{"id":81001,"date":"2025-08-20T16:20:48","date_gmt":"2025-08-20T14:20:48","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=81001"},"modified":"2025-08-20T16:20:48","modified_gmt":"2025-08-20T14:20:48","slug":"groot-kanonne-se-terugkeer-laat-bere-kopkrap-voor-halfeind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=81001","title":{"rendered":"Groot kanonne se terugkeer laat Bere kopkrap voor halfeind"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_81084\" aria-describedby=\"caption-attachment-81084\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-81084\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Garsfontein-vs-Transvalia-2-400x307.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"307\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-81084\" class=\"wp-caption-text\">JUNAIDE PASENSIE, heelagter van Ho\u00ebrskool Garsfontein, op die aanval teen Ho\u00ebrskool Transvalia. FOTO: Frans Lombard\/Actionpix.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die terugkeer van <strong>Junaide Pasensie<\/strong> en <strong>Junaide Stuart<\/strong>, n\u00e1 hul betrokkenheid by die <strong>internasionale o.18-reeks<\/strong> in die Wes-Kaap, het vir die Bere se keurders met meer as een kopseer gelos.<\/p>\n<p>Volg al die <strong>SDC Noordvaal Beker<\/strong>-aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSportSchools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong>, verdedigende kampioen in die Beker-afdeling van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong>, kom Saterdag teen &#8216;n gevaarlike <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> in die een halfeindstryd op sy tuisveld te staan.<\/p>\n<p>Pasensie (heelagter) en Stuart (regtervleuel) se beskikbaarheid het die vraag laat opduik, wie gaan waar teen die Parkies uitdraf?<\/p>\n<p>Dit volg nadat die jong linkervleuel, <strong>Yuvrah George<\/strong>, verlede naweek teen <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> oorgewals het vir &#8216;n driekuns aan drie\u00eb, terwyl <strong>Drewyn Baron<\/strong>, wat gewoonlik op linkervleuel uitdraf, &#8216;n uitstekende tweede helfte op heelagter geniet het.<\/p>\n<p>Die verwagting is egter dat Pasensie weer sy gewone plek op heelagter sal inneem, met Baron wat terugskuif linkervleuel toe, Stuart wat die regterkant beman en George wat van die bank af ingespan word om die Parkies se verdediging verder te toets.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n lekker kopseer. Wat wel soos &#8216;n paal bo water staan is dat die Bere hul sterkste span in die veld sal stoot.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie week is ons eindstryd, want as ons verloor is daar nie &#8216;n volgende week nie,&#8221; het die Bere se hoofafrigter, <strong>Johan du Plessis<\/strong>, dit duidelik gemaak.<\/p>\n<p>Indien Garsies wel wen, sal hulle die eindstryd vir &#8216;n vierde agtereenvolgende jaar haal.<\/p>\n<p>Die vorige keer toe hulle met die Parkies in &#8216;n halfeind kragte gemeet het, in 2019, het dit op &#8216;n nagmerrie vir Garsfontein uitgeloop. Hoewel dit die laaste keer was dat die Parkies in &#8216;n halfeind gespeel het, het hulle vir die Bere met 72-40 afgeransel, voordat hulle vir <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> met 44-17 die loef afgesteek het in die Beker-eindstryd van die destydse Virsekerbeker.<\/p>\n<p>Menlopark verwag self minstens drie groot name terug. Losskakel en kaptein, <strong>Andru Keun<\/strong>, het oor die laaste paar weke stelselmatig sy terugkeer begin maak. Sy vertoning vanaf die plaasvervangerbank teen <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> het aangedui dat hy slaggereed is om sy plek in die beginspan in te neem.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Reinhardt Herbst<\/strong>, het ook &#8216;n groot gedeelte van die wedstryd teen die Rusties gespeel, en is saam met oopkantflank, <strong>Nathen du Plessis<\/strong>, weer beskikbaar om Saterdag saam met Keun in die beginspan uit te draf.<\/p>\n<p>Indien Saterdag &#8216;n herhaling van die vorige kragmeting vanjaar afgee, sal dit &#8216;n senutergende 70 minute van Noordvaal-rugby wees. Dit was immers eers in die laaste kwart van die vorige stryd dat die Bere, danksy die einste Staurt en Baron, kon wegtrek om uiteindelik met 40-27 koning te kraai.<\/p>\n<p>Die Bere verwag niks minder as &#8216;n meedo\u00ebnlose aanslag van die besoekers nie, vernaam ook aangesien &#8216;n sege vir die Parkies van relegasie sal vrywaar.<\/p>\n<p><b>Die spanne:\u00a0<\/b><\/p>\n<p><strong>Garsfontein t. Die Ho\u00ebrskool Menlopark om 12:30 in Pretoria:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein (moontlik): <\/strong>15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 JP Meintjies, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morn\u00e9 Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Brendon Branford.<\/p>\n<p><strong>Menlopark (moontlik): <\/strong>15\u00a0Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Sc\u00e4ffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.<\/p>\n<p><strong>Afskoptye van Junior spanne in Pretoria:\u00a0\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>11:00 &#8211; Menlopark t. Waterkloof.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>09:55 &#8211; Garsfontein t. Waterkloof.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>08:45 &#8211; Garsfontein t. Helpmekaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die terugkeer van Junaide Pasensie en Junaide Stuart, n\u00e1 hul betrokkenheid by die internasionale o.18-reeks in die Wes-Kaap, het vir die Bere se keurders met meer as een kopseer gelos. Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op\u00a0SuperSportSchools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Ho\u00ebrskool Garsfontein, verdedigende kampioen in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, kom Saterdag teen [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":81084,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-81001","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81001","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=81001"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81001\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/81084"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=81001"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=81001"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=81001"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}