{"id":79862,"date":"2025-08-09T21:52:04","date_gmt":"2025-08-09T19:52:04","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=79862"},"modified":"2025-08-09T21:52:04","modified_gmt":"2025-08-09T19:52:04","slug":"klofies-klop-valia-om-relegasiespook-af-te-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=79862","title":{"rendered":"Klofies klop Valia om relegasiespook op afstand te hou"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_79906\" aria-describedby=\"caption-attachment-79906\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-79906\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Ruan-Jacobs-vs-Transvalia-400x252.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"252\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-79906\" class=\"wp-caption-text\">RUAN JACOBS, haker van Ho\u00ebrskool Waterkloof, duik oor vir sy eerste van twee drie\u00eb in Klofies se sege van 23-12 oor Ho\u00ebrskool Transvalia in Pretoria. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> se tuissege oor <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> in die Beker-afdeling van die <strong>SDC Noordvaal Cup <\/strong>was waarskynlik presies wat hy nodig gehad het om die relegasiespook te fnuik.<\/p>\n<p>Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Benewens die eerste span se oorwinning van 23-12 in &#8216;n tawwe stryd met die ligbloues van Vanderbijlpark, het \u00e1l die ander A-spanne ook oortuigend gewen om vir Klofies &#8216;n beduidende hoeveelheid ligapunte te besorg.<\/p>\n<p>In die eerstespan-kragmeting is die meeste skade reeds gedurende die eerste helfte aangerig, met die stryd tussen die twee agttalle wat die toon vir die stryd aangegee het.<\/p>\n<p>Valia se flank en kaptein, <strong>Juan Bischoff<\/strong>, het oudergewoonte &#8216;n barshou gespeel in die los en was die eerste van twee Valies om die doellyn oor te steek. Kort daarna het regtervleuel,<strong> Dihan Crause<\/strong>, vanuit sy eie helfte met brute krag en hope vaart deurgebreek om tussen die pale te druk.<\/p>\n<p>Klofies se haker, <strong>Ruan Jacobs<\/strong>, het &#8216;n uiters bedrywige vertoning gelewer en is met &#8216;n tweekuns aan drie\u00eb beloon. Skrumskakel, <strong>Marcel Tsiakos<\/strong>, was uitmuntend agter die Klofie-pak, met sy flink diens wat oemf aan die Klofies se aanval verleen het.<\/p>\n<p>Die tweede skof was fisiek maar ietwat traag om aan die gang te kom. Die tuisspan kon mettertyd egter vyf punte tot sy rustydvoorsprong van 18-12 voeg met Jacobs se tweede drie. Dit was ook die enigste punte wat die tweede helfte opgelewer het.<\/p>\n<p>In Mbombela het <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> sy laaste merk op die Beker-afdeling gelos deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> met 27-21 op Rhino Park te troef. Die Nelspruiters sal volgende jaar in die Plaat-afdeling meeding nadat hulle reeds voor die afgelope naweek se stryd gerelegeer is.<\/p>\n<p>Die Rhinos se kragtige dryfmale het &#8216;n beduidende rol in hul sege oor die Jansies gespeel en ook tot die eerste drie, deur haker, <strong>D&#8217;Angelo Roberts<\/strong>, gelei. Dit wou voorkom of die koe\u00ebl deur die kerk is toe linkervleuel, <strong>Tinyiko Silubane<\/strong>, onderskep het vir sy span se derde drie, maar die Jansies se binnesenter, <strong>Nathan Delport<\/strong>, het kort daarna teruggeslaan met sy span se tweede drie.<\/p>\n<p>Dit het die Jansies se agterstand na 21-22 laat krimp en hulle binne bereik van &#8216;n belangrike oorwinning gebring. Nelspruit-kaptein, <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, het egter in die doodsnikke onkeerbaar oorgebars vir die finale spyker en &#8216;n bittersoet sege vir die Rhinos.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof 23 (18)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Ruan Jacobs (2), Hugo Dercksen. Doelskop: Ronan Bastiaanse. Strafdoele: Bastiaanse (2).\u00a0<strong>Transvalia 12 (12)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Juan Bischoff, Dihan Crause. Doelskop: Jay-de Maree.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 27 (15)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: D&#8217;Angelo Roberts, Ruben Greeff, Tinyiko Slubane, Vaughn van Zyl. Doelskoppe: Liam Pringle (2). Strafdoel: Pringle.\u00a0<strong>EG Jansen 21 (13)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Craig Lightfoot, Nathan Delport. Doelskop: Juan van Aswegen. Strafdoele: Van Aswegen (3).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne: <\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Waterkloof 35, Transvalia 20; Nelspruit 28, EG Jansen 28.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Waterkloof 33, Transvalia 20; EG Jansen 8, Nelspruit 5.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Waterkloof 29, Transvalia 3; Nelspruit 5, EG Jansen 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Waterkloof se tuissege oor Ho\u00ebrskool Transvalia in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup was waarskynlik presies wat hy nodig gehad het om die relegasiespook te fnuik. Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Benewens die eerste span se oorwinning van 23-12 in &#8216;n tawwe stryd met die ligbloues van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":79906,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-79862","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/79862","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=79862"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/79862\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/79906"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=79862"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=79862"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=79862"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}