{"id":79530,"date":"2025-08-08T10:58:18","date_gmt":"2025-08-08T08:58:18","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=79530"},"modified":"2025-08-08T10:58:18","modified_gmt":"2025-08-08T08:58:18","slug":"roos-helmand-kry-groenlig-vir-stryd-teen-parkies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=79530","title":{"rendered":"Roos, Helmand kry groenlig vir stryd teen Parkies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_79728\" aria-describedby=\"caption-attachment-79728\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-79728\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Menlopark-vs-Monument-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-79728\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> draf vir &#8216;n derde agtereenvolgende Saterdag op sy tuisveld uit wanneer hy gasheer speel vir die gevaarlike <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>, wat in die nekke blaas van die voorlopers in die <strong>SDC Noordvaal Cup <\/strong>se<strong> Beker<\/strong>-afdeling.<\/p>\n<p>Volg al die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong>-aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die stryd tussen die Blues en Parkies is tradisioneel &#8216;n kragmeting wat vir hope aksie en &#8216;n groot gestoei voorlangs sorg. Dit was juis teen die einste Parkies dat die Nories se halfeind-hoop verlede jaar die nekslag toegedien is, met die Pretorianers wat &#8216;n skoksege van 26-19 behaal het.<\/p>\n<p>Vanjaar sien die prentjie ietwat anders daar uit. Die tuisspan beklee tans die derde plek, met 30 ligapunte, en is reeds van &#8216;n plek in vanjaar se halfeindronde verseker &#8211; danksy &#8216;n deurslaggewende sege van 28-22 oor <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> in die vorige ronde. Die Parkies het intussen &#8216;n beduidende hupstoot gekry in hul halfeind-veldtog deur vir vir <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> naelskraaps met 39-37 om te dop.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria sou di\u00e9 oorwinning egter spoedig agter hom plaas, met die fokus wat na die laaste twee weke verskuif en die doelwit om albei oorblywende kragmetings te wen. Indien Parkies dit kan vermag, staan hulle &#8216;n uitstekende kans om vierde te eindig, maar heelwat hang ook af van wat in <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> se laaste twee wedstryde gebeur.<\/p>\n<p>Die Nories het vroe\u00ebr vandeesweek hulle gevaarlike duo van <strong>Jeandr\u00e9 Uithaler<\/strong> en <strong>Clinton Agu<\/strong>, wat Kaap toe vertrek het om vir onderskeidelik die SA o.18 &#8220;A&#8221;- en SA o.18-span te verteenwordig, gegroet. Agu word, soos vroe\u00ebr, deur die woelige <strong>Wikus Roos<\/strong> vervang, terwyl <strong>Tristan Helmand<\/strong> Uithaler se plek op heelagter inneem.<\/p>\n<p><strong>Lucian Reid<\/strong>, wat vir Juan Joubert op linkervleuel vervang, is die Parkies se enigste verandering vir die stryd op die &#8220;Heuwel&#8221;.<\/p>\n<p>In Rustenburg, is die tuisspan\u00a0in &#8216;n maak-of-breek stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Monument <\/strong>gewikkel. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong>, een van vyf skole wat tans gevaar loop om gerelegeer te word, se spanne sal moet uithaal en wys in hul stryd om oorlewing in die Beker-oorlewing.<\/p>\n<p>Die Rusties bevind hulself tans in die sesde plek, slegs ses ligapunte voor <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> in die negende plek. Dit benadruk die gewigtigheid van die oorblywende twee naweke.<\/p>\n<p>Hoewel die Wit Bulle in die algemeen &#8216;n teleurstellende seisoen beleef het, het Monnas se junior spanne steeds uitmuntend vertoon en l\u00ea die skool van Krugersdorp tans veilig in die vierde plek. Die feit dat albei eerste spanne uit die halfeind-wedloop is, doen boonop geensins afbreuk aan Saterdag se kragmeting nie.<\/p>\n<p>Die Rusties het verlede naweek teen <strong>Helpmekaar Kollege <\/strong>geweldig be\u00efndruk, vernaam in die tweede helfte\u00a0met <strong>Ayden Willemse<\/strong> wat &#8216;n taamlike verkil as plaasvervanger op losskakel gemaak het. Willemse draf Saterdag in die nr. 10-trui uit.<\/p>\n<p>Vir die besoekers skuif <strong>Ruan Genis<\/strong>, van linkervleuel na buitesenter, wat &#8216;n reuse tweestryd met die Rusties se <strong>Jon-R\u00e9 Jefthas<\/strong> in die middeveld behoort af te gee. <strong>Corn\u00e9 Mostert<\/strong> vervang vir Genis in die nr. 11-trui.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel t. Die Ho\u00ebrskool Menlopark om 12:30 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel: <\/strong>15 Tristan Helmand, 14 Jayden Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Wikus Roos, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n<p><strong>Menlopark:\u00a0<\/strong>15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Lucian Read, 10 Willie Pieterse, 9 Gustav Sh\u00e4ffner, 8 JN van Wyk, 7 Nathen du Plessis, 6 Ruan Strydom, 5 Keagen Pretorius, 4 Tiaan Boshoff, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Monument om 13:35 in Rustenburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg: <\/strong>15 Lorenzo Snyers, 14 Henr\u00e9 Robinson, 13 Jon-R\u00e8 Jefthas, 12 Zack Swanepoel, 11 Waide Davey, 10 Ayden Willems, 9 Adriano George, 8 Pieta Niemandt, 7 Marais R\u00f6cher, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagn\u00e8, 4 Tristan Myburgh, 3 Jaden Mienie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.<\/p>\n<p><strong>Monument<\/strong>: 15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Cameron Kourie, 11 Corn\u00e9 Mostert, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Juandr\u00e9 Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Dexter Chiwanga.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Noordheuwel draf vir &#8216;n derde agtereenvolgende Saterdag op sy tuisveld uit wanneer hy gasheer speel vir die gevaarlike Ho\u00ebrskool Menlopark, wat in die nekke blaas van die voorlopers in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die stryd tussen die Blues en Parkies is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":79728,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-79530","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/79530","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=79530"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/79530\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/79728"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=79530"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=79530"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=79530"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}