{"id":78583,"date":"2025-08-01T10:24:44","date_gmt":"2025-08-01T08:24:44","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=78583"},"modified":"2025-08-01T10:24:44","modified_gmt":"2025-08-01T08:24:44","slug":"agu-terug-vir-blues-se-stryd-teen-bere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=78583","title":{"rendered":"Agu terug vir Blues se stryd teen Bere"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_68566\" aria-describedby=\"caption-attachment-68566\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-68566\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/PSX_20250329_193140-400x288.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"288\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-68566\" class=\"wp-caption-text\">CLINTON AGU, haker en kaptein van Ho\u00ebrskool Noordheuwel, voer &#8216;n groot duikslag uit in sy span se naelskraapse nederlaag teen Grey College by die Noord\/Suid-toernooi vroe\u00ebr vanjaar in Stellenbosch.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Sedert die begin van die seisoen is die stryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong>, Saterdagmiddag in Krugersdorp, een waarna aanhangers in die Noordvaal geweldig uitsien.<\/p>\n<p>Volg al die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong>-aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/NoriesvsGarsies2025\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Blues het sedert hul eerste nederlaag teen <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> (0-36) in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling, merkwaardig teruggekom om \u00e1l vyf hul volgende wedstryde te wen. Dit het aan hulle tans die derde plek op die puntelys besorg, met nog drie wedstryde oor om te speel.<\/p>\n<p>Die Blues is tans slegs sewe ligapunte agter die einste Helpies, wat met 32 punte pronk. Die span van Johannesburg het egter nog net een rondomtallie-wedstryd oor, wat beteken dat, indien die Nories twee van hul oorblywende drie kan wen, hulle na tweede kan opskuif en &#8216;n tuis halfeindstryd verseker, terwyl &#8216;n sege vir die Bere sy greep op die afdeling sal versterk.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks en spog met 35 ligapunte.<\/p>\n<p>Die Blues verwelkom vir haker, <strong>Clinton Agu<\/strong>, terug in die beginspan, wat verdere vet op die vuur gooi vir Saterdag se stryd in Krugersdorp. Agu se tweestryd met een van die Bere se onbesonge helde, <strong>Justin Blom<\/strong>, beloof hope vuurwerke, vernaam in die vastelos. Albei is bekend vir hul ho\u00eb werkverrigting en genadelose lopies met bal.<\/p>\n<p><strong>JP Pieterse<\/strong>, die Bere se kantman, het self vanjaar &#8216;n puik seisoen beleef. Sy harde werk in die loopgraaf-oorlogvoering het &#8216;n groot rol in die Bere se sukses tot dusver gespeel en die lewe vir die agterspelers makliker gemaak.<\/p>\n<p>Pieterse en die Blues se woelwater, <strong>Andrew Lambert<\/strong>, sal mekaar die stryd aans\u00ea by die afbreekpunte, wat deurslaggwend kan wees op die &#8220;Heuwel&#8221;.<\/p>\n<p>In Vanderbijlpark kan &#8216;n sege vir <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> oor <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> &#8216;n kat in die Beker-duiwehok gooi. Die ligbloues het bo verwagting goed presteer in hul eerste jaar as deel van die Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Volg al die aksie ook regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/ValiavsNellies2025\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Tans in die vyfde plek, met 17 ligapunte, en slegs een punt agter <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> (18), is Transvalia se kanse vir &#8216;n plek in die halfeindstryd beslis nog &#8216;n realiteit. Boonop het hy nog drie ligawedstryde oor in vergeleke met die Jansies se twee, wat Saterdag se stryd teen die Rhinos &#8216;n belangrike een maak.<\/p>\n<p>Hoewel laaste op die puntelys, sal die Rhinos steeds strawwe opposisie bied. Vernaam die wete dat daar nog n\u00e9t twee wedstyde vir die matrieks oor is, behoort vir kaptein, <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, en die res van die ouer manne behoorlik aan te vuur om Valia te probeer ontspoor.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel t. Garsfontein om 13:10 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel: <\/strong>15 Jeandr\u00e9 Uithaler, 14 Jaydan Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein: <\/strong>15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morn\u00e9 Coetzer.<\/p>\n<p><strong>Transvalia t. Ho\u00ebrskool Nelspruit om 12:40 in Vanderbijlpark<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia: <\/strong>15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Dant\u00e9 Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandr\u00e9 Kruger, 1 Vusi Morathi.<\/p>\n<p><strong>Nelspruit: <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandr\u00e9 van Wyk, 5 Andr\u00e9 Smit, 4 Jason Cogill, 3 Gert Cloete, 2 D&#8217;Angelo Roberts, 1 Christiaan Viljoen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert die begin van die seisoen is die stryd tussen Ho\u00ebrskool Noordheuwel en Ho\u00ebrskool Garsfontein, Saterdagmiddag in Krugersdorp, een waarna aanhangers in die Noordvaal geweldig uitsien. Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Blues het sedert hul eerste nederlaag teen Helpmekaar Kollege (0-36) in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":73242,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-78583","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/78583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=78583"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/78583\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/73242"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=78583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=78583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=78583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}