{"id":8026,"date":"2018-04-01T06:41:30","date_gmt":"2018-04-01T06:41:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boishaai-gereed-vir-feesvieringe-tydens-wereld-skolerugbyfees\/"},"modified":"2018-04-01T06:41:30","modified_gmt":"2018-04-01T06:41:30","slug":"boishaai-gereed-vir-feesvieringe-tydens-wereld-skolerugbyfees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8026","title":{"rendered":"Boishaai gereed vir feesvieringe tydens W\u00eareld-skolerugbyfees"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8025\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/Boishaai150.jpg\" width=\"283\" height=\"178\" alt=\"Boishaai150\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die Ho&euml;r Jongenskool Paarl eet nie van die vloer af nie en sal dit tydens di&eacute; skool se W&ecirc;reld-skolerugbyfees beaam.<\/p>\n<p>&ldquo;Ek roep vir Boy Louw, hy sal my hoor. Ek vra vir Corn&eacute; Krige, bly op my spoor. Ek gee vir Carel du Plessis, hy pypkan jou man. Ek het vir G&uuml;rthro Steenkamp ook, maak hy jou bang? Ek pass vir Frans Malherbe, kan jy hom vat? Na Mannetjies Roux toe, hy&rsquo;s gans te glad,&rdquo; s&oacute; &lsquo;n verwerking van Steve Hofmeyr se Blou Bul-lied kan heel gepas opsom waar Boishaai van sy motivering vir fees sal kry.<\/p>\n<p>Dit sal kom van al die spelers wat oor die afgelope 150 jaar voor vanjaar se span die skool op die rugbyveld verteenwoordig het. <br \/>Boishaai sal di&eacute; trotse rugbygeskiedenis as motivering gebruik om sy onoorwonne status op Suid-Afrikaanse bodem sedert 2015 te verleng. Die span het sy laaste 51 wedstryde in Suid-Afrika gewen. Sy laaste nederlaag was in 2014 in die eindstryd van Die Burger-toernooi teen Marlow Landbou (10-11).<\/p>\n<p>Die span sal ook wel op &lsquo;n bietjie hulp van Grey-kollege van Bloemfontein staatmaak.<\/p>\n<p>Boishaai se enigste nederlaag sedert die begin van 2015 was verlede jaar teen Christchruch Boys&rsquo; High (36-38) op sy toer deur Nieu-Seeland. Die gasheer sal ook in die hoofwedstryd van die week teen Christchurch Boys&rsquo; High kans kry om wraak te neem. <br \/>Die span van Christchurch kom Woensdag teen Grey te staan. As daar na die afgelope agt jaar se wedstryde van Grey by die Wildeklawer-toernooi gekyk word, is dit duidelik dat spanne wat op die eerste dag teen die span van die Rosestad speel so ietwat van hul fut vir die tweede dag verloor.<\/p>\n<p>In 2011 het Paarl Gimnasium met Springbok-losskakel Handr&eacute; Pollard in sy midde met 10-14 teen Grey die knie gebuig, net twee dae later &lsquo;n rekordnederlaag van 6-59 teen die Afrikaanse Ho&euml;r Seunskool van Pretoria op die lyf te loop.<\/p>\n<p>In 2012 was dit Waterkloof met Bok-senter Rohan Janse van Rensburg in sy geledere wat met 37-20 teen Grey die knie gebuig het. Klofies het minder vuur vir sy tweede wedstryd teen Paarl Gimnasium gehad en met 11-38 in die stof gebyt.<\/p>\n<p>Garsfontein met die skitterende Embrose Papier op skrumskakel het in 2016 met 13-31 teen Grey op die eerste dag verloor. Die span moes toe op die tweede dag hard werk op Stellenberg net-net met 19-18 te troef.<\/p>\n<p>Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die Sanix-toernooi in 2000 sal nie al die voorste skolerugbyspanne van die w&ecirc;reld vanjaar in Fukuoka, Japan saamtrek nie.<\/p>\n<p>Van die tien spanne wat in die Paarl in aksie sal wees, is daar ses Sanix-titels tussen hulle. Hulle is Grey-kollege (2001), Boland Landbou (2002), Christchurch Boys&rsquo; High (2005, 2006), Glenwood 2008, 2016). Boishaai (2014), Monument (2006) en Hartpury College (2013) het ook al tot in die eindstryd gevorder.<\/p>\n<p>Buiten die toernooi in Japan, sal dit die eerste rugbyfees vir skole van regoor die aardbol sedert 1998 wees. In 1998 het 12 van die w&ecirc;reld se voorste skolespanne by Prince Edward in Harare, Zimbabwe vir &lsquo;n &ldquo;W&ecirc;reld-kampioenskap&rdquo; bymekaar gekom.<\/p>\n<p>Kelston Boys&rsquo; High van Nieu-Seeland het Monument van Krugersdorp met 36-0 in die eindstryd van die toernooi verslaan. Helpmekaar-kollege van Johannesburg het ook aan die kampioenskap deelgeneem.<\/p>\n<p>Die rugby wat di&eacute; week in die Paarl gespeel gaan word beloof om ongetwyfeld &lsquo;n fees te wees en behoort die kroon op Boishaai se 150ste bestaansjaarvieringe te span. Toeskouers sal gewis &lsquo;n paar toekomstige Springbokke en All Blacks hier in aksie sien.<\/p>\n<p><strong>Die bepalings: <\/strong><\/p>\n<p><strong>Dinsdag, 3 April &ndash; 14:30:<\/strong> Boland Landbou t. Napier Boys&rsquo; High (NS); <strong>16:00:<\/strong> Outeniqua t St Ignatius (VSA); <strong>17:30:<\/strong> Oakdale Landbou t. Namibiese XV-tal; <strong>19:00:<\/strong> Monument t. Cavaliers Rugby (AUS).<\/p>\n<p><strong>Woensdag, 4 April 2018 &ndash; 11:30:<\/strong> Glenwood t. Italian All Stars; <strong>13:00:<\/strong> Paarl Gimnasium t. Rhino Rugby (VSA);<strong> 14:30:<\/strong> Hilton College t. AP Dragons; <strong>16:00:<\/strong> Affies t. Hartpury College (ENG);<strong> 17:30:<\/strong> HJS Paarl t. Jaquares (ARG); <strong>19:00:<\/strong> Grey-kollege t. Christchurch Boys&rsquo; High (NS).<\/p>\n<p><strong>Vrydag, 6 April &ndash; 13:00:<\/strong> Oakdale Landbou vs St Ignatius (VSA); <strong>14:30:<\/strong> Glenwood t. Namibiese XV-tal;<strong> 16:00:<\/strong> Outeniqua t. Italian All Stars; <strong>17:30:<\/strong> Monument t. Napier Boys&rsquo; High (NS);<strong> 19:00:<\/strong> Boland Landbou t. Cavaliers Rugby (AUS).<\/p>\n<p><strong>Saterdag, 7 April &ndash; 11:45:<\/strong> Hilton College t. Rhino Rugby (VSA); <strong>13:15:<\/strong> Paarl Gimnasium vs Jaquares (ARG); <strong>14:45:<\/strong> Grey-kollege vs Hartpury College (ENG); <strong>16:15:<\/strong> Affies vs AP Dragons; <strong>17:45:<\/strong> HJS Paarl t. Christchurch Boys&rsquo; High.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho&euml;r Jongenskool Paarl eet nie van die vloer af nie en sal dit tydens di&eacute; skool se W&ecirc;reld-skolerugbyfees beaam. &ldquo;Ek roep vir Boy Louw, hy sal my hoor. Ek vra vir Corn&eacute; Krige, bly op my spoor. Ek gee vir Carel du Plessis, hy pypkan jou man. Ek het vir G&uuml;rthro Steenkamp ook, maak [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8025,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8026","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8026","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8026"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8026\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8026"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8026"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8026"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}