{"id":8113,"date":"2018-03-04T05:51:15","date_gmt":"2018-03-04T05:51:15","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/swanepoel-karnuffel-hartbeespoort-in-puk-reeks\/"},"modified":"2018-03-04T05:51:15","modified_gmt":"2018-03-04T05:51:15","slug":"swanepoel-karnuffel-hartbeespoort-in-puk-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8113","title":{"rendered":"Swanepoel karnuffel Hartbeespoort in Puk-reeks"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8112\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGRiaandeKlerk.jpg\" alt=\"NewsGRiaandeKlerk\" width=\"340\" height=\"243\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGRiaandeKlerk.jpg 812w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGRiaandeKlerk-300x214.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/03\/NewsGRiaandeKlerk-768x549.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 340px) 100vw, 340px\" \/>Indien die eerste Saterdag van die 2018 skolerugby-seisoen aan &lsquo;n enkele speler behoort het, sou dit die Ho&euml;rskool Florida se heelagter, Tino Swanepoel, se dag gewees het. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Swanepoel, wat verlede jaar &lsquo;n lid van die se&euml;vierende Leeus se Cravenweek-span was, het die Ho&euml;rskool Hartbeespoort aan flarde in die NWU-Pukke se Sport-reeks gehardloop. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het vyf van sy span se 13 drie&euml; in sy sege van 81-5 oor Harties gedruk. Dit was dalk nie teen die sterkste teenstand nie, maar die korste afstand wat Swanepoel vir sy vyf drie&euml; afgel&ecirc; het, was &lsquo;n ongelooflike lopie van 60 meter! <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het ook agt van sy span se drie&euml; verdoel om &lsquo;n persoonlike bydrae van 41 punte tot sy span se totaal by te dra. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld het op sy tuisveld in Kimberley &lsquo;n vroe&euml; waarskuwing aan die ander spanne in die nuwe Wesgrow Sentrale Skolereeks gestuur. Diamonds het Sentraal in &lsquo;n vriendskaplike wedstryd met 42-7 afgestof. Albei spanne neem aan die reeks deel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Diamantveld se binnesenter, Handr&eacute; Bruwer, het met sy skopskoen 17 punte met sewe doelskoppe en &lsquo;n strafdoel aangeteken. Buiten Bruwer het die flanke, Selle Maketlo en Armin de Villiers, uitstekend vertoon. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho&euml;rskool Fichardtpark het op sy jaarlikse sportdag in Bloemfontein vir die Afrikaanse Ho&euml;rskool Kroonstad in die hoofwedstryd in &lsquo;n titaniese stryd met 25-23 getroef. Rooiskool het &lsquo;n voorsprong van 13-0 geniet met slegs ses minute se spel oor in die eerste helfte. Fichies het egter terug geveg en rustyd &lsquo;n voorsprong van 13-10 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die gasheer se agtsteman, Herman Steenkamp, asook die slot en kaptein, Jaco Snyman, was uitstaande. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander span van Kimberley wat aan die nuwe skolereeks sal deelneem, die Ho&euml;rskool Noord-Kaap, het ook op Fichardtpark se sportdag in die Rosestad gewys dat hy ook &lsquo;n aanspraakmaker op die titel sal wees. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Northerns het Louis Botha met 30-10 die loef afgesteek. Die span van die Diamantstad het teen rustyd &lsquo;n skrale voorsprong van 13-10 geniet. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se slot Leo Koortzen was op sy stukke en het &lsquo;n driekuns aan drie&euml; behaal. Agterlangs het die buitesenter, Elzandro Fredericks, ook &lsquo;n uitstaande vertoning opgedis. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Welkom Gimnasium het self vinnig uit die blokke vir die 2018-seisoen gespring. Gimmies het op Fichies se sportdag die Wolramme van Marlow Landbou met 41-7 afgeslag. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die seisoen is nog in sy babaskoene, maar die Ho&euml;rskool Alberton se binnesenter, Jonathan Potgieter, het reeds ses drie&euml; vir die seisoen agter sy naam. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Potgieter het gister in sy span se eerste wedstryd in vanjaar se NWU-Pukke Sport-reeks drie keer agter die doellyn in sy span se gemaklike sege van 51-7 oor Ho&euml;rskool Brits. Potgieter het ook verlede week in &lsquo;n vriendskaplike wedstryd teen Oosterlig &lsquo;n driekuns behaal. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Secunda het ook &lsquo;n indrukwekkende sege van 48-7 oor Linden in di&eacute; reeks behaal. Standerton se naelskraapse sege van 15-14 oor Riebeeckrand is ook noemenswaardig. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Pukke se 16-reeks het die verdedigende kampioen, Pionier van Vryheid, sy aanslag op vanjaar se titel met &lsquo;n sege van 17-3 oor Volskrust bespreek. Leeuwenhof het sy spiere met &lsquo;n wegholsege van 72-14 oor Overvaal gebult. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Waterkloof van Pretoria moes heelwat meer sweet as verwag om Montana met 29-17 in &lsquo;n vriendskaplike wedstryd te troef. Eldoraigne was met 44-36 oor die Ho&euml;rskool Middelburg in &lsquo;n opwindende kragmeting baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Al die uitslae:&nbsp;<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>FICHARDTPARK SPORTDAG<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fichardtpark 25, AHS Kroonstad 23; Noord-Kaap 30, Louis Botha 10; Welkom Gimnasium 41, Marlow Landbou 7; Ho&euml;rskool Upington 19, Jim Fouche 10; Landboudal 25, St Andrew 12; Aliwal-Noord 14, Sand du Plessis 8; Riebeeckstad 53, President Steyn 3; De Aar 50, Ho&euml;rskool Bloemfontein 0; Brandfort 33, HTS Welkom 21. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU-PUKKE 16-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pretoria-Noord 24, Stoffberg 5; Delmas 34, Oosterland 21; Leeuwenhof 72, Overvaal 14; Pionier 17, Volksrust 3; Ferrum 20, Piet Retief 12; Schoonspruit 29, Vryburg 29; Fochville 22, Wolmaransstad 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU-PUKKE SPORT-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Florida 81, Hartbeespoort 5; Standerton 15, Riebeeckrand 14; Ho&euml;rskool Alberton 51, Ho&euml;rskool Brits 7;<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Bastion 37, Dr. Malan 15; Secunda 48, Linden 7; Hans Moore 38, Hoogenhout 24.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU-PUKKE REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ben Vorster 30, Frikkie Meyer 27.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>SUPER-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Brandwag (Benoni) 41, Dinamika 5; Die Wilgers 19, General Hertzog 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRIENDSKAPLIK<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Waterkloof 29, Montana 17; Eldoraigne 44, Ho&euml;rskool Middelburg 36; Wonderboom 37, Oosterlig 7; Diamantveld 42, Sentraal 7; Die Anker 20, Hugenote (Springs) 13; Randburg 43, Bekker 39; Ho&euml;rskool Rustenburg 25,HTS Middelburg 24; Frans du Toit 24, Lowveld High 23; Morgenzon Landbou 32, Uplands College 3; Bergsig Akademie 37, Ellisras 22; Lichtenburg 52, Wesvalia 17; Jeugland 22, Driehoek 20; Paulus Joubert 31, Trelew (Argentini&euml;) 5.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien die eerste Saterdag van die 2018 skolerugby-seisoen aan &lsquo;n enkele speler behoort het, sou dit die Ho&euml;rskool Florida se heelagter, Tino Swanepoel, se dag gewees het. Swanepoel, wat verlede jaar &lsquo;n lid van die se&euml;vierende Leeus se Cravenweek-span was, het die Ho&euml;rskool Hartbeespoort aan flarde in die NWU-Pukke se Sport-reeks gehardloop. Hy het vyf [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8112,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8113","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8113\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8112"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}