{"id":7813,"date":"2017-08-23T08:31:27","date_gmt":"2017-08-23T08:31:27","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/dis-nelspruit-teen-monnas-is-virsekerbeker-eindstryd\/"},"modified":"2017-08-23T08:31:27","modified_gmt":"2017-08-23T08:31:27","slug":"dis-nelspruit-teen-monnas-is-virsekerbeker-eindstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7813","title":{"rendered":"Dis Nelspruit teen Monnas in Virsekerbeker-eindstryd"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7812\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGJoaChristovam.jpg\" alt=\"NewsGJoaChristovam\" width=\"380\" height=\"280\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGJoaChristovam.jpg 900w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGJoaChristovam-300x221.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGJoaChristovam-768x567.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Dit sal Saterdag in Mbombela die Ho&euml;rskool Nelspruit teen Monument van Krugersdorp in die eindstryd van die Virsekerbeker vir Makroskole wees. Daar sal ook vir die eerste keer in twee jaar &lsquo;n nuwe kampioen gekroon word na die Ho&euml;rskool Garsfontein die afgelope twee jaar as kampioen gekroon was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit se Rhinos het Centurion se opmars met &lsquo;n klinkende sege van 45-7 Dinsdag in die halfeindronde van die reeks gestuit. Die Rhinos het teen die omdraaislag reeds &lsquo;n voorsprong van 18-7 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se SA Skole-losskakel, Stephan van der Bank, het 15 van sy span se punte met sy geleerde skopstewel aangeteken. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Interessant is die feit dat Van der Bank se pa, Aubrey, in 1989 se eindstryd vir Nelspruit op skrumskakel uitgedraf het. Nelspruit het in die eindstryd van die Direkteurstrofee met 13-8 teen Kempton Park verloor. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Centurion het goed begin en eerste bloed geruik toe sy heelagter, Kevin Osborne, die doellyn oorgesteek het. Sy drie is deur die losskakel, Eathan Wentzel, verdoel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nelspruit het laas in 2014 die kroon as kampioen gedra en dit was ook die span se laaste verskyning in die eindstryd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Pretoria op Berepark het Monument vir die eerste keer sedert 2012 sy plek in die eindstryd bespreek. Monnas het Garsfontein met 31-24 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, dring hiermee ook na sy vierde agtereenvolgende eindstryd deur na hy die vorige drie seisoene vir Garsfontein tot die eindstryd gehelp brei het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verskil tussen die twee spanne was die feit dat die span van Krugersdorp oor veel meer diepte op sy plaasvervangersbank beskik het. Sy SA Skole-haker, Morn&eacute; Brandon, was skaars op die veld voor hy die doellyn oorgesteek het. Dit was egter die plaasvervanger-loskopstut, Tumi Manonyane, wat met sy skrumwerk die verskil tussen die twee spanne was. Hy het boonop nie net drie belangrike strafskoppe met sy skrumwerk afgedwing nie, maar ook die drie gedruk wat aan sy span vir die eerste keer in die wedstryd die voortou gegee het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se agtsteman, PJ Jacobs, het hard gewerk voorlangs, terwyl die flank Franco Schutte &lsquo;n paar goeie lopies ingekry het wanneer die spel losgetorring het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein se agttal het in die eerste helfte onder sy eweknie ingeklim, terwyl die losskakel, Barry Schoombee, in die moeilike winderige omstandighede gewys het dat hy oor &lsquo;n uitmuntende skopskoen beskik. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsies se kaptein en agtsteman, Jordan van Dyk, asook die haker, Stephan Billings, het voorlangs vir Monnas besig gehou. Garsfontein het as span uitstekend verdedig en daar was min deurkom kans vir die besoekers. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Garsie Bere se beste speler op die dag was sonder twyfel sy SA Skole-senter, Diego Appollis, wat agterlangs &lsquo;n paar spelers van Monnas versigtig op die aanval gehad het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Puntemakers: <\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho&euml;rskool Nelspruit 45 (18) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Brandon Potgieter (2), Stefan Smit, Riandr&eacute; van der Merwe, Paul Rheeder, Renier Troskie. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3). Strafdoele: Van der Bank (3). <strong>Centurion 7 (7) &ndash;<\/strong> Drie: Kevin Osborne. Doelskop: Eathan Wentzel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Monument 31 (11) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: PJ Jacobs, Morn&eacute; Brandon, Tumi Manonyane. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen (4). <strong>Garsfontein 24 (14) &ndash;<\/strong> Drie&euml;: Juandr&eacute; Scheepers, Kallie Calitz. Doelskop: Barry Schoombee. Strafdoele: Schoombee (4).<\/span><\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" size-full wp-image-7291\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg\" alt=\"31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1\" width=\"608\" height=\"147\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1.jpg 839w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-300x73.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/04\/31392_VS_SCHOOL_OF_RUGBY_HEADER_v1-768x186.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 608px) 100vw, 608px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit sal Saterdag in Mbombela die Ho&euml;rskool Nelspruit teen Monument van Krugersdorp in die eindstryd van die Virsekerbeker vir Makroskole wees. Daar sal ook vir die eerste keer in twee jaar &lsquo;n nuwe kampioen gekroon word na die Ho&euml;rskool Garsfontein die afgelope twee jaar as kampioen gekroon was. Nelspruit se Rhinos het Centurion se opmars [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7812,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7813","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7813\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7812"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}