{"id":80974,"date":"2025-08-18T08:29:34","date_gmt":"2025-08-18T06:29:34","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=80974"},"modified":"2025-08-18T08:29:34","modified_gmt":"2025-08-18T06:29:34","slug":"fichie-leeus-maak-geskiedenis-in-vrystaat-liga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=80974","title":{"rendered":"Fichie Leeus maak geskiedenis in Vrystaat-liga"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-80977\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/WhatsApp-Image-2025-08-16-at-14.24.26-400x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"300\" \/><\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Fichardtpark<\/strong> se Leeus het Saterdag in die Toyota-stadion in Bloemfontein geskiedenis gemaak.<\/p>\n<p>Die Leeus het met sy sege van 17-10 oor <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong> in die eindstryd van die Vrystaatse A-liga die eerste eerstespan in die skool se geskiedenis geword om as kampioen van di\u00e9 liga gekroon te word.<\/p>\n<p>Fichies het voor Saterdag nog net een keer vantevore tot die eindstryd deurgedring. Dit was in 2023 toe hy teen Jim Fouch\u00e9 met 25-31 die knie gebuig het.<\/p>\n<p>Soos verwag het dit &#8216;n reuse spanpoging van die Fichie Leeus geverg, veral op verdediging. JF het die ligawedstryd tussen die twee spanne vroe\u00ebr vanjaar met 22-13 gewen.<\/p>\n<p>Boonop was di\u00e9 eindstryd JF se hoofafrigter, <strong>Corn\u00e9 Erasmus<\/strong>, se 11de in die Vrystaatse A-liga. Erasmus is ook een van die Vrystaat se Cravenweek-afrigters.<\/p>\n<p>Die eerste helfte was kliphard met Fichies wat &#8216;n voorsprong van 7-3 teen rustyd geniet het. Hul drie was danksy &#8216;n uitmuntende rolmaalbeweging vanaf JF se kwartlyn met flank John Nelson wat gedruk het.<\/p>\n<p>JF het boonop een van hul sterspelers die Cravenweek-skrumskakel, <strong>Brendon de Wee<\/strong>, na slegs 20 minute se spel weens &#8216;n besering verloor.<\/p>\n<p>Die Leeus se tweede drie is deur sy regtervleuel, <strong>Matthew Valentine<\/strong>, gedruk. Hy het die verloorspan elke keer probleme besorg as hy in besit gestel is. Sy pa <strong>William Valentine<\/strong> het op sy dag vir Griekwas asook die Vrystaat se seniorspanne uitgedraf.<\/p>\n<p>Buiten Valentine het die haker, <strong>Marno Smit<\/strong>, Nelson asook die kaptein en skrumskakel, <strong>JM Rensburg<\/strong>, blink vertonings vir die wenspan opgedis. Die grondslag vir die sege is egter deur die span se rotsvaste verdediging gel\u00ea.<\/p>\n<p>Die Fichie Leeus word deur <strong>Zandr\u00e9 Pienaar<\/strong> en <strong>Andr\u00e9 Burger <\/strong>afgerig.<\/p>\n<p>Fichardtpark sal nou eerskomende Saterdag in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga teen Diamantveld te staan kom. Dit sal die derde keer vanjaar wees dat die twee spanne kragte meet na hulle ook op Fichardtpark se Sportdag asook tydens die Wesgrow-reeks teen mekaar te staan gekom het.<\/p>\n<p>In die Wesgrow-wedstryd het die Leeus met 5-61 in die stof gebyt, terwyl hulle tydens hul sportdag met 7-25 die onderspit gedelf het.<\/p>\n<p>In die ander halfeindstryd van die reeks sal Witteberg in Welkom teen Ho\u00ebrskool Upington te staan kom.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 17 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Matthew Valentine, Josh Nelson. Doelskoppe: JM Rensburg (2). Strafdoel: Rensburg. <strong>Jim Fouch\u00e9 10 (3) &#8211;<\/strong> Drie: HJ Noeth. Doelskop: JG Noeth. Strafdoel: JG Noeth.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Fichardtpark se Leeus het Saterdag in die Toyota-stadion in Bloemfontein geskiedenis gemaak. Die Leeus het met sy sege van 17-10 oor Jim Fouch\u00e9 in die eindstryd van die Vrystaatse A-liga die eerste eerstespan in die skool se geskiedenis geword om as kampioen van di\u00e9 liga gekroon te word. Fichies het voor Saterdag nog [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":80976,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-80974","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80974","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=80974"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/80974\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/80976"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=80974"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=80974"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=80974"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}