{"id":8092,"date":"2018-03-11T06:28:55","date_gmt":"2018-03-11T06:28:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/monnas-skrik-groot-florida-ontnugter\/"},"modified":"2018-03-11T06:28:55","modified_gmt":"2018-03-11T06:28:55","slug":"monnas-skrik-groot-florida-ontnugter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8092","title":{"rendered":"Monnas skrik groot, Florida ontnugter"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8091\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGTransvalia.jpg\" alt=\"NewsGTransvalia\" width=\"380\" height=\"253\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGTransvalia.jpg 600w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGTransvalia-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 380px) 100vw, 380px\" \/>VANDERBIJLPARK. &ndash; Dit was so hittete of die verdedigende kampioen van die Tuks-rugbyreeks, Monument van Krugersdorp, het reeds in sy eerste wedstryd van vanjaar se reeks op sy neus gekyk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het met 31-elk gelykop teen Transvalia hier op laasgenoemde se tuisveld gespeel. Die Wit Bulle sal nie tevrede met hul vertoning voel nie. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia se agttal het nie &lsquo;n tree vir die besoekers se gedugte agttal terug gestaan nie. Dit was veral die flank Nicky Nicholenas wat deurentyd sy lyf op die spel vir &lsquo;n sege gesit het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se kaptein en SA Skole-haker, Morn&eacute; Brandon, het twee keer die doellyn oorgesteek. Sy tweede drie vanaf &lsquo;n rolmaal slegs sewe minute voor die eindfluitjie het aan sy span &lsquo;n voorsprong van 31-24 gegee. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia se regtervleuel, Damian Jordan, het met sy tweede drie met minder as twee minute se speeltyd oor die telling op 31-29 in Monnas se guns tot stand gebring. Die tuisspan se losskakel, Zian de Jager, het verdoel om sake gelyk te trek. De Jager het goed vertoon en ook &lsquo;n flink skepskop oorgeklits. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia se vleuel Uli Wiese het gevaarlik gelyk elke keer wat hy bal in die hand gekry het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se flank Franco Schutte en vleuel Ruben Barnard kan ook tevrede met hul vertonings voel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Garsfontein het op sy tuisveld in Pretoria amper te vroeg sy voet van die vet afgehaal. Garsies het die Rooi Bulle van HTS Middelburg met 47-40 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan het &lsquo;n voorsprong van 47-19 geniet toe HTS Middelburg tot slegs 14 spelers ingeperk is na albei sy hakers in sy 23-tal die veld weens beserings moet verlaat. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooi Bulle was egter aangevuur en het &lsquo;n terugvegpoging van stapel gestuur. Garsies se skrumskakel, Jurich Claassen, was uitmuntend. Hy het drie keer HTS Middelburg se doellyn oorgesteek waarvan twee van di&eacute; drie&euml; danksy sy individuele briljantheid was. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">EG Jansen van Boksburg sal ook tevrede met sy oorwinning van 40-15 oor Ho&euml;rskool Nelspruit in die reeks voel. Menlopark moes harder as verwag werk om Ho&euml;rskool Rustenburg met 32-28 te troef. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eerste ronde van die Pukke Prestige-reeks het die Ho&euml;rskool Middelburg sy spiere met &lsquo;n gemaklike sege van 63-0 oor Driehoek gebult. Jeugland wil ook weer rugby speel en het Marais Viljoen naelskraaps met 27-26 geklop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Anker het gewys dat hy ook &lsquo;n aanspraakmaker vanjaar kan wees na hy Noordheuwel in Krugersdorp met 18-12 uitoorl&ecirc; het. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Florida sou verskoon gewees het indien hy na verlede week gedink het die trofee vir die Pukke Super-reeks staan reeds in sy trofeekas. Secunda het egter Woensdag Florida met &lsquo;n sege van 26-21 tot verhaal gebring. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida se Tino Swanepoel wat die vorige week 41 punte in sy span se sege van 81-5 oor Hartbeespoort aangeteken het, was egter weer op sy stukke en het twee keer die doellyn oorgesteek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die hoofwedstryd van die 19de Pieter Swanepoel Sportdag het die gasheer die Staatspresident Swart van Brandfort vir Aliwal-Noord met 24-22 met die kous oor die kop huis toe gestuur. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Riebeeckstad behoort vanjaar weer &lsquo;n goeie seisoen te beleef. Riebies het Sand du Plessis op die sportdag met 34-13 ore aangesit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nuwe Sentrale Skolereeks het ook afgeskop met Witteberg wat met 40-15 te sterk vir Fichardtpark was. Diamantveld het in die tweede helfte teen Goudveld-Ho&euml;rskool teruggeveg om met 39-29 as oorwinnaars van die veld te stap. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar-kollege se vleuel Christiaan Bezuidenhout het sy skool se rekord vir die meeste drie&euml; in &lsquo;n eerstespan-wedstryd ge&euml;wenaar in sy span se oortuigende sege van 64-21. Bezuidenhout het vier van sy span se tien drie&euml; in die wedstryd gedruk. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die SA Skole-sewespan het gister sy titel as kampioen van die Capricorn-toernooi in Windhoek suksesvol verdedig deur Duitsland in die eindstryd met 46-0 kaf te draf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>TUKS-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia 31, Monument 31; Garsfontein 47, HTS Middelburg 40; Kempton Park 19, Ho&euml;rskool Pietersburg 14; EG Jansen 40, Ho&euml;rskool Nelspruit 15; Menlopark 32, Ho&euml;rskool Rustenburg 28.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE PRESTIGE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho&euml;rskool Middelburg 63, Driehoek 0; Jeugland 27, Marais Viljoen 26; Die Anker 18, Noordheuwel 12; Montana 52, HTS Witbank 0; Potchefstroom Volkskool 31, Wesvalia 21; Zwartkop 34, Randburg 24; Potchefstroom Gimnasium 50, Oosterlig 0; Lichtenburg 20, Hugenote (Springs) 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE SUPER-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Secunda 29, Hans Moore 12; Ho&euml;rskool Alberton 50, Hartbeespoort 7; Standerton 28, Linden 21; Florida 55, Hoogenhout 21; Secunda 26, Florida 21; Standerton 22, Hans Moore 17; Ho&euml;rskool Alberton 56, Dr. Malan 5; hBastion 51, Hoogenhout 21; Brits 22, Riebeeckrand 17; Dr. Malan 22, Riebeeckrand 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE 16-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria-Noord 24, Oosterland 8; Bekker 17, Overvaal 7; Piet Retief 45, Volksrust 9; Stoffberg 24, Delmas 17; Vryburg 20, Fochville 18.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>SUPERREEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag (Benoni) 55, Jan Viljoen 0; Heidelberg Volkskool 49, Vereeniging Gimnasium 24; Dinamika 26, Wagpos 22; Ho&euml;rskool Tuine 25, Bergsig 22.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PUKKE PROVINSIALE REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster 13, Ho&euml;rskool Klerskdorp 5; Frikkie Meyer 23, Oos-Moot 15.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRIENDSKAPLIK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar 64, Eldoraigne 21; Wonderboom 41, Nylstroom 8; Merensky 28, Rob Ferreira 17; Overkruin 25, Hans Strijdom 14; Piet Potgieter 33, Generaal Hertzog 14; Hugenote (Wellington) 39, Tygerberg 24; Frans du Toit 19, HTS Tom Naud&eacute; 5; Ellisras 46, Louis Trichardt 17; Bergvlam 24, Barberton 19; Morgenzon Landbou 50, Hendrina 7; Nico Malan 61, Aeroville 0; Brandwag (Uitenhage) 47, Port Rex 0; Centurion 38, HTS John Vorster 17; Allen Glen 90, Midrand High 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>PIETER SWANEPOEL SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandfort 24, Aliwal-Noord 22; Hentie Cilliers 18, Louis Botha 17; Riebeeckstad 34, Sand du Plessis 13; AHS Kroonstad 42, St Andrews 26; Welkom Gimnasium 62, Stallions 0; Bothaville 22, Kalahari (Kuruman) 10; Bultfontein 19, Ho&euml;rskool Bloemfontein 5.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>SENTRALE SKOLEREEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Witteberg 40, Fichardtpark 15; Diamantveld 39, Goudveld-Ho&euml;rskool 29.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>BLOU BULLE RUGBYDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boland Landbou 45, Menlopark 10; Affies 30, HTS Middelburg 5; Transvalia 30, Waterkloof 25; Garsfontein 45, Voortrekker (Bethlehem) 0; Monument 10, Welkom Gimnasium 5; EG Jansen 30, Frikkie Meyer 15; Zwartkop 20, Duineveld 20; Oos-Moot 25, Witteberg 5; Diamantveld 20, Pretoria Boys&rsquo; High 15; Curro Heuwelkruin 15, Pretoria THS 5; Goudveld 30, Noordheuwel 20; Jeppe 35, Kempton Park 15; St Alban&rsquo;s College 35, Potchefstroom Gimnasium 5.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>VANDERBIJLPARK. &ndash; Dit was so hittete of die verdedigende kampioen van die Tuks-rugbyreeks, Monument van Krugersdorp, het reeds in sy eerste wedstryd van vanjaar se reeks op sy neus gekyk. Monnas het met 31-elk gelykop teen Transvalia hier op laasgenoemde se tuisveld gespeel. Die Wit Bulle sal nie tevrede met hul vertoning voel nie. Transvalia [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8091,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8092","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8092","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8092"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8092\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8091"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8092"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}