{"id":81705,"date":"2025-08-29T12:15:47","date_gmt":"2025-08-29T10:15:47","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=81705"},"modified":"2025-08-29T12:15:47","modified_gmt":"2025-08-29T10:15:47","slug":"plaat-op-die-spel-in-2de-middelburg-derby-van-die-jaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=81705","title":{"rendered":"Plaat op die spel in tweede Middelburg-derby van die jaar"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_66660\" aria-describedby=\"caption-attachment-66660\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-66660\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/HTS-Middelburg-rugby-vs-EG-Jansen-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-66660\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Sun\u00e9 Rowe Photography.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die tweede Middelburg-derby van 2025 het aansienlik meer op die spel as die vorige keer, sowat drie maande gelede, toe di\u00e9 twee plaaslike skole mekaar gepak het.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op\u00a0<strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SuperSportSchools2025\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die gesogte titel van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling is Saterdagmiddag op die spel wanneer <strong>HTS Middelburg<\/strong> sy titel verdedig teen die naburige <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong>.<\/p>\n<p>Indien die Rooi Bulle hul kroon suksesvol kan verdedig, sal dit breier, <strong>Jano Venter<\/strong>, se tweede titel wees sedert hy by die Rooies begin afrig het. Wat die moontlike prestasie meer spesiaal sal maak, is die feit dat Venter eers aan die einde van 2023 by die span van Middelburg aangesluit het, wat beteken dat hy in sy eerste twee jaar moontlik reeds met twee titels kan spog.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle is die verdedigende kampioen aangesien hulle verlede jaar die louere met <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> gedeel het (24-24). Vir die Middies is dit die eerste keer sedert 2022 dat hulle in \u2018n eindstryd van di\u00e9 afdeling betrokke is, nadat hulle drie jaar gelede met 17-23 teen <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> vasgeval het.<\/p>\n<p>Die Middies het die daaropvolgende paar seisoene elke slag die halfeindstryd gehaal, maar kon net nie deurdring eindstryd toe nie. Dit was juis die Rooi Bulle wat hulle verlede jaar tuis met 22-17 uitgeskakel het, nadat hulle vroe\u00ebr die jaar ook met 31-24 in die jaarlikse derby koning gekraai het.<\/p>\n<p>Vanjaar was Middelburg egter al reeds &#8216;n slag groen geverf. Die Middies het die bordjies verhang deur in die rondomtalie-wedstryd met 16-11 op HTS se tuisveld die pyp te rook. Dit neem &#8216;n mate van die giftigheid weg wat tuisveldvoordeel bied.<\/p>\n<p>Sedert sy terugkeer na \u2018n gebreekte been, het die Rooi Bulle se kaptein, <strong>Johnny Dos Santos<\/strong>, binnesenter vir losskakel verruil vir die laaste drie wedstryde, en sy tweestryd met die Middies se generaal, <strong>Matthew Abbey<\/strong>, kan straks deurslaggewend wees. Abbey was die argitek van\u00a0die Middies se skoksege oor <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> in Centurion, met skrumskakel, <strong>Keabetswe Nkgadima<\/strong>, wat ook uitstekende diens gelewer het.<\/p>\n<p>Abbey moet Saterdag egter sonder kaptein, <strong>Lungelo Maseko<\/strong>, op binnesenter klaarkom. Maseko loop die eindstryd mis weens \u2018n rooi kaart in die halfeindstryd teen die Zwarries. Buitesenter, <strong>Jaco Truter<\/strong>, skuif oor binnesenter toe, met <strong>Lesego Rakale<\/strong>, normaalweg vleuel, wat in die nr 13-trui opdraf.<\/p>\n<p>Vir die tuisspan maak die gevaarlike <strong>Jacques Greyling<\/strong> sy terugkeer, maar op regtervleuel in plaas van buitesenter, terwyl <strong>Nathan Jansen van Vuuren<\/strong> en <strong>Reynhardt Snyeders<\/strong> die middeveld beman.<\/p>\n<p>Voorlangs het die Middies drie staatmakers terug in die vorm van slot, <strong>Wian Olwagen<\/strong>, n\u00f3g \u2018n uitblinker in die sege oor die Zwarries, en <strong>CW Hanekom<\/strong> en <strong>Hencoe Janse van Rensburg<\/strong> wat weer gaan jag maak op die losbal.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg t. Ho\u00ebrskool Middelburg om 13:30 in Middelburg\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg: <\/strong>15 Wynand Cronje, 14 Jacques Greyling, 13 Reynhardt Sneyders, 12 Nathan Janse van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Johnny Dos Santos, 9 Dant\u00e9 Lubbe, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kock, 6 Argu Kruger, 5 Andrea De Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanro Terblanche, 1 Janco Botha.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg: <\/strong>15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Lesego Rakale, 12 Jaco Truter, 11 Bulelani Mcira, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Jabu Mathebula, 6 CW Hanekom, 5 Jeandr\u00e9 Potgieter, 4 Andr\u00e9 Robberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregters:<\/strong> Shemea Ndlovu (Pumas)<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16 &#8211; <\/strong>11:20 &#8211; Ho\u00ebrskool Middelburg t. Oos-Moot.<br \/>\n<strong>o.15 &#8211; <\/strong>10:10 &#8211; Oos-Moot t. Ho\u00ebrskool Zwartkop.<br \/>\n<strong>o.14 &#8211; <\/strong>09:00 &#8211; Wesvalia t. Ho\u00ebrskool Kempton Park.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die tweede Middelburg-derby van 2025 het aansienlik meer op die spel as die vorige keer, sowat drie maande gelede, toe di\u00e9 twee plaaslike skole mekaar gepak het. Volg al die aksie regstreeks op\u00a0SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die gesogte titel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling is Saterdagmiddag op die spel wanneer HTS Middelburg sy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":66660,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-81705","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81705","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=81705"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/81705\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/66660"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=81705"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=81705"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=81705"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}