{"id":7827,"date":"2017-08-27T05:04:22","date_gmt":"2017-08-27T05:04:22","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/webster-van-weggooibaba-tot-cravenweek-ster\/"},"modified":"2017-08-27T05:04:22","modified_gmt":"2017-08-27T05:04:22","slug":"webster-van-weggooibaba-tot-cravenweek-ster","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7827","title":{"rendered":"Webster begin lewenspad soos Moses langs &#8216;n rivier"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7826\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGWebsterSwanepoel.jpg\" alt=\"NewsGWebsterSwanepoel\" width=\"380\" height=\"253\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGWebsterSwanepoel.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/NewsGWebsterSwanepoel-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>Soos Moses van die Bybel het Webster Swanepoel se lewensverhaal langs &lsquo;n rivier begin. Moses het die Israeliete na die beloofde land gelei en Swanepoel is &lsquo;n rugbyster wat eendag daarvan droom om die Groen-en-Goud oor die kop te trek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swanepoel is as &lsquo;n pasgebore baba langs die Kliprivier-omgewing in die Alberton-omgewing gevind. Die 19-jarige leerling van Vereeniging Gimnasium het verlede jaar in Durban die Valke op die Cravenweek vir ho&euml;rskole verteenwoordig. &ldquo;Die Cravenweek was tot dusver die hoogtepunt van my rugbyloopbaan,&rdquo; het Swanepoel ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar was &lsquo;n aantal beproewinge op Swanepoel se pad voor hy as 12 jarige weens sy rugbytalent raakgesien is. Die Afrikaans-sprekende seun moes in &lsquo;n weeshuis in Meyerton, waar meestal Sotho-sprekende en geen Afrikaanse kinders woon, bly vir &lsquo;n hele paar jaar. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Meyerton het hy vanuit die Laerskool Voorwaarts &lsquo;n impak op die rugbyveld gemaak en die Valke se o.13 Cravenweek-span gehaal. Hy was ook &lsquo;n leerling aan Laerskool HF Verwoerd in Meyerton wat deesdae Laerskool Midvaal heet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Ek is persoonlik bly oor die moeilike tye wat oor my pad gekom het. Dit het my geleer om nooit op te gee nie en aan my &lsquo;n veggees gegee,&rdquo; het Swanepoel ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel Swanepoel &lsquo;n weeskind is wat nie &lsquo;n idee het oor wie sy ma of pa is nie, is daar mense in sy lewe wat lief vir hom is en hul oor hom ontferm. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy is voor die Cravenweek reeds deur HTS Vereeniging se destydse hoof, Dries van Heerden, raak gesien. Van Heerden was op sy dag ook die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging se voorsitter asook &lsquo;n voormalige provinsiale rugbyspeler.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">HTS Vereeniging en Ho&euml;rskool Vereeniging het in 2013 saamgesmelt om Vereeniging Gimnasium te vorm. Van Heerden het intussen afgetree. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is nie baie skolespelers wat daarmee kan spog dat hulle &lsquo;n beduidende rol gespeel het in die ontstaan van &lsquo;n rugbyweek nie. Swanepoel het op &lsquo;n stadium aan Van Heerden gevra hoekom hy nie aan die Bokkie-week mag deelneem nie. Van Heerden het geworstel met die vraag en met die idee van die Rhino-week vorendag gekom wat elke jaar groei toon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is ook voor die Cravenweek vir laerskole dat die Van Zyl-egpaar, Piet en Marina, van Swanepoel te hore gekom het. Die egpaar wie se sewe kinders reeds uit die huis is, het hulle oor die jong seun ontferm. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Frik Swanepoel (geen verwantskap) het hom gaan haal en hy het in HTS Vereeniging se koshuis &lsquo;n tuiste gevind. Hannes Grobbelaar, wat tans die adjunkhoof by Gimnasium is, is nog &lsquo;n persoon wat hom oor Webster ontferm,&rdquo; het Van Heerden ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Hy is &lsquo;n boerekind en &lsquo;n ongelooflike oulike kind. Ek is ongelooflik trots op hom, hy is &lsquo;n gesonde, pragtige, gebalanseerde en liefdevolle seun,&rdquo; het Marina van Zyl ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swanepoel is vanjaar na afloop van die jaarlikse VKB-week op Reitz in &lsquo;n uitnodigingspan opgeneem wat in Oktober deur Skotland sal toer. Hy sal egter die toer weens &lsquo;n tekort aan bevondsing asook die feit dat hy wil fokus op die eindeksamen wat op hom wag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swanepoel het vanjaar ook vir Vereeniging-klub se o.21-span uitgedraf, terwyl hy ook al vir die klub se eerstespan gespeel het. Vereeniging het vanjaar gekwalifiseer om volgende jaar aan die Goue Beker deel te neem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swanepoel hoop om volgende jaar plek by &lsquo;n rugbyakademie te kry en sy loopbaan verder voort te sit. &ldquo;Ek is sover nie seker wat ek gaan doen nie, maar wil graag plek in &lsquo;n rugbyakademie probeer kry,&rdquo; het Swanepoel ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Hy het hierdie talent met die ball. En ek glo hy kan dit eendag nog ver bring,&rdquo; het Van Zyl ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos Moses van die Bybel het Webster Swanepoel se lewensverhaal langs &lsquo;n rivier begin. Moses het die Israeliete na die beloofde land gelei en Swanepoel is &lsquo;n rugbyster wat eendag daarvan droom om die Groen-en-Goud oor die kop te trek. Swanepoel is as &lsquo;n pasgebore baba langs die Kliprivier-omgewing in die Alberton-omgewing gevind. Die 19-jarige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7826,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7827","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7827","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7827"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7827\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7826"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7827"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7827"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7827"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}