{"id":7784,"date":"2017-08-13T08:57:56","date_gmt":"2017-08-13T08:57:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/centurion-skok-eg-jansen-vir-plek-in-virsekerbeker-halfeind\/"},"modified":"2017-08-13T08:57:56","modified_gmt":"2017-08-13T08:57:56","slug":"centurion-skok-eg-jansen-vir-plek-in-virsekerbeker-halfeind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7784","title":{"rendered":"Centurion skok EG Jansen vir plek in Virsekerbeker halfeind"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7783\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGEathanWentzel.jpg\" width=\"412\" height=\"246\" alt=\"NewsGEathanWentzel\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGEathanWentzel.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGEathanWentzel-300x180.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGEathanWentzel-768x460.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 412px) 100vw, 412px\" \/>Dit was &lsquo;n geskiedkundige dag vir die Ho&euml;rskool Centurion met sy eerste rugbyspan wat vir die grootste opskudding gister gesorg het deur EG Jansen van Boksburg met 33-26 in die kwarteindronde van die Virsekerbeker vir Makroskole uit te skakel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion se eerstespan het hiermee vir die eerste keer in die skool se geskiedenis daarin geslaag om tot die halfeindronde van die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika deur te dring. Die Virsekerbeker het voorheen as die Administrateursbeker en Beeldtrofee bekend gestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion se groot held was sy losskakel, Eathan Wentzel, wat met sy skopskoen spel dikteer het. Hy het ook met sy stelskopwerk die telbord aan die rol gehou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion is in 1967 gestig as die Ho&euml;rskool Lyttleton en het ook later as Verwoerdburg bekend gestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wentzel kan wel vandag elk van sy span se pak voorspelers &lsquo;n klop op die skouer gee. Dit was hulle wat met hul inklimspel gehalte balbesit aan hom verskaf het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Woeries se flank en kaptein, Lian du Toit, het sy span voorlangs aangevuur. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen se span wat daarvoor bekend is dat hy oor &lsquo;n fisieke agttal beskik moes voorlangs &lsquo;n reuse aanslag trotseer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Jansies het sy plaasvervanger-flank, Jonathan O&rsquo;Neill, goed vertoon. Die Jansies was verlede jaar die naaswenner en het sonder twyfel as die gunsteling op die veld gedraf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion sal volgende Saterdag na Mbombela moet reis om Ho&euml;rskool Nelspruit die stryd in die halfeindronde aan te s&ecirc;. Nelspruit se Rhinos het Menlopark met 36-0 behoorlik laat les ops&ecirc; in hulle kwarteindstryd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verdedigende kampioen, Garsfontein, moes hard werk om Kempton Park met 37-27 in nog &lsquo;n kwarteindstryd te klop. Garsies se haker, Stephen Billings, was woelig voorlangs. Kempies het nooit gaan l&ecirc; nie en heeltyd vir Garsfontein op sy tone gehou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Middelburg moes Monument self sweet om HTS Middelburg met 19-13 te klop. Monnas en Garsfontein sal mekaar volgende Saterdag in die halfeindronde ontmoet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was &lsquo;n klipharde wedstryd en Monnas se senter Luke Rossouw asook die Rooi Bulle se vleuel Andr&eacute; van der Merwe is na &lsquo;n onderonsie met rooikaarte van die veld gejaag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Virsekerbeker se Grootskole-afdeling is dit duidelik dat Helpmekaar en Transvalia nie sommer vanjaar gestuit sal word nie. Helpies se buitesenter, Jeremy Randell, het sy terugkeer met &lsquo;n driekuns aan drie&euml; in sy span se oorwinning van 45-10 oor Dr. Malan van Meyerton gevier. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpies sal nou in die halfeindronde teen Oos-Moot te staan kom. Oos-Moot het in &lsquo;n senutergende kragmeting op sy tuisveld met 37-33 oor Frikkie Meyer van Thabazimbi gese&euml;vier. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het nie veel probleme ondervind om Dinamika met 64-0 kaf te draf nie. Transvalia sal in die ander halfeindstryd vir Potchefstroom Gimnasium pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potch Gimmies het &lsquo;n goeie sege van 29-25 oor Secunda weg van die huis behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Middelskole-afdeling het twee van die vroe&euml; gunstelinge, Schweizer-Reneke en Zeerust, in die stof gebyt. Zeerust het sy rieme met 32-29 teen Belvedere styfgeloop, terwyl Schweizer-Reneke met 33-18 teen Steelcrest vasgeval het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool van Pretoria moes veel harder as die afgelope paar jaar werk om met 36-20 oor Pretoria Boys&rsquo; High in die oudste interskole in Pretoria koning te kraai. Affies het tydens die vorige twee kragmetings tussen die skole elke keer rekordseges behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha is die Vrystaatse A-liga kampioen na hy Jim Fouch&eacute; met 35-21 in die eindstryd verslaan het. Louis Botha het teen rustyd reeds &lsquo;n gerieflike voorsprong van 28-0 opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Vrystaatse B-liga het St Andrew vir Brandfort met 40-21 geklop om sy plek in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga te bespreek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege sal die Vrystaat in die Shimla-liga verteenwoordig. Die span sal op sy tuisveld teen Diamantveld te staan kom. Grey het Glenwood met 83-10 in die Rosestad verniel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Noord-Kaap sal in die ander halfeindronde van die Shimla-liga teen die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad te staan kom. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">AHS Kroonstad oftewel Rooiskool het met 22-elk gelykop teen Witteberg van Bethlehem in die Griffon-eindstryd gespeel. Witteberg kon egter nie nader aan die titel kom as wat hy gister was nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool het die trofee omhoog gehou na albei spanne drie drie&euml; in die eindstryd gedruk het en albei ook met 30 ligapunte na die uitklopfase gespog het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool is toe as gevolg van die volgende kriteria wat die uitslag van die liga-wedstryd tussen die twee spanne as kampioen gekroon. Hy het die wedstryd met 17-7 gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College het sy 125ste kragmeting teen Dale College met 33-25 in hul jaarlikse Classic Clash gewen. Selborne sal belangrike selfvertroue na &lsquo;n moeilike tyd uit die sege voor sy laaste kragmeting van die seisoen teen Grey High put. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Wes-Kaap was Paul Roos Gimnasium met 33-24 oor Boland Landbou baas, terwyl Outeniqua met 88-17 oor Durbanville baas was. Die Kwaggas se losskakel, James-Henry Mollentze, het 33 van sy span se punte met &lsquo;n driekuns aan drie&euml; en nege doelskoppe aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg is na gister ook sonder twyfel die voorste Premier B-liga skool na hy Brackenfell met 41-11 kaf gedraf het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vriendskaplik: Affies 36, Pretoria Boys&rsquo; High 20; Jeppe 20, Parktown Boys&rsquo; High 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER KWARTEINDRONDE<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Makroskole:<\/strong> Monument 19, HTS Middelburg 13; Centurion 33, EG Jansen 26; Nelspruit 36, Menlopark 0; Garsfontein 37, Kempton Park 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grootskole:<\/strong> Potchefstroom Gimnasium 29, Secunda 25; Oos-Moot 37, Frikkie Meyer 33; Transvalia 64, Dinamika 0; Helpmekaar 45, Dr. Malan 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Mediumskole:<\/strong> Hoogenhout 32, Bergsig Akademie 29; Bekker 21, Stoffberg 5; Brandwag (Benoni) 38, Trinityhouse 34; Die Wilgers 15, Hans Strijdom 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Middelskole:<\/strong> Frans du Toit 40, Cullinan 13; Belvedere 32, Zeerust 29; Steelcrest 33, Schweizer-Reneke 18; Allen Glen 27, Parys 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kleinskole:<\/strong> Curro Heuwelkruin 60, Sannieshof 0; Curro Roodeplaat 22, Hendrina 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Louis Botha 35, Jim Fouch&eacute; 21; AHS Kroonstad 22, Witteberg 22; Grey-kollege 83, Glenwood 10; Hoopstad 42, Bultfontein 10; Riebeeckstad 36, Ficksburg 13; St. Andrew 40, Brandfort 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selborne College 33, Dale College 25; Brandwag (Uitenhage) 36, Nico Malan 13; Queen&rsquo;s College 31, Ho&euml;rskool Grens 10; Graeme College 29, Muir College 3.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium 33, Boland Landbou 24; Outeniqua 88, Durbanville 17; Stellenberg 41, Brackenfell 11; Rondebosch Boys&rsquo; High 25, Wynberg Boys&rsquo; High 16; Bishops 15, SACS 12; Montagu 17, Charlie Hofmeyr 11; Hugenote 74, Labori 10; Ho&euml;rskool Bellville 96, Tygerberg-klub 0; Dirkie Uys 22, Vredendal 22; Hermanus 27, Strand 5; Bredasdorp 34, Swellendam 13; DF Malan 41, Kasselsvlei 9; Tygerberg 26, De Kuilen 5; Worcester Gimnasium 25, Vredenburg 8; Table View 42, President 26; Punt 28, Despatch 10; HTS Drostdy 37, Diamantveld 28.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was &lsquo;n geskiedkundige dag vir die Ho&euml;rskool Centurion met sy eerste rugbyspan wat vir die grootste opskudding gister gesorg het deur EG Jansen van Boksburg met 33-26 in die kwarteindronde van die Virsekerbeker vir Makroskole uit te skakel. Centurion se eerstespan het hiermee vir die eerste keer in die skool se geskiedenis daarin geslaag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7783,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7784","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7784","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7784"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7784\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7783"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7784"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7784"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7784"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}