{"id":7755,"date":"2017-07-23T07:39:39","date_gmt":"2017-07-23T07:39:39","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/leeus-na-wag-weer-koning-van-die-cravenweek\/"},"modified":"2017-07-23T07:39:39","modified_gmt":"2017-07-23T07:39:39","slug":"leeus-na-wag-weer-koning-van-die-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7755","title":{"rendered":"Leeus na wag weer koning van die Coca-Cola Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7753\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGMarcMorrison.jpg\" alt=\"NewsGMarcMorrison\" width=\"364\" height=\"308\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGMarcMorrison.jpg 691w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGMarcMorrison-300x254.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 364px) 100vw, 364px\" \/>Die lang wag is oor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na die Goue Leeus se o.18-rugbyspan vyf keer &ldquo;strooijonker&rdquo; moes speel het hulle vir die eerste keer sedert 2005 daarin geslaag om as nie-amptelike kampioen van die jaarlikse Coca-Cola Cravenweek-toernooi vir ho&euml;rskole gekroon te word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het vir KwaZulu-Natal met 45-18 in die hoofwedstryd op St Stithians College se Baytopp-veld hier verslaan om die kroon te dra. Die Leeus, wat laas in 2005 in Bloemfontein in die hoofwedstryd aan die wenkant was, het sedertdien voor gister vyf keer in die hoofwedstryd van die week die knie gebuig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus se heelagter, Kennedy Mpeku, het &lsquo;n goeie toernooi met &lsquo;n persoonlike bydrae van 20 punte met die skopskoen afgesluit. Die tuisspan se groot helde in die hoofwedstryd was egter die stut Asenathi Ntlabakanya, flank Mark Snyman en die twee vleuels, David Cary en Tino Swanepoel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KwaZulu-Natal was Saterdag vir die eerste keer in 27 jaar in die hoofwedstryd in aksie. Die Piesangboere se skrumskakel Sanele Nohamba en senter Conan le Fleur het met eer uit die stryd getree. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat was duidelik omgesukkel oor hy vir die hoofwedstryd oorgesien is. Die span het die Westelike Provinsie met 54-31 verslaan om die toernooi onoorwonne af te sluit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP en die Leeus het op die derde dag van die toernooi met 13-elk gelykop gespeel. Die Vrystaat het &lsquo;n rekord van 198 punte in sy drie wedstryde in die Goudstad aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se losskakel, Christopher Schreuder, het met 63 die naasmeeste punte aangeteken. Hy het teen die WP &lsquo;n bydrae van 19 punte gelewer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die senter Henk Cilliers het ook met sy vertoning dit duidelik gemaak dat hy &lsquo;n sterk aanspraakmaker op &lsquo;n plek in die SA Skole-span behoort te wees. <\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-7754\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/NewsGDeWetMarais.jpg\" alt=\"NewsGDeWetMarais\" width=\"416\" height=\"382\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" \/><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die WP het sy vleuel Angelo Davids twee goeie drie&euml; gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas het vir die eerste keer sedert 2001 daarin geslaag om die gesogte toernooi ook onoorwonne af te sluit. Die Poubloues het die Limpopo Blou Bulle, wat die laaste dag ook met &lsquo;n onoorwonne status betree het, met 57-34 verslaan. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se haker, Rory Leijdekkers, het soos regdeur die week weer in die los gewoel en drie keer gaan druk. Die speler wat egter vermelding verdien is die kaptein en agtsteman, Edrich Brand. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Limpopo se buitesenter, Vincent Roos, het ook &lsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Poubloues se span van 2001 was die Springbok Franco van der Merwe en voormalige Cheetahs en Kings senter, Ronnie Cooke. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas se losskakel, Charles Williams, het 59 van sy span se 159 punte tydens die toernooi aangeteken. Dit is die meeste punte deur &lsquo;n speler van di&eacute; unie op die toernooi en verbeter die rekord van 50 punte wat in 2008 deur Johandr&eacute; van der Walt opgestel is. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds kon nou wel nie die toernooi onoorwonne afsluit na hulle oor die laaste hekkie met 26-29 teen die Oostelike Provinsie gestruikel het nie, maar sy losskakel, Hanru van Rooyen het die week met sy 70 punte as die voorste puntemaker afgesluit. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Griekwas se Cameron Hufke het verlede jaar die punterekord vir &lsquo;n toernooi tot 72 opgestoot en Van Rooyen het diot vanjaar net-net misgeloop. Van Rooyen het 19 van sy span se punte teen die OP aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke se losskakel, Ruben Beytell, het die toernooi as die voorste driedrukker afgesluit. Hy het twee keer in sy span se oorwinning van 43-41 oor Griekwa-platteland gedruk om sy totaal tot sewe drie&euml; tot stand te bring.&nbsp;Beytell het vanjaar vir sy skoolspan, EG Jansen van Boksburg, 21 drie&euml; ingeryg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle se buitesenter, Marnus Potgieter, het met &lsquo;n driekuns aan drie&euml; gesorg dat sy span darem &lsquo;n positiewe herhinnering van die Cravenweek van 2017 sal oorhou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Bulle het hulle enigste oorwinning op vanjaar se toernooi op een van die buitevelde van St Stithians oor Grens (45-40) Saterdag behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grens-platteland is nou tien jaar sonder &lsquo;n sege op die toernooi. Die span het op die laaste dag &lsquo;n loesing van 70-0 teen OP-platteland op die lyf geloop. Die wenspan se haker, Dean Jenkins, het drie keer die doellyn oorgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Cravenweek van 2017 sal gewis nie eendag vir die verdediging tydens die toernooi onthou word nie. Daar is vanjaar &lsquo;n record aantal punte en drie&euml; aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die nasionale Akademie-week is die Westelike Provinsie se oorheersing tot &lsquo;n einde deur die Blou Bulle gebring. Die Ligbloues het die Streeptruie met 49-37 in die hoofwedstryd van die week streepsuiker gegee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">WP was in die vorige drie jaar die nie-amptelike kampioen en was voor die toernooi in tien jaar slegs twee keer in 30 wedstryde aan die verloorkant.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Goue Leeus 45 (11) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Tino Swanepoel, Franco Schutte, David Cary, Mark Snyman, PJ Jacobs. Doelskoppe: Kennedy Mpeku (4). Strafdoele: Mpeku (4). <strong>KwaZulu-Natal 18 (18) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Conan le Fleur, Cham Zondeki. Doelskop: Sanele Nohamba. Strafdoele: Nohamba (2).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Vrystaat 54 (29) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Henk Cilliers (2), Wyclef Vlitoor (2), Marcel Theunissen, Arno Nieuwoudt, Janco van Heyningen. Doelskoppe: Christopher Schreuder (5). Strafdoele: Schreuder (2). Skepdoel: Schreuder. <strong>Westelike Provinsie 33 (26) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Angelo Davids (2), Thaakir Abrahams, Muller du Plessis, Duren Hoffman. Doelskoppe: Quan Eymann (3), Hoffman.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Suidwestelike Distrikte 49 (14) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Hanu Heunis (2), Clyde Lewis (2), Daniel van der Berg, Joshua Hermanus, James Mollentze. Doelskoppe: Mollentze (7). <strong>Pumas 36 (17) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Renier Troskie, Joao Cristovam, Stephan van der Bank, Prince Nkabinde. Doelskoppe: Van der Bank (4). Strafdoel: Van der Bank.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Oostelike Provinsie 29 (15) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Bevan Prinsloo, Rodwill Baaitjies, Waqar Solaan, Kholiwe Konza. Doelskoppe: Baatjies (2), Dylan le Roux. Strafdoel: Le Roux. <strong>Luiperds 26 (5) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Hanru van Rooyen (2), Gerald Nokama, Gustav van Staden. Doelskoppe: Van Rooyen (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Griffons 42 (22) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: CJ Sheppard, Carl Senyane, Georgen Kiewiet, Andrew Kota, Owen Kleynhans. Doelskoppe: Kota (4). Strafdoele: Kota (3). <strong>Boland 12 (0) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Michael Goodall, Shaun Baxter. Doelskop: JP Viviers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke 43 (29) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Elrich Louw (2), Carson Koekemoer (2), Ruben Beytell (2), Wesley Noeth. Doelskoppe: Dylan Schwartz (4). <strong>Griekwa-platteland 41 (17) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Hennie van der Westhuizen (2), Nakkie Duvenhage, Lourens de Jager, Sebastiaan Jobb, Winston van Wyk. Doelskoppe: Iwan Lombard (4). Strafdoel: Lombard.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Griekwaland-Wes 57 (33) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Rory Leijdekkers (3), Timothy Harding (2), Jeffrey Muzaza, Charles Williams, Ramon Sauls, Rowie Malgas. Doelskoppe: Williams (6). <strong>Limpopo Blou Bulle 34 (10) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Vincent Roos (3), Noko Malatji, Reece Wynne, Philip Apea-Adu. Doelskoppe: Jan-Karel Limbach, Wynne.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Namibi&euml; 45 (31) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Marco Beukes (2), Delron Brandt (2), Denna Bruwer, Gilad Plaatjies. Doelskoppe: Brandt (6). Strafdoel: Brandt.<strong> Zimbabwe 21 (14) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Jack Charsley, Ronald Mirimi, Mazvitaishe Nyamarebvu. Doelskoppe: Dillon Brain (3).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle 45 (26) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Marnus Potgieter (3), Diego Appollis (2), Giovan Snyman, Orateng Koikanya. Doelskoppe: Ulrich Maritz (5). <strong>Grens 40 (19) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Cole Haggard (2), Geoffrey Ross, Siphamandla Matsinya, Mitchell Connellan, Sinethemba Qeshile. Doelskoppe: David Coetzer (5).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OP-platteland 70 (39) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Dean Jenkins (3), Matt Robertson (2), Chulumankco, Jaco Vorster, Jay-Jay Human, Ralph Koster, Sive Nako, Vivan Kapp, Jack Allanson. Doelskoppe: Nevaldo Fleurs (4), Koster. <strong>Grens-platteland 0<\/strong>.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die lang wag is oor. Na die Goue Leeus se o.18-rugbyspan vyf keer &ldquo;strooijonker&rdquo; moes speel het hulle vir die eerste keer sedert 2005 daarin geslaag om as nie-amptelike kampioen van die jaarlikse Coca-Cola Cravenweek-toernooi vir ho&euml;rskole gekroon te word. Die Leeus het vir KwaZulu-Natal met 45-18 in die hoofwedstryd op St Stithians College se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7753,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7755","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7755","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7755"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7755\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7753"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7755"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7755"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7755"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}