{"id":80654,"date":"2025-08-17T08:22:15","date_gmt":"2025-08-17T06:22:15","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=80654"},"modified":"2025-08-17T08:22:15","modified_gmt":"2025-08-17T06:22:15","slug":"parkies-deur-na-halfeind-bastiaanse-sluit-klofies-hoofstuk-met-sege-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=80654","title":{"rendered":"Parkies deur na halfeind, Bastiaanse sluit Klofies-hoofstuk met sege af"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_80731\" aria-describedby=\"caption-attachment-80731\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-80731\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Menlo-vs-Rustenburg-400x277.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"277\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-80731\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Riaan de Bruyn\/RDB Photography.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Die Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> het sy plek in die halfeindronde van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling Saterdag op sy tuisveld deur en deur verdien.<\/p>\n<p>Herleef al die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong>-aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211;<a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\"> (www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Pretorianers het die nodige verrig deur vir <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> met 30-26 te troef en sodoende &#8216;n derde agtereenvolgende bonuspuntsege te behaal.<\/p>\n<p>Nie alleen het die eerste span &#8216;n plek in die halfeindronde bespreek nie, maar die oorwinning het ook die relegasiespook suksesvol afgeweer.<\/p>\n<p>Hoewel Parkies n\u00e1 die afgelope naweek se aksie steeds 0.5 punte agter<strong> Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> l\u00ea, het hulle twee spanne in die halfeindronde, in vergeleke met die geen van Valia, wat verseker dat hulle volgende naweek die nodige punte kan behaal om verby die manne van Vanderbijlpark te skuif.<\/p>\n<p>Die sege oor die Rusties was egter allermins maklik. Die besoekers het die pap dik aangemaak en, deur middel van uitstekende aanvallende rugby en rotsvaste verdediging, die lewe moeilik gemaak vir die Pretorianers.<\/p>\n<p>Nadat buitesenter, <strong>Jon-r\u00e9 Jefthas<\/strong>, en regtervleuel, <strong>Henr\u00e9 Robinson<\/strong>, deurgebreek het vir drie\u00eb, was die Parkies op 20-26 in die moeilikheid in die tweede halfte. Die wortel van &#8216;n halfeindstryd, asook die bedreiging van relegasie, het hulle egter tot ho\u00ebr hoogtes aangevuur.<\/p>\n<p>Parkies het uiteindelik die wipplankstryd gewen danksy laat drie\u00eb deur plaasvervanger-heelagter, <strong>Reinhard Herbst<\/strong>, en <strong>Andru Keun<\/strong>. Keun, die gereelde kaptein en generaal in die nr. 10-trui, het ook vanaf die bank vir die Parkies oor die doellyn gehelp.<\/p>\n<p>Die streeptruie kom teen <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> in eerskomende Saterdag se halfeindstryd op Berepark in Pretoria te staan.<\/p>\n<p>Elders in die hoofstad het <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> se <strong>Ronan Bastiaanse<\/strong> sy Klofie-loopbaan met &#8216;n strafdoel in die doodsnikke afgesluit om vir die Blou Tornado &#8216;n naelbytsege van 29-28 oor <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> te beklink. Daarmee het Klofies &#8216;n derde agtereenvolgende jaar vir die Wit Bulle van Krugersdorp gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.<\/p>\n<p>Bastiaanse, wat die tweede meeste punte aangeteken het by die onlangse Akademieweek, het di\u00e9 einste week se voorste puntemaker, <strong>Jaydon Viljoen<\/strong>, in &#8216;n kritieke skopstryd uitoorl\u00ea. Bastiaanse het, benewens &#8216;n drie, ook drie doelskoppe en di\u00e9 allerbelangrike strafdoel deur die mikke gejaag, terwyl Viljoen met &#8216;n doelskop, strafdoel en skepdoel geslaag het.<\/p>\n<p>Die hoogtepunt van die kragmeting was egter die stoeigeveg tussen die twee agttalle, vernaam wat die dryfmaalbewegings betref. Dit het albei hakers in staat gestel om die kollig te steel, met die Monumentare se <strong>Regardt Ernst<\/strong> wat drie keer vanaf dryfmale oorgeduik vir drie\u00eb, terwyl die Klofies se <strong>Ruan Jacobs<\/strong> op dieselfde wyse &#8216;n belangrike tweekuns behaal het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Menlopark 30 (15)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Nathen du Plessis, Leskin Samuels, Bladen Pietersen, Gustav Sch\u00e4ffner, Reinhardt Herbst, Andru Keun. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 26 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Waide Davey, MJ Otto, Jon-r\u00e9 Jefthas, Henr\u00e9 Robinson. Doelskoppe: Ricardo Enos (3).<\/p>\n<p><strong>Waterkloof 29 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ruan Jacobs (2), Divan Botha, Ronan Bastiaanse. Doelskoppe: Bastiaanse (3). Strafdoel: Bastiaanse. <strong>Monument 28 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Regardt Ernst (3), Ruan Genis. Doelskop: Jaydon Viljoen. Strafdoel: Viljoen. Skepdoel: Viljoen.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Menlopark 47, Rustenburg 10; Waterkloof 43, Monument 17.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Rustenburg 22, Menlopark 17; Monument 17, Waterkloof 5.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Rustenburg 31, Menlopark 12; Monument 8, Waterkloof 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Menlopark het sy plek in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling Saterdag op sy tuisveld deur en deur verdien. Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Pretorianers het die nodige verrig deur vir Ho\u00ebrskool Rustenburg met 30-26 te troef en sodoende &#8216;n derde agtereenvolgende bonuspuntsege te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":80731,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-80654","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80654","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=80654"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80654\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/80731"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=80654"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=80654"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=80654"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}