{"id":7980,"date":"2018-02-04T07:31:00","date_gmt":"2018-02-04T07:31:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wie-s-jou-pappa-jerry-jerry\/"},"modified":"2018-02-04T07:31:00","modified_gmt":"2018-02-04T07:31:00","slug":"wie-s-jou-pappa-jerry-jerry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=7980","title":{"rendered":"Wie&#8217;s jou pappa? Jerry, Jerry"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-7978\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/NewsGJerryErasmus.jpg\" width=\"354\" height=\"235\" alt=\"NewsGJerryErasmus\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/NewsGJerryErasmus.jpg 903w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/NewsGJerryErasmus-300x199.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/NewsGJerryErasmus-768x510.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 354px) 100vw, 354px\" \/>Daar is slegs twee soorte rugbyafrigters &ndash; die wat in die pad gesteek is en die wat nog in die pad gesteek gaan word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jerry Erasmus van die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad oftewel Rooiskool is &lsquo;n uitsondering op di&eacute; gesegde. Hy sal vanjaar vir die 37ste agtereenvolgende seisoen aan die stuur van die Rooies se eerstespan staan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Erasmus het wel verlede jaar as onderwyser afgetree, maar het besluit om steeds die skool se eerstespan touwys te maak. Na 596 wedstryde aan stuur van die skool se eerstespan het hy nog nie genoeg gehad nie. &ldquo;Ek het slegs een van die wedstryde tydens die seisoen van 1989 misgeloop omdat ek &lsquo;n operasie aan my enkel moes ondergaan,&rdquo; het Erasmus ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">AHS Kroonstad handhaaf &lsquo;n wenpersentasie van 75 persent sedert 1990. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In Suid-Afrika is daar nie &lsquo;n skoleafrigter wat langer as Erasmus aan stuur van &lsquo;n skolespan is nie. Die legendariese Skonk Nicholson (Maritzburg College) was vir 35 jaar van 1948 die skool in Pietermaritzburg se breier. Diocesan College oftewel Bishops se Basil Bey was vir 27 jaar van 1972 tot 1998 die skool se breier, terwyl Piley Rees, waarna die skool se hoofveld vernoem is, van 1922 tot 1962 die skool se eerstespan afgerig het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sedert die ontstaan van die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad in 1957 het die skool slegs twee hoofafrigters gehad. Die eerste was Piet Hertzog wat die eerstespan van 1957 tot en met 1980 gebrei het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Erasmus het die leisels van Rooiskool se eerstespan sedert 1981 in sy hande. Van 1981 tot en met 2002 het hy saam met Gert Kotze die span afgerig. Vanaf 2003 tot op hede rig Erasmus en Eric Scriven die skool se trots af. Sedert 2015 is TBS du Plessis ook saam met Erasmus en Scriven by die eerstespan se afrigting betrokke. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sonder twyfel die grootste gees in die geskiedenis van Rooiskool se rugby het nooit self vir di&eacute; skool se eerstespan uitgedraf nie. &ldquo;Ek het in 1971 gematrikuleer by Rooiskool en weer in 1977 begin skoolgee as Tegniese Tekeninge-onderwyser.&rdquo; Erasmus het as skrumskakel nooit die eer gehad om sy skool se eerstespan te verteenwoordig nie, maar daar bestaan geen twyfel dat hy die persoon is wat die grootste impak in die trotse rugbygeskiedenis van die skool gelewer het nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy sukses as afrigter kan daaraan toegeskryf word da thy vir meeste van die seuns &lsquo;n vaderfiguur was. Erasmus was nie verniet van 1986 tot en met 2014 die koshuisvader nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die manier hoe Erasmus sy loopbaan verlede jaar by Rooiskool as onderwyser op &lsquo;n hoogtepunt afgesluit het, is nogal ironies. &ldquo;Verlede jaar se titel as kampioen was vir my die grootste hoogtepunt omdat dit &lsquo;n spesiale afskeidsgekenk was.&rdquo; <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool het in 2017 vir die negende keer onder sy breierskap as kampioen van die Noord Vrystaat gekroon. Die span van Kroonstad het met 24-elk gelykop in die eindstryd van die liga gespeel, maar danksy &lsquo;n re&euml;l dat die span met die beste punteverskil tydens die liga as kampioen gekroon word, het Rooiskool met die louere weggestap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di&eacute; een groot teleurstelling in Erasmus se loopbaan is wat die hoogtepunt so ironies maak. Rooiskool het in 1991 met 0-elk gelykop teen Welkom Gimnasium in die eindstryd van die liga gespeel. Daar was toe nog nie &lsquo;n re&euml;l in plek vir wat sou gebeur indien spanne gelykop in die eindstryd speel nie. Gimmies is toe as kampioen weens &lsquo;n beter punteverskil in die liga gekroon.<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignright size-full wp-image-7979\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/02\/NewsGJerrySkouer.jpg\" width=\"380\" height=\"567\" alt=\"NewsGJerrySkouer\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: right;\" \/> <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool het die ligawedstryd tussen die twee skole daardie jaar gemaklik met 17-3 gewen. Gimnasium se eerstespan het voortgegaan en tot in die eindstryd van die Vrystaatse Direkteurstrofee gevorder waar hy teen Sentraal met 9-18 vasgeval het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool is in 2002 as Mediumskole-kampioen van die Media24 se nasionale kompetisie gekroon. Die span het wel die louere met Despatch gedeel met 24-elk in die eindstryd. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool kon nog nooit die Vrystaatse Direkteurstrofee of the Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga wen nie, maar het al vier keer in 1993, 1994, 1997 (Direkteurstrofee) en 2009 (Shimla-liga) tot die eindstryd deurgedring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Erasmus het Rooiskool in 1993 tot sy eerste van tien titels in die Noord-Vrystaat gebrei. Die skool het sedert 1990 slegs twee keer in 2011 en 2015 nie daarin geslaag om tot die halfeindronde van die plaaslike liga deur te dring nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die tydperk het Rooiskool 16 keer uit die 27 jaar tot die eindstryd deurgedring. Die eerstespan het sy tien titels in 1993, 1994, 1995, 1997, 2003, 2004, 2006, 2007, 2009 en 2017 verower.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee spelers Rodney van Vuuren (1983) en Braam Els (1990) het onder Erasmus se breierskap die SA Skole-span gehaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rooiskool het ook gereeld bo sy gewigklas geboks en teen van die tradisionele rugbykragte van Suid-Afrika sy man gestaan. Die span het in 2008 teen die Ho&euml;r Jongenskool Paarl (7-19) die knie gebuig en teen Grey-kollege (47-8) in die eindstryd van die Direkteurstrofee in 1997 sy man gestaan. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Seges oor HTS Vereeniging (25-24, 1996), EG Jansen (12-10, 1999) en Eldoraigne (55-0, 2004) beklemtoon hoe di&eacute; plattelandse skool met &lsquo;n getal seuns wat tussen 180 en 250 oor die jare gewissel het heelwat bo sy gewigklas geboks het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy lojaliteit teenoor Rooiskool ken geen perke nie. Erasmus was jare lank &lsquo;n keurder vir die Griffons se provinsiale spanne, maar het slegs een jaar die unie se Cravenweek-span afgerig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">&ldquo;Dit was vir my belangriker om my skoolspan vir die belangrike uitspeelwedstryde van die derde kwartaal voor te berei,&rdquo; het Erasmus ges&ecirc;.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is slegs twee soorte rugbyafrigters &ndash; die wat in die pad gesteek is en die wat nog in die pad gesteek gaan word. Jerry Erasmus van die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad oftewel Rooiskool is &lsquo;n uitsondering op di&eacute; gesegde. Hy sal vanjaar vir die 37ste agtereenvolgende seisoen aan die stuur van die Rooies se eerstespan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":7978,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-7980","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7980","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7980"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7980\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7978"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7980"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7980"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7980"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}