{"id":7757,"date":"2017-07-25T07:24:38","date_gmt":"2017-07-25T07:24:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/oud-bokke-se-dogters-skitter-op-netbalbaan\/"},"modified":"2017-07-25T07:24:38","modified_gmt":"2017-07-25T07:24:38","slug":"oud-bokke-se-dogters-skitter-op-netbalbaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7757","title":{"rendered":"Oud-Bokke se dogters skitter op netbalbaan"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"\/NewsGKailahFerreira.jpg\" alt=\"NewsGKailahFerreira\" width=\"336\" height=\"318\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Hoewel rugby en netbal hemelsbreed as sporte verskil, was dit na afloop van die jaarlikse interprovinsiale netbalkampioenskap (o.13-o.18) in Boksburg duidelik dat die appel nie ver van die boom val as dit by die twee sporte kom nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee voormalige Springbok-rugbyspelers, Kulu Ferreira en Hannes Strydom se dogters Kailah Ferreia (links) en Lucy Strydom is na afloop van die toernooi in die Suid-Afrikaanse o.17-netbalspan ingesluit. &nbsp;Die Suid-Afrikaanse Skole Netbal-vereniging (SASN) het tydens die kampioenskap die voorste spelers in die o.17 en o.18 ouderdomsgroepe identifiseer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lucy Strydom is die land se voorste skolespan, die Ho&euml;rskool Menlopark, se hulpdoel. Haar pa Hannes het op slot vir die se&euml;vierende Springbokke in die W&ecirc;reldbeker-toernooi van 1995 gesak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pa Hannes is baie trots en s&ecirc; sy sportagtergrond het hom gehelp om die waardevolle lesse wat hy op die sportveld geleer het oor te dra aan sy kinders.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ek kom van &lsquo;n sport agtergrond en het vroeg in my lewe die waardevolle lesse wat ek in sport geleer het oorgedra aan my kinders.&nbsp;Sport het ons geleer dat die lewe soms &lsquo;n wipplank kan wees en dat sport ons geleer het om weer op te staan na terugslae.&nbsp; Sport het my in staat gestel om my kinders te leer om die beste te wees in elke aspek van hul lewens en om dit wat hul doen te geniet,&rdquo; s&ecirc; Hannes.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lucy, wat ook &lsquo;n kranige diskus-atleet is, skryf haar sukses toe aan &lsquo;n wonderlike ondersteuningsnetwerk en heelwat rolmodelle. &nbsp;Sy s&ecirc; elkeen motiveer haar op &lsquo;n unieke wyse: &ldquo;My ma het provinsiale netbal gespeel en my sussie het ook SA kleure in netbal verwerf. &nbsp;Passie vir netbal loop definitief in die gene. My pa s&ecirc; altyd: &#8220;Wees die beste Lucy wat jy kan wees&#8221; en dit motiveer my om my absolute beste te gee tot eer van God wat my gese&euml;n het met my talente. My afrigter, Mnr. Manny Ferreira, motiveer my deur vir my die heel beste afrigting te bied.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kulu Ferreira het in 1984 langs die kant van die Springbok-skrum gesak. Sy dogter, Kailah Leigh word as die beste o.17 aanvallende vleuel in die Vrystaat beskou en is verbonde aan die Oranje Meisiekool in Bloemfontein.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kailah het vir haarself &lsquo;n doelwit gestel om een van die 35 spelers te wees wat genooi is om aan die proewe deel te neem, maar haar verkiesing tot die nasionale span was &lsquo;n groot verrassing.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ek het net rustig geraak voor die proewe begin het, en het besef dat dit een van daardie oomblikke in mens se lewe is wat jy met albei hande moet aangryp.&nbsp; Ek het werklik my hart uitgespeel en nie opgegee op enige geleentheid om vir die bal te veg nie,&rdquo; verduidelik Kailah.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7756\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/07\/SAu17Team.jpg\" alt=\"SAu17Team\" width=\"340\" height=\"226\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Pa Kulu straal van trots as hy oor sy dogter praat: &ldquo;Mens kan maar net trots en baie dankbaar wees wanneer jou kinders presteer.&nbsp; Sy oefen hard en is toegewyd en sy begin die vrugte daarvan pluk,&rdquo; s&ecirc; hy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kailah s&ecirc; haar pa is soos haar sportsielkundige aangesien hy reeds deur al die goeie en uitdagende asekte van kompeterende sport belangrike lewenslesse geleer het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Hy het ons van kleins af geleer dat wat jy insit sal jy uitkry, en ek glo dit beslis,&rdquo; s&ecirc; Kailah.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span neem in Mei 2018 aan &lsquo;n internasionale kompetisie deel wat by die Universiteit van Pretoria plaasvind. &nbsp;Spanne van onder andere Australi&euml;, Nieu Seeland, Fiji en Engeland sal aan die toernooi deelneem.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Die nasionale o.17-span is:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Amy Watkins (Jan van Riebeeck), Kailah Ferreira (Oranje), Michelle Groves (Outeniqua), Nonkululeko Hlophe (Newcastle), Chantelle Hutton (Oranje), Heidi Kuzatjike (Noorder Paarl), Thulisile Maduna (Nhlanhlayethu), Kwanele Mchumu (Alexandria High), Chinyre Omele (Bosmandam), Ancia Pienaar (Lutzville), Nicola Smith (Durbanville), Lucy Strydom (Menlopark).<\/span>&nbsp;<\/p>\n<p><em><span style=\"color: #000000;\"><strong>Photo Credit: Kulu Ferreira<\/strong><\/span><\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel rugby en netbal hemelsbreed as sporte verskil, was dit na afloop van die jaarlikse interprovinsiale netbalkampioenskap (o.13-o.18) in Boksburg duidelik dat die appel nie ver van die boom val as dit by die twee sporte kom nie. Twee voormalige Springbok-rugbyspelers, Kulu Ferreira en Hannes Strydom se dogters Kailah Ferreia (links) en Lucy Strydom is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7757","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7757\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}