{"id":8144,"date":"2018-04-15T06:38:59","date_gmt":"2018-04-15T06:38:59","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/waterkloof-en-affies-kry-groot-pakke-slae\/"},"modified":"2018-04-15T06:38:59","modified_gmt":"2018-04-15T06:38:59","slug":"waterkloof-en-affies-kry-groot-pakke-slae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8144","title":{"rendered":"Waterkloof en Affies kry groot pakke slae"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8143\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/NewsGStravinoJacobs.jpg\" alt=\"NewsGStravinoJacobs\" width=\"403\" height=\"312\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/NewsGStravinoJacobs.jpg 757w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/NewsGStravinoJacobs-300x232.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 403px) 100vw, 403px\" \/>Dit gaan \u2018n lang jaar vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool van Pretoria se rugbyspan wees indien die span nie vinnig sy sokkies optrek nie. Paarl Gimnasium het gister in Pretoria vir Affies met 41-21 geklop.\u00a0Dit gaan \u2018n lang jaar vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool van Pretoria se rugbyspan wees indien die span nie vinnig sy sokkies optrek nie.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het gister in Pretoria vir Affies met 41-21 geklop.\u00a0Affies kon laas in 2012 daaring slaag om Gimmies te klop. Die besoekers van die Paarl was teen die omdraaislag met die telling op 34-7 in hul guns reeds stewig in die saal. Hulle vleuel Stravino Jacobs het die voorsprong na slegs drie minute se spel in die tweede helfte tot 41-7 gerek.<\/p>\n<p>Affies het daarna durf getoon om aan hulle poging meer aansien op die telbord te gee.\u00a0Monument het sonder van sy staatmakers soos Morn\u00e9 Brandon (kaptein), Franco Schutte en Ruben Liebenberg vir HTS Middelbuerg met 54-10 geklop. Die wedstryd is tien minute kort gestop weens swaar weer.\u00a0Monnas kan na die oorwinning nog vir hom \u2018n plek in die eindstryd van die Tuks-reeks oopspeel.<\/p>\n<p>Die span van Krugersdorp benodig egter Saterdag \u2018n sege op sy tuisveld teen Garsfontein van Pretoria end an moet hyo ok vyf drie\u00eb in die proses druk.\u00a0Transvalia het Kempton Park met 38-0 kaf gedraf en kom teen Pietersburg in sy laaste groepwedstryd te staan.<\/p>\n<p>Indien Monnas nie vyf drie\u00eb druk nie en Transvalia doen sal die span van Vanderbijlpark tot die eindstryd deurdring.\u00a0Garsfontein het nie veel probleme ondervind om Pietersburg met 74-3 af te slag nie.<\/p>\n<p>EG Jansen se Dylan Schwartz sal \u2018n sterk aanspraakmaker op \u2018n plek in een van die SA Skole-spanne wees indien hy op sy vertonings kan voortbou. Hy het die doellyn drie keer in sy span se sege van 52-25 oor Eldoraigne oorgesteek.<\/p>\n<p>Ben Vorster van Tzaneen het \u2018n dubbelle slag in sy sege van 52-50 oor Oos-Moot in Pretoria geslaan. Die span het die sege met speeltyd reeds verstreke danksy \u2018n strafdoel deur sy losskakel, DJ du Preez, beklink.\u00a0Die sege het nie net gesorg dat Ben Vorster sy titel as kampioen van die NWU-Pukke se Interprovinsiale-reeks behou nie, maar het ook as die twee spanne se eerste wedstryd in vanjaar se Virsekerbeker getel.<\/p>\n<p>Du Preez het \u2018n uitstekende dag met die skopskoen beleef. Hy het vier strafdoele en vyf doelskoppe tussen deur die pale gejaag.\u00a0Die Ho\u00ebrskool Alberton is die kampioen van die NWU-Pukke se Sportreeks.<\/p>\n<p>Die Allies het Florida met 38-27 in die eindstryd van die reeks verslaan. Die kampioen se senter, Jonathan Potgieter, was \u2018n doring in Florries se vlees.<\/p>\n<p>Pionier van Vryheid sal \u2018n kans kry om die titel as kampioen van die NWU-Pukke 16-reeks sy eie te maak. Die span van Vryheid het Pretoria-Noord met 41-12 in die halfeindstryd behoorlik les laat ops\u00ea.\u00a0Pionier, wat verlede jaar die louere met Bekker van Magaliesburg moes deel, kom in die eindstryd teen Leeuwenhof te staan.<\/p>\n<p>In die Noord-Vrystaat het die Griffon-liga afgeskop met Voortrekker van Bethlehem wat die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad op laasgenoemde se tuisveld met 33-26 getroef het. Welkom Gimnasium se skrumskakel, Georgen Kiewiet, was op sy stukke in sy span se oorwinning van 58-5 oor Wilgerivier. Goudveld-Ho\u00ebrskool was nie op sy beste nie, maar het steeds \u2018n voltal punte in sy oorwinning van 28-0 oor Hentie Cilliers opgetel.<\/p>\n<p>Grey-kollege het met 60-15 oor te veel skietgoed vir Waterkloof beskik.<\/p>\n<p><strong>AL DIE UITSLAE:<\/strong><\/p>\n<p><strong>TUKS-REEKS\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Monument 54, HTS Middelburg 10; Garsfontein 74, Ho\u00ebrskool Pietersburg 3; Transvalia 38, Kempton Park 0; EG Jansen 52, Eldoraigne 25; Ho\u00ebrskool Rustenburg 56, Ho\u00ebrskool Nelspruit 29; Monument 40, Kempton Park 7; EG Jansen 20, Ho\u00ebrskool Rustenburg 10.<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE INTERPROVINSIALE-REEKS<\/strong><\/p>\n<p>Ben Vorster 52, Oos-Moot 50; Centurion 40, Frikkie Meyer 17.<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Lichtenburg 43, Noordheuwel 15; Die Anker 21, Hugenote (Springs) 8; Randburg 50, Oosterlig 0.<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE SPORTREEKS<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Alberton 38, Florida 27; Riebeeckrand 27, Linden 26; Hoogenhout 36, Hartbeespoort 10; President 12, Goudrif 5; Elspark 10, Birchleigh 7; Secunda 48, Bastion 10; Hans Moore 8, Standerton 3; Dr. Malan 26, Brits 10.<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE 16-REEKS\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Pionier 41, Pretoria-Noord 12; Piet Retief 38, Stoffberg 10; Vryburg 34, Bekker 29.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 60, Waterkloof 15; Voortrekker 33, AHS Kroonstad 26; Welkom Gimnasium 58, Wilgeriver 5; Goudveld-Ho\u00ebrskool 28, Hentie Cilliers 0; Witteberg 36, Sentraal 21; Louis Botha 34, Fichardtpark 15; Ho\u00ebrskool Kroonstad 21, HTS Welkom 20; HTS Sasolburg 34, Hennenman 28; Zastron 31, Ho\u00ebrskool Bloemfontein 17; Brandfort 45, Hendrik Potgieter 14; Hoopstad 20, Welkom High 5; Riebeeckstad 50, Wessel Maree 0.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/p>\n<p>Grey High School 71, HTS Dani\u00ebl Pienaar 12; Glenwood 47, Westville Boys\u2019 High 7; Nico Malan 52, Humansdorp 11; Maritzburg College 15, Pretoria Boys\u2019 High 14.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 21, Outeniqua 10; Marlow Landbou 33, Brandwag (Uitenhage) 26; Paarl Gimnasium 41, Affies 21; Oakdale Landbou 37, HTS Drostdy 34; Paul Roos Gimnasium 70, SACS 21; Boland Landbou 68, Brackenfell 24; Stellenberg 76, Strand 0; Worcester Gimnasium 47, Swartland 24; Durbanville 52, DF Malan 6; President 21, Settlers 14; Monumentpark 21, HTS Bellville 20; Ho\u00ebrskool Bellville 47, Tygerberg 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Jeppe High School for Boys\u2019 24, King Edward VII 21; Wonderboom 31, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17; Hans Strijdom 34, HTS Tom Naud\u00e9 16; Piet Potgieter 22, Ben Viljoen 6; Frans du Toit 41, Eric Louw 10; Ellisras 36, Merensky 17; Louis Trichardt 40, Curro Heuwelkruin 21; Barberton 79, Curro Nelspruit 14; Brandwag (Benoni) 19, Vereeniging Gimnasium 18; Curro Bakenveld 24, Eastdene 12; Akasia 27, Cullinan 3; FH Odendaal 10, Uitsig 0; Erasmus (Bronkhorstspruit) 26, HTS Tuine 12; Pretoria THS 20, HF Verwoerd 17.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit gaan \u2018n lang jaar vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool van Pretoria se rugbyspan wees indien die span nie vinnig sy sokkies optrek nie. Paarl Gimnasium het gister in Pretoria vir Affies met 41-21 geklop.\u00a0Dit gaan \u2018n lang jaar vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool van Pretoria se rugbyspan wees indien die span nie vinnig sy sokkies optrek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8143,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8144","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8144\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8143"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}