{"id":7683,"date":"2017-07-02T08:27:45","date_gmt":"2017-07-02T08:27:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/appollis-speel-noordvaal-bondedag-aan-die-brand\/"},"modified":"2017-07-02T08:27:45","modified_gmt":"2017-07-02T08:27:45","slug":"appollis-speel-noordvaal-bondedag-aan-die-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7683","title":{"rendered":"Appollis speel Noordvaal Bondedag aan die brand"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7566\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis.jpg\" width=\"384\" height=\"256\" alt=\"NewsGDiegoAppollis\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis.jpg 1080w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/05\/NewsGDiegoAppollis-768x512.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 384px) 100vw, 384px\" \/>Diego Appollis het vir die magic gesorg sodat die Blou Bulle se o.18-span sy eweknie van die Vrystaat met 34-30 in die hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld hier kon klop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Appollis het &lsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal, maar dit was veral sy lakwerk wat ook be&iuml;ndruk het. Hy het vanuit die laaste vesting die Vrystaters behoorlik laat bontstaan. &#8216;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het Jaco Labuschagn&eacute; met &lsquo;n paar stormram-lopies die Vrystaters op die agtervoet gedwing. Al teenvoeter wat die manne van Bloemfontein daarvoor gehad het, was sy voorryman Herman Aggenbag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat het sy terugveg-poging net te laat begin. Die vleuel Henk Cilliers en agtsteman, Arno Nieuwoudt, het in die laaste twee minute gaan druk om aansien aan die besoekers se poging te gee. Die Vrystaat kon die wedstryd waarskynlik deurgehaak het indien sy losskakel, Christopher Schreuder, &lsquo;n beter dag met sy stelskopwerk beleef het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus sal nie vanjaar net die gasheer van die 53ste Coca-Cola Cravenweek op St Stithians College se velde in Johannesburg wees nie. Hulle sal ook sterk aanspraakmakers wees op die titel as nie-amptelike kampioen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het nie net hard gebrul op die Bondedag nie, maar ook die Griffons met 76-21 gebyt. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses het eerste bloed geruik met skaars &lsquo;n minuut verstreke in die wedstryd toe sy binnesenter, Dealin Jafta, vir die eerste drie van die wedstryd oorgeduik het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos verlede jaar se stryd tussen die twee spanne op die Bondedag was hardlooprugby eerste op die prioriteitslys. Die Leeus het 11 drie&euml; ingeryg waarvan die vleuel David Cary en die agtsteman en kaptein, Travis Gordon, albei twee gedruk het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooibontes se flank PJ &ldquo;Pot&rdquo;Jacobs het soos gewoontlik &lsquo;n paar manne hard met Moeder aarde laat kennis maak, terwyl hy ook &lsquo;n paar kragtige lopies ingekry het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Pumas se buitesenter, Siphesihle Mthethwa, het &lsquo;n uitmuntende vertoning in sy span se oorwinning van 31-17 oor Grens met twee drie&euml; afgerond. Hy het Grens se verdediging behoorlik beproef elke keer wat hy besluit het om op die aanval te gaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan egter nie veel in Grens se vertoning gelees word nie met al die spelers van Selborne College, Dale College en Queen&rsquo;s College wat nie beskikbaar vir die Bondedag was nie. Die drie skole neem aan die jaarlikse Kaapse-skoleweek deel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne het in sy wedstryd teen SACS met 13-17 vasgeval, terwyl Queen&rsquo;s College naelskraaps teen Wynberg Boys&rsquo; High met 24-22 baas was. Dale College het 27-elk gelykop in &lsquo;n wipplank-stryd teen Rondebosch Boys&rsquo; High gespeel. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg het Muir College met 40-10 kaf gedraf, terwyl Grey High School vir naelskraaps met 18-17 oor Boland Landbou klaargespeel het.<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-7682\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGValke.jpg\" width=\"420\" height=\"280\" alt=\"NewsGValke\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" \/><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Valke se proefneming om sy kaptein, Ruben Beytell, op skrumskakel teen die Limpopo Blou Bulle in te span nie te&nbsp;<\/span><span style=\"color: #000000;\">geslaagd was nie, was die blondekop steeds die beste speler in sy span se oorwinning van 42-14 op die Bondedag.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Beytell se diens was nie suiwer en sekuur aan die agterlyn nie, maar hy was weer toe hy op losskakel inskuif &lsquo;n doring in die vlees. Hy het toe twee keer &lsquo;n draai agter die doellyn gaan maak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds se losskakel, Hanru van Rooyen, was saam met sy kaptein en flank, Andr&eacute; Fouch&eacute;, en heelagter, Bertru Jones, aan die voorpunt van hulle sege van 33-10 oor Grens Akademie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KwaZulu-Natal se slot JJ van der Mescht sal nie maklik uit vanjaar se SA Skole-span gelaat kan word nie. Hy was saam met die flank Dylan Kruger, aan die voorpunt van hul span se oorwinning van 35-11 oor Boland. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle 34 (17) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Diego Appollis (3), Giovan Snyman, James Combrinck. Doelskoppe: Ulrich Maritz (3). Strafdoel: Maritz. <strong>Vrystaat 30 (8) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Henk Cilliers (2), Janco van Heyningen, David Kriel, Arno Nieuwoudt. Doelskop: Christopher Schreuder. Strafdoel: Schreuder. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Goue Leeus 76 (31) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: David Cary (2), Travis Gordon (2), Morn&eacute; Brandon, Keagan Glade, Tino Swanepoel, Marc Morrison, Luke Rossouw, Tinus Combrinck, Muli Manyike. Doelskoppe: Kennedy Mpeku (9). Strafdoel: Mpeku. <strong>Griffons 21 (7) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Dealin Jafta, Owen Kleynhans, Jason Wagman. Doelskoppe: Andrew Kota (3). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas 31 (12) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Siphesihle Mthethwa (2), Tshepo Malumane, Bondumenzi Dlamini, Damian Losper. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3). <strong>Grens 17 (10) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Bulelani Ngaki (2). Doelskoppe: Thabang Maifo (2). Strafdoel: Maifo. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KwaZulu-Natal 35 (14) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Sanele Nohamba, Rynhardt Jonker, Dylan Kruger, Jaden Hendrikse, Morn&eacute; van Rensburg. Doelskoppe: Hendrikse (2), Nohamba (2). Strafdoel: Nohamba.<strong> Boland 11 (6) &ndash;<\/strong> Drie: Rune Lucas. Strafdoele: JP Viviers (2). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke 42 (18) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Ruben Beytell (2), Elrich Louw, Dwayne Fourie, Wesley Noeth, Carson Koekemoer. Doelskoppe: JP Pieterse (3). Strafdoele: Schwartz (2). <strong>Limpopo Blou Bulle 14 (7) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Renier Gerber, Vincent Roos. Doelskoppe: Karel-Johan Limach (2). <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds 33 (26) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Bertru Jones (2), Hanru van Rooyen, Lohan Jahns, Andr&eacute; Fouch&eacute;. Doelskoppe: Van Rooyen (4). <strong>Grens Akademie 10 (5) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Matthew Thompson, Kagiso Ngashosho.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Diego Appollis het vir die magic gesorg sodat die Blou Bulle se o.18-span sy eweknie van die Vrystaat met 34-30 in die hoofwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld hier kon klop. Appollis het &lsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal, maar dit was veral sy lakwerk wat ook be&iuml;ndruk het. Hy het vanuit die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7566,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7683","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7683","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7683"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7683\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7683"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7683"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7683"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}