{"id":81447,"date":"2025-08-24T18:17:07","date_gmt":"2025-08-24T16:17:07","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=81447"},"modified":"2025-08-24T18:17:07","modified_gmt":"2025-08-24T16:17:07","slug":"monties-sterk-op-pad-terug-plaat-toe-pieties-doof-liggies-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=81447","title":{"rendered":"Monties sterk op pad terug Plaat toe, Pieties doof Liggies uit"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-81464\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Montana-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> is steeds goed op koers om na vanjaar van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild- na die Plaat-afdeling terug te skuif.<\/p>\n<p>Herleef al die <strong>SDC Noordvaal Skild<\/strong>-aksie op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Monties, wat verlede jaar gerelegeer is, het vanjaar, saam met <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong>, die Skild oorheers en het bo aan die algehele puntelys ge\u00ebindig. Die eerste span se naelskraapse sege van 19-18 oor <strong>Ho\u00ebrskool Secunda <\/strong>in Saterdag se halfeind het hul kanse verder versterk.<\/p>\n<p>Dit was egter so hittete of die span van Mpumalanga het die vreugdevieringe in die wiele gery.<\/p>\n<p>Die Monties het die toon vir grootste gedeelte van die wedstryd aangegee en was kort na die omdraaislag reeds met 19-6 voor, met die tuisspan se senterpaar, kaptein <strong>Hendrew Schoeman<\/strong> en <strong>Luan Barnard<\/strong>, wat in daardie stadium uithalerspel gelewer het. Soos gebruiklik, was albei gevaarlik met bal in hand, maar dit was vernaam hul soliede verdediging teen Secunda se <strong>Bismarck Jansen<\/strong> en <strong>Armand Underhay<\/strong>\u00a0wat &#8216;n groot rol in die uiteindelike oorwinning gespeel.<\/p>\n<p>Drie\u00eb deur linkervleuel, <strong>Damian de Beer<\/strong>, en steelkantflank, <strong>Zander van der Merwe<\/strong>, in die tweede helfte het vir Secunda terug in die wedstryd gebring. Dit was ver\u00e1l Van der Merwe s&#8217;n, met sowat vier minute oor, wat die senuwees van die Monties se ondersteuners op hol gejaag het.<\/p>\n<p>Die besoekers het egter uit tyd uit gehardloop en kon op die einde net-net nie die Monties se aanvanklike oorheersing heeltemal uitblus nie.<\/p>\n<p>Goeie nuus vir Secunda was nietemin dat sy o.14 span &#8216;n skoksege oor Ho\u00ebrskool Ben Vorster behaal het. Die jongelinge het, slegs &#8216;n week nadat hulle met 7-38 teen die einste Ben Vorster vasgeval het, die bordjies dramaties met met 16-14 verhang, om die span van Mpumalanga van relegasie te red.<\/p>\n<p>In Pietersburg het <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> vir die tweede keer vanjaar met <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> afgereken om sy plek in die halfeind, teen Montana, in Pretoria te bespreek. Dit was &#8216;n kragmeting wat hoofsaaklik deur die voorspelers beslis is, met sewe van die totaal van nege drie\u00eb in die Pieties se oorwinning van 36-28 wat deur die twee spanne se voorspelers gedruk is.<\/p>\n<p>Die Liggies het teen rustyd redelik gemaklik met 23-14 voorgeloop, maar daarna het die Pieties se pak sy stem dik gemaak het om die kastaiings uit die vuur te krap. Die voorrymanne, <strong>Ziahn Lombaard<\/strong> en <strong>Krissie Swanepoel,<\/strong> het die leiding geneem in hierdie verbete terugvegpoging.<\/p>\n<p>Die Pieties het nie minder nie as 22 punte aangeteken in die tweede skof, teenoor slegs vyf van die besoekers, wat &#8216;n duidelike waarskuwing aan die Monties gerig het voor eerskomende Saterdag se eindstryd.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Montana 19 (12)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Aiden Vorster, Luan Barnard, Ulrich van Biljon. Doelskoppe: Rubel Bester (2). <strong>Ho\u00ebrskool Secunda 18 (6) <\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Damian de Beer, Zander van der Merwe. Doelskop: Alonzo Blackenberg. Strafdoele: Blackenberg (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 36 (14)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Krissie Swanepoel, Ziahn Lombaard, Andru de Beer, Celliers van der Merwe, Elkan Esterhuyze. Doelskoppe: Ryno Mienie (4). Strafdoel: Mienie.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 28 (23)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Juan van Rhyn, George Bingudza, KG Legodi, Tiaan Booysen. Doelskop: Luan Snyman. Strafdoele: Snyman (2).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Piet Retief 23, Montana 20; Ho\u00ebrskool Pietersburg 21, Ben Vorster 17.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Ben Vorster 22, Lichtenburg 3; Piet Retief 19, Ho\u00ebrskool Pietersburg 14.<\/p>\n<p><strong>o.14:\u00a0<\/strong>Montana 30, Heidelberg Volkskool 0; Secunda 16, Ben Vorster 14.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Montana is steeds goed op koers om na vanjaar van die SDC Noordvaal Cup se Skild- na die Plaat-afdeling terug te skuif. Herleef al die SDC Noordvaal Skild-aksie op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Monties, wat verlede jaar gerelegeer is, het vanjaar, saam met Ho\u00ebrskool Ben Vorster, die Skild oorheers en het bo aan die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":81464,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-81447","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81447","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=81447"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81447\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/81464"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=81447"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=81447"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=81447"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}