{"id":7802,"date":"2017-08-20T07:22:09","date_gmt":"2017-08-20T07:22:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-trek-gutsy-sege-deur-terwyl-die-kwaggas-steeds-gim-se-baas-is\/"},"modified":"2017-08-20T07:22:09","modified_gmt":"2017-08-20T07:22:09","slug":"grey-trek-gutsy-sege-deur-terwyl-die-kwaggas-steeds-gim-se-baas-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7802","title":{"rendered":"Grey trek gutsy-sege deur en die Kwaggas steeds Gim se baas is"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7801\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGDavidCary.jpg\" alt=\"NewsGDavidCary\" width=\"357\" height=\"233\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGDavidCary.jpg 847w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGDavidCary-300x196.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGDavidCary-768x501.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 357px) 100vw, 357px\" \/>DIT het hope Grey-guts saam met rotsvaste en desperate verdediging gevat vir Grey-kollege om met &lsquo;n sege van 30-28 oor Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch na Bloemfontein terug te keer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos het uit die wegspringblokke soos &lsquo;n wafferse naelloper gespring en na slegs vyf minute se spel in die wedstryd &lsquo;n voorsprong van 14-0 opgebou. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het teruggeveg met baie durf en ook deur die tempo van die wedstryd te lig. Die besoekers van die Rosestad se flank en kaptein, Marcel Theunissen, het veral sy lyf op die spel vir die wenspan gesit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey moes sonder sy drie SA Skole-spelers Rikus Pretorius (senter), Christopher Schreuder (losskakel) en Varkie Greyling (haker) klaarkom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey moes boonop die laaste sewe minute van die wedstryd sonder sy heelagter, David Kriel, klaarkom. Kriel is na &lsquo;n boorvat met &lsquo;n geelkaart koelkas toe gestuur. Paul Roos kon egter nie in die laaste sewe minute daarin slaag om sy agterstand van twee punte in &lsquo;n sege te omskep nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos se heelagter, Colia Louis, was met sy skopskoen vir sy span goud werd. Hy het slegs een stelskop, die doelskop van die haker, JJ Kotze, se tweede drie skeef gekorrel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan se skrumskakel, Gerado Jaars, het self vir Grey aan die raai om die losskrums en gemale gehou. Voorlangs was Kotze sy span se beste speler. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs verdien die plaasvervanger-voorryman, Luke Janse van Vuuren, ook &lsquo;n pluimpie vir sy woelige spel. Agterlangs het die plaasvervanger-vleuel, Wycliff Vlitoor, asook die losskakel, Zander du Plessis goed vir Grey vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien daar enige twyfel was, die Kwaggas van Outeniqua het hulle skop terug en het waarskynlik die hardste gister geskop deur Paarl Gimnasium met 27-24 in George te verslaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas het na hulle gesukkel het aan die begin van die seisoen, teruggeveg om in sy laaste ses wedstryde seges te behaal. Outeniqua is tradisioneel die span waarteen Gimmies die meeste sukkel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Outeniqua het op sy tuisveld teen rustyd &lsquo;n voorsprong van 21-14 opgebou met sy losskakel, James Mollentze, wat in die tweede helfte met twee strafdoele geslaag het om die sege vir sy span te beklink. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kwaggas se ingesteldheid was van die begin af reg vir die heelwat groter agttal wat teen hom te staan gekom het. Elke speler in die span verdien &lsquo;n klop op die skouer vir hoe elkeen sy lyf op die spel op verdediging geplaas het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee &ldquo;groot&rdquo; wedstryde van die naweek se Virsekerbeker vind eers Dinsdag plaas, met drie van die vier skole wat spelers aan die SA Skole-span moes afstaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion sal na Mbombela vir &lsquo;n ontmoeting met die Ho&euml;rskool Nelspruit se Rhinos in die halfeindronde reis, terwyl Monument en Garsfontein mekaar vir die derde agtereenvolgende jaar in die ander halfeindstryd sal pak. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die afdeling vir Grootskole was daar geen verrassings nie met die verdedigende kampioen, Helpmekaar-kollege, wat op sy tuisveld sy titel teen Transvalia van Vanderbiljpark sal verdedig. Helpies het met 55-23 oor te veel skietgoed vir Oos-Moot beskik, terwyl Transvalia net voor en na rustyd vir Potchefstroom Gimnasium met skitterspel lamgel&ecirc; het. Transvalia was met 39-14 baas. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Mediumskole-eindstryd sal Brandwag van Benoni teen Hoogenhout van Bethel te staan kom. Die Pumas se skitterende Cravenweek-vleuel Prince Nkabinde draf vir Hoogenhout uit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga het Kimberley se se twee kragte, Diamantveld en Noord-Kaap, &lsquo;n tweede afspraak met mekaar vir die seisoen gemaak. Die wenner van die uitspeelwedstryd tussen die twee spanne sal teen die verdedigende kampioen, Grey-kollege, te staan kom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld het die Vrystaatse A-liga kampioen, Louis Botha, met 35-12 verslaan. Diamonds moes sonder sy generaal, Charles Williams, klaarkom. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Welkom het Noord-Kaap die Griffons se kampioen, die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad, met 36-26 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Soos elke jaar sedert die ontstaan van die kompetisie in 2007 sal die Irawa-liga se eindstryd vir die meeste opwinding sorg. Riebeeckstad sal in die eindstryd teen die Ho&euml;rskool Kalahari van Kuruman se Leeus in &lsquo;n stryd om die titel gewikkel wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebies het Hartswater met 37-14 in die halfeindronde geklop, terwyl Kalahari in die ander halfeindstryd ook redelik gemaklik met die Vrystaatse B-liga kampioen, St Andrew, afgereken het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenberg het welverdiend sy seisoen op &lsquo;n ho&euml; not afgesluit deur Tygerberg met 90-26 af te ransel. Stellenberg het 14 drie&euml; gedruk. Sy buitesenter, Leeuwner van der Merwe, het twee hiervan gedruk en ook met sewe doelskoppe vir &lsquo;n persoonlike bydrae van 24 punte geslaag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oakdale Landbou het op sy tuisveld net buite Riversdal ook &lsquo;n belangrike sege van 24-17 oor Framesby van Port Elizabeth behaal. In &lsquo;n opwindende stryd in die Baai het Grey High School sy seisoen op &lsquo;n ho&euml; noot met &lsquo;n sege van 57-22 oor Selborne College afgesluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KOVSIESTREEK-KOMPETISIE HALFEINDRONDES<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Shimla-liga:<\/strong> Diamantveld 35, Louis Botha 12; Noord-Kaap 36, AHS Kroonstad 26.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Irawa-liga:<\/strong> Riebeeckstad 37, Hartswater 14; Kalahari (Kuruman) 42, St Andrew 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Colts-liga:<\/strong> Hoopstad 34, Douglas 32; Wildeklawer Akademie 54, Boshof 0.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">VIRSEKERBEKER HALFEINDRONDES<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Grootskole:<\/strong> Helpmekaar-kollege 55, Oos-Moot 23; Transvalia 39, Potchefstroom Gimnasium 14.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Mediumskole:<\/strong> Hoogenhout 36, Bekker 29; Brandwag (Benoni) 30, Die Wilgers 19.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Middelskole:<\/strong> Allen Glen 38, Steelcrest 20; Belvedere 29, Frans du Toit 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Kleinskole:<\/strong> Koster 20, Curro Heuwelkruin 6; Morgenzon Landbou 27, Curro Roodeplaat 16.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">WES-KAAP<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 30, Paul Roos Gimnasium 28; Outeniqua 27, Paarl Gimnasium 24; Stellenberg 90, Tygerberg 26; Oakdale Landbou 24, Framesby 17; HTS Drostdy 12, Duineveld 0; Rondebosch Boys&rsquo; High 36, SACS 22; Bishops 31, Wynberg Boys&rsquo; High 18; Durbanville 68, Milnerton 8; Brackenfell 84, HTS Bellville 10.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">OOS-KAAP<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey High School 57, Selborne College 22.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIT het hope Grey-guts saam met rotsvaste en desperate verdediging gevat vir Grey-kollege om met &lsquo;n sege van 30-28 oor Paul Roos Gimnasium in die Markotter-stadion in Stellenbosch na Bloemfontein terug te keer. Paul Roos het uit die wegspringblokke soos &lsquo;n wafferse naelloper gespring en na slegs vyf minute se spel in die wedstryd &lsquo;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7801,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7802","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7802","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7802"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7802\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7801"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7802"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7802"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7802"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}