{"id":7676,"date":"2017-06-26T09:10:29","date_gmt":"2017-06-26T09:10:29","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/liggies-en-gimmies-deur-tot-luiperd-eindstryd\/"},"modified":"2017-06-26T09:10:29","modified_gmt":"2017-06-26T09:10:29","slug":"liggies-en-gimmies-deur-tot-luiperd-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7676","title":{"rendered":"Liggies en Gimmies deur tot Luiperd-eindstryd"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-7291\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg\" width=\"591\" height=\"143\" alt=\"31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg 839w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-300x73.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-768x186.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 591px) 100vw, 591px\" \/><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Onthou die naam Bertru Jones, want indien hy op sy vertonings tot dusver vanjaar tydens die 53ste Cravenweek vir ho&euml;rskole volgende jaar kan voortbou sal hy gewis die oog van &lsquo;n hele paar talentwerwers vang.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Jones het gister &lsquo;n driekuns aan drie&euml; in die Ho&euml;rskool Lichtenburg se sege van 55-35 oor Ho&euml;rskool Klerksdorp in die halfeindronde van die Luiperds se Grootskole-liga behaal. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Jones is &lsquo;n groot en sterk vleuel en hardloop boonop ook die 100m in 10.8 sekondes. Die Liggies het van meet af beheer gehad en teen rustyd met die telling op 36-0 in hulle guns was die skrif reeds teen die muur. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Jones en die linkervleuel, Henk Venter, het op die punte heeltemal te veel beweegruimte geniet en elke keer wanner die bal tot by hulle gekom het, het hulle etlike meters veld gewen. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Potchefstroom Gimnasium het ook te veel vrae aan Wesvalia van Klerksdorp in die ander halfeindstryd gevra. Gimmies het op die Mooivallei-veld met 57-33 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se binnester, Edrich Cronj&eacute;, was uitstaande. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Soos verwag was dit nie maklik vir die Ho&euml;r Jongenskool Paarl om sy onoorwonne status sedert 2015 in Suid-Afrika in sy kragmeting teen Boland Landbou op sy tuisveld, Brugstraat in die Paarl, te behou nie. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Boishaai het in &lsquo;n klipharde kragmeting uiteindelik met 38-33 as oorwinnaar uit die stryd getree. Die span se haker, Cullen van der Merwe, het dubbelle driedruk-plesdier ervaar. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Daar is vooraf verwag dat dit &lsquo;n titaniese stryd sou wees na Boland Landbou verlede week op sy tuisveld in die Agter-Paarl vir Paarl Gimnasium met 24-15 in &lsquo;n modderbad verslaan het. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Dit is nie aldag dat &lsquo;n vaskopstut drie keer die doellyn oorstreek nie. Brackenfell se vaskopstut, Ronan Witten, het dit egter Saterdag vermag in sy span se weghol-sege van 79-5 oor Milnerton. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Die Ho&euml;rskool Secunda het behoorlik die haas uit die hoed gepluk deur die Ligbron Akademie op sy tuisveld in Ermelo met 32-29 in die halfeindronde van die Pumas se Grootskole-liga te klop. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Secunda se buitesenter, Guyle le Roux, het &lsquo;n skitterende lopie van net binne Ligbron se helfte in die doodsnikke afgerond om aan sy span &lsquo;n sege van 32-29 te besorg. Ligbron het met die omdraaislag &lsquo;n stewige voorsprong van 17-8 geniet, wat hy kort na rustyd met die wind van agter na 22-8 gerek het. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Secunda het grootliks danksy inklimspel voorlangs met die haker, Cobus Prinsloo, en slot Hannes Erasmus aan die spits terug geveg om die telling met net meer as ses minute oor op 22-elk tot stand te bring. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>In die ander halfeindstryd het die Ho&euml;rskool Ermelo &lsquo;n naelskraapse sege van 26-25 oor Piet Retief behaal. Ermelo en Secunda dring ook deur tot die uitspeelrondes van die Virsekerbeker. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Ben Vorster van Tzaneen se kantman, Franco Oberholzer, het so vir oulaas voor die skoolvakansie vir die Limpopo-keurders tong uitgesteek. Oberholzer het &lsquo;n driekuns aan drie&euml; in sy span se oortuigende oorwinning van 42-12 oor Ellisras in die halfeindronde van die Limpopo Grootskole-liga in Thabazimbi behaal. Oberholzer is twee jaar gelede goed genoeg vir die unie se Grant Khomo-span (o.16) geag, maar kon nie vanjaar een van Limpopo se spanne na die nasionale weke haal nie. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>In die ander halfeindstryd het die tuisspan, Frikkie Meyer, nie veel probleme ondervind om die Ho&euml;rskool Pietersburg met 32-14 die loef af te steek nie. Ben Vorster en Frikkie Meyer het met die oorwinning nie net &lsquo;n afspraak met mekaar in die eindstryd vasgemaak nie, maar ook hul plekke in vanjaar se uitspeelrondes van die Virsekerbeker vir Grootskole verseker. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>In die Valke se Grootskole-halfeindronde het Driehoek van Vanderbijlpark en Dr. Malan van Meyerton tot die eindstryd deurgedring. Driehoek het sy halfeindstryd teen Hans Moore van Benoni in &lsquo;n opwindende wedstryd met 46-44 gewen. Dr. Malan het die bordjies teen Vereeniging Gimnasium met 20-14 verhang. Na sy nederlaag teen Gimmies in die rondomtalie-afdeling het<\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dr. Malan sake in die halfeindstryd beheer. Dit was veral sy agsteman, Izandro Venter, en skrumskakel, Brandon Steyn, wat met hulle verdediging goud vir hul span werd was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Monument van Krugersdorp het nou wel nie op alle silinders in sy sege van 59-20 oor die Ho&euml;rskool Rustenburg gevuur nie, maar die oorwinning was meer as genoeg om sy ligaverpligtinge in die Leeus\/Valke en Luiperds-liga vir Makroskole onoorwonne af te sluit. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Die wenspan se Cravenweek-losskakel, Luke Rossouw, het vanuit die middelveld drie keer die doellyn oorgesteek. In nog &lsquo;n Makroskole-wedstryd het Marais Viljoen net-net daarin geslaag om Hugenote van Springs met 33-32 te klop. <\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span>&nbsp;<\/span><span>Op die Vrystaat se jaarlikse Bondedag op Grey-kollege se velde het die Vrystaatse o.18-span sy eweknie van die Griffons met 47-14 in die hoofwedstryd verslaan. Griekwas se o.18-span het sy rieme met 20-27 teen die Vrystaatse Akademie-span vasgeloop.<\/span><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Poubloues se losskakel, Charles Williams, was uitstaande, terwyl die kaptein en agtsteman, Edrich Brand, ook goed vertoon het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Leeus &ndash;<\/strong> Makros: Monument 59, Ho&euml;rskool Rustenburg 20; Marais Viljoen 33, Hugenote (Springs) 22.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Limpopo &ndash;<\/strong> <strong>Groot:<\/strong> Ben Vorster 42, Ellisras 12; Frikkie Meyer 32, Pietersburg 14. Medium: Hans Strijdom 58, Nylstroom 6. Middel: Eric Louw 32, Warmbad 28.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds &ndash; Groot:<\/strong> Lichtenburg 55, Ho&euml;rskool Klerksdorp 35; Potchefstroom Gimnasium 57, Wesvalia 33. Middel: Schweizer-Reneke 24, HTS Rustenburg 8; Zeerust 15, Wolmaransstad 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas &ndash; Groot:<\/strong> Secunda 32, Ligbron 29; Ermelo 26, Piet Retief 25.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke &ndash; Groot:<\/strong> Dr. Malan 20, Vereeniging Gimnasium 14; Driehoek 46, Hans Moore 44. Medium: Brandwag (Benoni) 24, John Vorster (Nigel) 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood 34, Maritzburg College 17; Grey High School 43, HTS Dani&euml;l Pienaar 25; Westville Boys&rsquo; High 27, Kearsney College 17; St Andrew&rsquo;s College 29, Muir College 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho&euml;r Jongenskool Paarl 38, Boland Landbou 33; SACS 37, Wynberg Boys&rsquo; High 20; Rondebosch Boys&rsquo; High 32, Bishops 19; Brackenfell 79, Milnerton 5.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onthou die naam Bertru Jones, want indien hy op sy vertonings tot dusver vanjaar tydens die 53ste Cravenweek vir ho&euml;rskole volgende jaar kan voortbou sal hy gewis die oog van &lsquo;n hele paar talentwerwers vang. &nbsp;Jones het gister &lsquo;n driekuns aan drie&euml; in die Ho&euml;rskool Lichtenburg se sege van 55-35 oor Ho&euml;rskool Klerksdorp in die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7291,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7676","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7676","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7676"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7676\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7291"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7676"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7676"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7676"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}