{"id":7804,"date":"2017-08-20T07:28:41","date_gmt":"2017-08-20T07:28:41","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kaptein-botha-gee-kanker-n-opstopper\/"},"modified":"2017-08-20T07:28:41","modified_gmt":"2017-08-20T07:28:41","slug":"kaptein-botha-gee-kanker-n-opstopper","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7804","title":{"rendered":"Kaptein Botha gee kanker &#8216;n opstopper"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7803\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGLianBotha.jpg\" alt=\"NewsGLianBotha\" width=\"357\" height=\"268\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGLianBotha.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGLianBotha-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 357px) 100vw, 357px\" \/>Dit moes iemand spesiaal verg om die Ho&euml;rskool Centurion vir die eerste keer tot die halfeindronde van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee, Direkteurstrofee en Administrateursbeker) te lei. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">En in sy kaptein en flank, Lian Botha, het di&eacute; skool &lsquo;n gepaste vegter gekry wat vanjaar se eerstespan se veggees uitstraal. Botha is drie jaar gelede met limfklier kanker gediagnoseer, maar het vanjaar reeds genoegsaam herstel om in die 400m-hekkies op die B-bond Interho&euml;r-atletiekbyeenkoms goud te verower en natuurlik sy skool se eersterugbyspan tot nuwe hoogtes te lei. Hy het die hekkies in &lsquo;n tyd van 54.9 sekondes gewen. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skool het wel voorheen as Lyttelyon en Verwoerdburg gemengde sukses in die oudste skolerugbykompetisie in Suid-Afrika behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha was vir sy skool se o.16-span in aksie toe hy die veld rustyd moes verlaat na hy gesukkel het om te sien. &ldquo;Ek het baie gesukkel om gewig op te tel en ook baie gejeuk. Ek het gedink dis oor ek so aktief met my atletiek ook was dat ek nie gewig kon aansit nie. Ons het vermoed dat ek harsingskudding opgedoen het in die wedstryd en het my huisdokter besoek,&rdquo; het Botha ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;My hele nek was egter opgeswel en ek moes &lsquo;n noodskandering ondergaan. Dit het gewys dat ek groeisels in my bors het. Daar is &lsquo;n biopsie geneem en ook een van my limfkliere is uitgehaal. Ek is sedert verlede jaar se begin skoon na so ses maande se chemo-behandeling.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha is &lsquo;n uitstekende leier wat sy skool se o.14-, o.15- en o.16-rugbyspan ook aangevoer het. Hy is ook die Woeries se onderhoofseun. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ek het geen twyfel gehad dat ek gesond sou word nie. My ouers, die skool en al sy leerlinge asook my vriende het my deur dit gehelp. My vriende het regtig moeite gedoen om my te help. Hulle het sommer eenkeer skool gebank om my by die Unitas-hospitaal oorkant die skool te kom besoek,&rdquo; <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Botha wil graag volgende jaar in Potchefstroom studeer en hy oorweeg Bourekeningkunde as rigting. Hy wil ook graag rugby vir die Pukke speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion het vanjaar tot die Virsekerbeker deurgedring na hy bo-aan die puntelys van die Blou Bulle se Makroskole B-afdeling ge&euml;indig het. Die span het boonop vir Eldoraigne, wat die vroe&euml; gunsteling was om in die afdeling van die Ligbloues sake te oorheers, oortuigend met 30-3 die onderspit laat delf. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Eldos het vanjaar se gunsteling om die streekkompetisie se wen, Monument van Krugersdorp met 27-22 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion kom Dinsdag in Mbombela teen die Ho&euml;rskool Nelspruit in die halfeindronde van die Virsekerbeker te staan. Die Woeries sal nie die gunsteling wees om die wedstryd te wen nie, maar die Nelspruit Rhinos moet weet dat hulle &lsquo;n stryd tot die einde te wagte kan wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Dit is baie lekker vir ons as span en dit is die grootste wedstryd van ons lewens. Elke week wat ons wen in die kompetisie is dit &lsquo;n hoogtepunt vir ons skool. Ek dink ons hou van die druk en verwagtinge op ons skouers,&rdquo; het Botha ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit moes iemand spesiaal verg om die Ho&euml;rskool Centurion vir die eerste keer tot die halfeindronde van die Virsekerbeker (voorheen Beeldtrofee, Direkteurstrofee en Administrateursbeker) te lei. En in sy kaptein en flank, Lian Botha, het di&eacute; skool &lsquo;n gepaste vegter gekry wat vanjaar se eerstespan se veggees uitstraal. Botha is drie jaar gelede met limfklier [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7803,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7804","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7804","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7804"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7804\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7803"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7804"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7804"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7804"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}