{"id":8146,"date":"2018-04-15T06:58:00","date_gmt":"2018-04-15T06:58:00","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/boishaai-oorkom-george-hekkie\/"},"modified":"2018-04-15T06:58:00","modified_gmt":"2018-04-15T06:58:00","slug":"boishaai-oorkom-george-hekkie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8146","title":{"rendered":"Boishaai oorkom George-hekkie"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8145\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/04\/NewsGBoishaaiKring.jpg\" alt=\"NewsGBoishaaiKring\" width=\"475\" height=\"236\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Maklik sou dit nooit wees nie, maar die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het in George behoorlik gesweet om die Kwaggas van Outeniqua met 21-10 te troef.&nbsp;<\/p>\n<p>Boishaai het teen lemoentyd \u2018n skamele voorsprong van 7-3 geniet. Dit was die kaptein en slot van Boishaai, Adrian Alberts, wat met 12 minute se spel oor in die wedstryd oorgebeur het om uiteindelik die Kwaggas in te breek.&nbsp;Kort daarna het die haker, Cullen van der Merwe, oorgedraf om die uitslag buite twyfel te plaas. Van der Merwe is die seun van die voormalige Griekwa en WP-breier, Kobus van der Merwe.&nbsp;<\/p>\n<p>Die span van die Paarl spog steeds met \u2018n onoorwonne rekord teen Suid-Afrikaanse opposisie sedert 2015. Die speler wat die grootste verskil tussen die twee spanne was, is die heelagter, Riis (stet) du Plessis.<\/p>\n<p>Die Kwaggas se buitesenter, Darren Fortuin, is self \u2018n speler wat vanjaar kookwater rugby opdis.&nbsp;Dit gaan \u2018n lang jaar vir die Afrikaanse Ho\u00ebrskool van Pretoria se rugbyspan wees indien die span nie vinnig sy sokkies optrek nie. Paarl Gimnasium het gister in Pretoria vir Affies met 41-21 geklop.&nbsp;Affies kon laas in 2012 daaring slaag om Gimmies te klop.<\/p>\n<p>Die besoekers van die Paarl was teen die omdraaislag met die telling op 34-7 in hul guns reeds stewig in die saal. Hulle vleuel Stravino Jacobs het die voorsprong na slegs drie minute se spel in die tweede helfte tot 41-7 gerek.&nbsp;Affies het daarna durf getoon om aan hulle poging meer aansien op die telbord te gee.&nbsp;<\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium se agttal het die grondslag gel\u00ea en die agterlyn het in die tweede helfte vlam gevat om SACS met 70-21 te verniel.&nbsp;Paul Roos se vleuel Remy Engelbrecht het \u2018n driekuns aan drie\u00eb behaal.&nbsp;Die tuisspan het 12 drie\u00eb ingeryg. Indien sy heelagter, Kade Wolhuter, nie \u2018n afdag met die skopskoen beleef het nie, kon dit nog \u2018n groter pakslae gewees het. Hy het net met vyf doelskoppe geslaag.&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p>Oakdale Landbou se regtervleuel, Trevino Gordon, het vanjaar witlynkoors. Hy het gister met twee drie\u00eb sy span tot \u2018n sege van 37-34 oor HTS Drostdy op Trappespark in Worcester gehelp.&nbsp;Gordon het vanjaar al 12 keer die doellyn in sy span se ses wedstryde tot dusver oorgesteek.&nbsp;<\/p>\n<p>Boland Landbou se haker, Tehan du Plessis, wat met \u2018n driekuns aan die spits van sy span se gemaklike sege van 68-24 oor Brackenfell.&nbsp;Die buitesenter van die Ho\u00ebrskool Durbanville, Juanr\u00e9 de Klerk, is \u2018n speler wat gewis op \u2018n paar unies se radar sal wees. De Klerk het nog \u2018n stewige vertoning gister gelewer deur drie keer die doellyn in sy span se oorwinning van 52-6 oor DF Malan oor te steek.&nbsp;Stellenberg was met 70-0 heeltemal te sterk vir Strand.&nbsp;<\/p>\n<p>In die Oos-Kaap was Grey High School ook op sy stukke en het HTS Dani\u00ebl Pienaar met 71-12 afgeslag. Marlow Landbou se Wolramme het Brandwag van Uitenhage met 33-26 met die kous oor die kop huis toe gestuur.<\/p>\n<p><strong>AL DIE UITSLAE:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>TUKS-REEKS&nbsp;TUKS-REEKS&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p>Monument 54, HTS Middelburg 10; Garsfontein 74, Ho\u00ebrskool Pietersburg 3; Transvalia 38, Kempton Park 0; EG Jansen 52, Eldoraigne 25; Ho\u00ebrskool Rustenburg 56, Ho\u00ebrskool Nelspruit 29; Monument 40, Kempton Park 7; EG Jansen 20, Ho\u00ebrskool Rustenburg 10.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE INTERPROVINSIALE-REEKS<\/strong><\/p>\n<p>Ben Vorster 52, Oos-Moot 50; Centurion 40, Frikkie Meyer 17.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p>Lichtenburg 43, Noordheuwel 15; Die Anker 21, Hugenote (Springs) 8; Randburg 50, Oosterlig 0.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE SPORTREEKS<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Alberton 38, Florida 27; Riebeeckrand 27, Linden 26; Hoogenhout 36, Hartbeespoort 10; President 12, Goudrif 5; Elspark 10, Birchleigh 7; Secunda 48, Bastion 10; Hans Moore 8, Standerton 3; Dr. Malan 26, Brits 10.<\/p>\n<p><strong>NWU-PUKKE 16-REEKS&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p>Pionier 41, Pretoria-Noord 12; Piet Retief 38, Stoffberg 10; Vryburg 34, Bekker 29.&nbsp;<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 60, Waterkloof 15; Voortrekker 33, AHS Kroonstad 26; Welkom Gimnasium 58, Wilgeriver 5; Goudveld-Ho\u00ebrskool 28, Hentie Cilliers 0; Witteberg 36, Sentraal 21; Louis Botha 34, Fichardtpark 15; Ho\u00ebrskool Kroonstad 21, HTS Welkom 20; HTS Sasolburg 34, Hennenman 28; Zastron 31, Ho\u00ebrskool Bloemfontein 17; Brandfort 45, Hendrik Potgieter 14; Hoopstad 20, Welkom High 5; Riebeeckstad 50, Wessel Maree 0.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP\/KWAZULU-NATAL<\/strong><\/p>\n<p>Grey High School 71, HTS Dani\u00ebl Pienaar 12; Glenwood 47, Westville Boys\u2019 High 7; Nico Malan 52, Humansdorp 11; Maritzburg College 15, Pretoria Boys\u2019 High 14.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 21, Outeniqua 10; Marlow Landbou 33, Brandwag (Uitenhage) 26; Paarl Gimnasium 41, Affies 21; Oakdale Landbou 37, HTS Drostdy 34; Paul Roos Gimnasium 70, SACS 21; Boland Landbou 68, Brackenfell 24; Stellenberg 76, Strand 0; Worcester Gimnasium 47, Swartland 24; Durbanville 52, DF Malan 6; President 21, Settlers 14; Monumentpark 21, HTS Bellville 20; Ho\u00ebrskool Bellville 47, Tygerberg 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL<\/strong>&nbsp;<\/p>\n<p>Jeppe High School for Boys\u2019 24, King Edward VII 21; Wonderboom 31, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17; Hans Strijdom 34, HTS Tom Naud\u00e9 16; Piet Potgieter 22, Ben Viljoen 6; Frans du Toit 41, Eric Louw 10; Ellisras 36, Merensky 17; Louis Trichardt 40, Curro Heuwelkruin 21; Barberton 79, Curro Nelspruit 14; Brandwag (Benoni) 19, Vereeniging Gimnasium 18; Curro Bakenveld 24, Eastdene 12; Akasia 27, Cullinan 3; FH Odendaal 10, Uitsig 0; Erasmus (Bronkhorstspruit) 26, HTS Tuine 12; Pretoria THS 20, HF Verwoerd 17.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maklik sou dit nooit wees nie, maar die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het in George behoorlik gesweet om die Kwaggas van Outeniqua met 21-10 te troef.&nbsp; Boishaai het teen lemoentyd \u2018n skamele voorsprong van 7-3 geniet. Dit was die kaptein en slot van Boishaai, Adrian Alberts, wat met 12 minute se spel oor in die wedstryd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8145,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8146","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8146","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8146"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8146\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8146"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8146"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8146"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}