{"id":80343,"date":"2025-08-15T11:44:33","date_gmt":"2025-08-15T09:44:33","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=80343"},"modified":"2025-08-15T11:44:33","modified_gmt":"2025-08-15T09:44:33","slug":"jansies-skommel-span-vir-bere-stryd-moet-wen-vir-valia-teen-nories","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=80343","title":{"rendered":"Jansies skommel span vir Bere-stryd, moet-wen vir Valia teen Nories"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_80527\" aria-describedby=\"caption-attachment-80527\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-80527\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/EG-Jansen-vs-Nelspruit-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-80527\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die skote gaan klap wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> mekaar pak in &#8216;n kragmeting wat tradisioneel &#8216;n reusestryd afgee.<\/p>\n<p>Volg al die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong>-aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Bere is vasberade om hul posisie bo aan die puntelys in die Beker-afdeling van die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong> vas te maak. Dit kan natuurlik oor twee weke &#8216;n tuiseindstryd vir die span van Pretoria verseker.<\/p>\n<p>Dit bied voorts &#8216;n geleentheid vir die Garsies om die rondomtalie-fase van die kompetisie met &#8216;n sege af te sluit en na die wenpad terug te keer, n\u00e1 hul skoknederlaag met 22-28 teen <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong>\u00a0twee weke gelede.<\/p>\n<p>Soos reeds bekend, moet Garsfontein sonder drie groot name, wat tans vir Suid-Afrika in die internasionale o.18-reeks in die Wes Kaap verteenwoordig, klaarkom.<\/p>\n<p>Dit het &#8216;n paar skuiwe tot gevolg gehad, met <strong>Drewyn Baron<\/strong> wat oorskuif na heelagter in <strong>Junade Pasensie<\/strong> se plek, en <strong>Neo Ledwaba<\/strong> wat &#8216;n kans kry in Baron se plek op vleuel. Ledwaba is juis vroe\u00ebr gedurende die Akademieweek opgeroep vir die Blou Bulle.<\/p>\n<p>Die ywerige <strong>Yuvrah George<\/strong> vervang vir <strong>Junaide Stuart<\/strong> op linkervleuel, terwyl <strong>Morn\u00e9 Coetzer<\/strong> op vaskopstut sak in die plek van <strong>Luan van den Berg<\/strong>.<\/p>\n<p>Vir die Jansies is die storielyn basies dieselfde as vir vyf ander spanne in vanjaar se reeks. Dis &#8216;n stryd om oorlewing.<\/p>\n<p>Die Jansies besef alte goed dat die 10-punt verskil tussen hulle (182.5) en <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> (172.5), in die negende plek, alles behalwe genoeg is. Dit maak van Saterdag &#8216;n maak-of-breek dag vir die Arende van Boksburg.<\/p>\n<p>Boonop hang die wortel van &#8216;n moontlike plek in volgende naweek se halfeindronde voor hul neus, maar dan moet hulle vir die Bere omdop, en ook duim vashou dat sowel die Parkies as <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> verloor.<\/p>\n<p>Die Jansies het derhalwe hul agterlyn geskommel, met spelskepper, <strong>Deshean Pietersen<\/strong>, wat van heelagter na losskakel skuif en hul ander uitblinker,<strong> Zulu Otlatleng<\/strong>, wat in die laaste linie stelling inneem. <strong>Jayden du Preez<\/strong> kry kans op regtervleuel, terwyl <strong>Jeandr\u00e9 Reynders<\/strong> vir <strong>Jordan van der Westhuizen<\/strong> op linkervleuel vervang. Van der Westhuizen kan &#8216;n impak vanaf die bank maak.<\/p>\n<p>In Vanderbijlpark is <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia <\/strong>in &#8216;n ewe belangrike stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> gewikkel. Valia is tans met 174 slegs 1.5 ligapunte voor die Parkies, en op die eerstespan-puntelys slegs een (21) agter die einste Menlopark (22), wat hom steeds in die wedloop plaas.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Lorenzo Flynn<\/strong>, is terug op sy pos na hy verlede naweek se kragmeting met die Klofies misgeloop het. Voorlangs maak <strong>Wihandr\u00e9 Kruger<\/strong> sy terugkeer op haker en word slot, <strong>Kyle Maartens<\/strong>, ook terugverwelkom, wat beteken dat die tuisspan weer op volsterkte is vir wat straks sy laaste wedstryd vanjaar kan wees.<\/p>\n<p>Vir die Nories het slot, <strong>Kean Lourens<\/strong>, verlede week &#8216;n vroe\u00eb terugkeer vanaf die bank gemaak in hul nederlaag teen die Parkies, wat aandui dat hy Saterdag gereed behoort te wees om sy plek in die beginspan in te neem en &#8216;n beduidende hupstoot vir die Blues-pak te bied teen die omgekrapte Valia-agttal.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>EG Jansen t. Garsfontein om 12:25 in Boksburg:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>EG Jansen: <\/strong>15 Zulu Otlatleng, 14 Jayden du Preez, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jeandr\u00e9 Rynders, 10 Deshean Pietersen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Jaco Engelbrecht, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein:\u00a0<\/strong>15 Drewyn Baron, 14 Neo Ledwaba, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Yuvrah George, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morn\u00e9 Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Brendon Branford.<\/p>\n<p><strong>Transvalia t. Noordheuwel om 12:40 in Vanderbijlpark:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia: <\/strong>15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Bernard van Dyk, 8 Wynand Stolz, 7 Danie Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandr\u00e9 Kruger, 1 Vusi Morathi.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel (moontlik): <\/strong>15 Tristan Helmand, 14 Jayden Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandr\u00e9 de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Kean Lourens, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Wikus Roos, 1 Skuttie Bezuidenhout.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skote gaan klap wanneer Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen en Ho\u00ebrskool Garsfontein mekaar pak in &#8216;n kragmeting wat tradisioneel &#8216;n reusestryd afgee. Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Bere is vasberade om hul posisie bo aan die puntelys in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Beker vas te maak. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":80527,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-80343","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=80343"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80343\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/80527"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=80343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=80343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=80343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}