al soggens voor skool in die gimnasium en het kondisioneringsafrigters. Die outjies volg mekaar ook op sosiale media en weet presies wat elkeen se gewig en lengte is.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Barnard het met &rsquo;n &ldquo;lenige&rdquo; postuur van 89 kg en 1,95 m die SA Skole-span in 1995 as &rsquo;n slot verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ons het by die Afrikaanse &shy;Ho&euml;rskool Kroonstad slegs drie keer &rsquo;n week in die middae geoefen en ek was op skool nooit in &rsquo;n gimnasium nie.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Barnard het tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley vanjaar &rsquo;n foto op sosiale media gedeel waar hy langs Boishaai se o.16-slot Jacques Maingard staan. Maingard is reeds 1,99 m lank en weeg &rsquo;n allemintige 115 kg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gene speel gewis &rsquo;n rol in Maingard se fisieke grootheid, met sy oupa Tiny Neethling wat &rsquo;n Springbok-stut was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Sowat die helfte van alle skoolkinders gebruik aanvullings en ons produkte word in Brittanje getoets om te verseker dat daar geen verbode middels in is nie. Verbode middels is sonder twyfel &rsquo;n probleem in skolerugby in Suid-Afrika. Spelers word slegs op die Cravenweek getoets &ndash; so hulle weet wanneer om op te hou om dit te gebruik.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy voel ook dat kinders nie reeds op 18 of 20 moet probeer om te weeg wat Superrugby-spelers weeg nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Muller Uys het 107 kg geweeg toe hy verlede jaar flank vir die SA Skolespan gespeel het. Dit is 2 kg meer as wat die oud-Bok-stut Os du Randt geweeg het in sy matriekjaar. Du Randt is as &rsquo;n reus beskou toe hy in 1989 en 1990 Cravenweek gespeel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* PJ Botha het die skaal op di&eacute; gewig getrek toe hy as SA Skole-haker gekies is. Die oud-Bok &shy;James Dalton (regs) net 83 kg geweeg toe hy in 1990 die SA Skolespan gehaal het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">*Thomas du Toit het die skaal op di&eacute; gewig getrek toe hy in 2013 in sy matriekjaar vir die Ho&euml;r Jongen&shy;skool Paarl en die Suid-Afrikaanse Skolespan op stut gesak het. Die oud-Bok-stut Toks van der Linde (links) het &rsquo;n (betreklik) skamele 89 kg geweeg toe hy in 1986 in die Cravenweek uitgedraf het.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Springbokke word al lankal nie meer gemaak op &rsquo;n dieet van mieliepap soos &rsquo;n advertensie in die 1980&rsquo;s beweer het nie. Dit is eerder &rsquo;n geval van die gebruik van sportaanvullings en &rsquo;n groter klem op die kondisionering van spelers wat deesdae die murg in die pype van ons toekomstige Bokke sit. Dat skolerugbyspelers deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7674,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7675","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7675","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7675"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7675\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7674"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7675"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7675"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7675"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}