{"id":8181,"date":"2018-05-06T06:47:38","date_gmt":"2018-05-06T06:47:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-laat-boishaai-les-opse-en-monnas-dra-net-net-tuks-kroon\/"},"modified":"2018-05-06T06:47:38","modified_gmt":"2018-05-06T06:47:38","slug":"grey-laat-boishaai-les-opse-en-monnas-dra-net-net-tuks-kroon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=8181","title":{"rendered":"Grey laat Boishaai les opse en Monnas dra net-net Tuks-kroon"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-8180\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2018\/05\/NewsGBrandonTrofee.jpg\" alt=\"NewsGBrandonTrofee\" width=\"298\" height=\"336\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Monument van Krugersdorp het gister vir die derde agtereenvolgende jaar en heel moontlik vir die laaste keer ooit die Tuks-reeks se trofee omhoog gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas het met 36-34 die titel in die eindstryd op die LC de Villiers-stadion hier van Menlopark gebuit. Dit was Menlopark se eerste verskyning in die eindstryd en die span het alles gedoen behalwe om as oorwinnaars van die veld te stap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is sprake dat vanjaar se eindstryd die laaste een ooit in die reeks is en dat die spanne slegs volgende jaar op vriendskaplike basis teen mekaar sal deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monnas se kaptein en haker, Morn\u00e9 Brandon, het met ongeveer vier minute se spel oor in die wedstryd gaan druk om sy span se agterstand tot slegs 34-33 te staan te bring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark se heelagter, Enrique Steffen, het \u2018n skepdoel daarna prober, maar Monnas se flank Franco Schutte het dit afgestorm. Monnas se losskakel, Byron-Lee Wentink, het daarna die wenpunte met \u2018n strafdoel aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was \u2018n lustelose vertoning deur Monnas wat waarskynlik deur hulle twee moeilike wedstryde teen Paarl Gimnasium en Grey-kollege tydens die Wildeklawer-toernooi beinvloed is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Menlopark se skrumskakel, Bernard van der Linde, mag maar vandag bre\u00ebbors rondloop na sy vertoning. Hy het die beste vertoning van sy skoolloopbaan opgedis en behoort na die wedstryd die Blou Bulle se nr.9-trui later vanjaar op die Cravenweek in die Paarl te dra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit gaan keer kos om Grey-kollege se stoomtrein vanjaar te stuit. Die span van Bloemfontein het die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl sy eerste nederlaag sedert 2014 teen \u2018n Suid-Afrikaanse span op Brugstraat met 34-20 toegedien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey gaan nie maklik vanjaar gestuit word nie en skolerugby-ondersteuners sien reeds uit na die span van die Rosestad se ontmoeting met Paul Roos in Augustus.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was veral Grey se flanke De Wet Marais en Raynardo Gouveia asook die slot George Cronj\u00e9 wat voorlangs die vuur gegee het. Die agtsteman, Werner Gouws, het met sy verskyning vanaf die plaasvervangersbank ook \u2018n reuse impak gemaak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Agterlangs het die senterpaar, Franco Smith en Wyclef Vlitoor, te veel vra vir Boishaai se verdediging gehad. Boishaai se losskakel, Kian Meadon, kan tevrede met sy vertoning voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium het die aanvanklike druk uitstekend verwerk om Paarl Gimnasium in die Paarl met 32-14 die loef af te steek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet, maar kon slegs \u2018n voorsprong van 10-6 teen die omdraaislag geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die tweede helfte het die span van die Eikestad met sy losskakel, Juan Mostert, aan die spits die bal al hoe meer lug begin gee. Albei vleuels, Remy Engelbrecht en Tiaan Pretorius, het in die hoeke oorgegelip om die uitslag in hul span se guns te beklink.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies se slot Henco Beukes en heelagter, Tiaan Swanepoel, kan tevrede oor hulle vertonings voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die uitspeelwedstryd vir die derde plek en vierde posisie van die Tuks-reeks wat ook as Valke-proewe kon dien, het Transvalia vir EG Jansen van Boksburg met 82-14 afgeslag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was veral die woelige haker, Raynardt \u201cGutter\u201d Nel, wat met sy stormlopies meeste van die skade aangerig het. Hy het vier keer die doellyn oorgesteek. Die haker het reeds vroe\u00ebr vanjaar teen HTS Dani\u00ebl Pienaar sewe drie\u00eb in \u2018n wedstryd ingeryg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Vanderbijlpark se losskakel, Zian de Jager, was ook op sy stukke alhoewel hy slegs \u2018n helfte gespeel het. Hy het met al sewe sy doelskop-pogings geslaag en ook op die aanval sy span rigting gegee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lichtenburg is vir die derde agtereenvolgende jaar die kampioen van die NWU-Pukke Prestige-reeks. Die Liggies het die Ho\u00ebrskool Middelburg met 20-17 in die eindstryd van die reeks op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u00ea<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Monument 36, Menlopark 34; Transvalia 82, EG Jansen 14; Garsfontein 48, Ho\u00ebrskool Rustenburg 19; Ho\u00ebrskool Nelspruit 45, HTS Middelburg 19; Eldoraigne 56, Kempton Park 21.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Lichtenburg 20, Ho\u00ebrskool Middelburg 17; Potchefstroom Volkskool 30, Zwartkop 20; Noordheuwel 39, Potchefstroom Gimnasium 17; Montana 45, Jeugland 7.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey High School 45, Queen\u2019s College 38; Selborne College 47, Dale College 6; Brandwag (Uitenhage) 26, HTS Dani\u00ebl Pienaar 10; Kingswood College 41, Hudson Park 20; St Andrew\u2019s College 34, Graeme College 14; Nico Malan 82, Muir College 0; Graaff-Reinet Volkskool 61, DF Malherbe 0; Kearsney College 38, Westville Boys\u2019 High 33; Ferrum 53, Dundee 6; Pionier 24, Voortrekker (Pietermaritzburg) 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey-kollege 34, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 20; Louis Botha 28, Jim Fouch\u00e9 16; Sentraal 24, Fichardtpark 10; Brandfort 62, Sand du Plessis 7; Goudveld-Ho\u00ebrskool 33, Wilgerivier 16; Witteberg 63, AHS Kroonstad 12; Hentie Cilliers 29, Voortrekker 27; Riebeeckstad 39, HTS Sasolburg 10; Bothaville 45, Wessel Maree 14; Landboudal 51, Kathu 13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>VIRSEKERBEKER<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Blou Bulle:<\/strong> Centurion 21, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 12; Midstream College 27, Pretoria-Noord 20; HTS John Vorster 27, Die Wilgers 20; Ho\u00ebrskool Tuine 29, Overkruin 25; HTS Tuine 22, Curro Hazeldean 17; FH Odendaal 38, Cullinan 12; Pretoria THS 19, Gerrit Maritz 18; Erasmus 35, Uitsig 10; HF Verwoerd 20, Akasia 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Goue Leeus:<\/strong> Fochville 29, Trinityhouse 0; Leeuwenhof 61, Jan Viljoen 19; Bekker 48, Queen\u2019s High 0.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Limpopo:<\/strong> Frikkie Meyer 65, Hans Strijdom 0; Merensky 31, Tom Naud\u00e9 11; Piet Potgieter 21, Wonderboom 18; Nylstroom 29, Frans du Toit 27; Curro Heuwelkruin 43, Eric Louw 19; Ellisras 54, Ben Viljoen 23.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Luiperds:<\/strong> Wolmaransstad 53, HTS Klerksdorp 17; Schoonspruit 51, Brits 5; Zeerust 22, Schweizer-Reneke 17.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Pumas:<\/strong> Piet Retief 27, Ermelo 26; Secunda 54, Lydenburg 14; Hoogenhout 43, Volksrust 3; Carolina 30, Groblersdal Akademie 0; Barberton 47, Penryn College 14; Curro Nelspruit 46, Kanonkop 46; Rob Ferreira 38, Morgenzon Landbou 32; Komatipoort 53, Eastdene 10.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Valke:<\/strong> Hans Moore 34, Vereeniging Gimnasium 10; Brandwag (Benoni) 50, Delmas 27; Stoffberg 31, Belvedere 29; Die Ankerskool 27, Parys 25.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>WES-KAAP<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium 32, Paarl Gimnasium 13; Wynberg Boys\u2019 High 27, Boland Landbou 25; Bishops 19, SACS 7; HTS Drostdy 41, Hermanus 25; Stellenberg 47, Brackenfell 0; Hugenote (Wellington) 24, Durbanville 24; Ho\u00ebrskool Bellville 49, Parel Vallei 8; Swartland 26, De Kuilen 20; Schoonspruit 26, Weston 24; Worcester Gimnasium 20, Robertson 17; Piketberg 14, Vredendal 8; Strand 32, Charlie Hofmeyr 19; DF Malan 25; Tygerberg 22; Lutzville 26, Augsburg Gimnasium 8; Bredasdorp 6, Overberg 5; Vredenburg 27, HTS Bellville 16; President 19, Melkbosstrand 12.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>NOORDVAAL<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Glenwood 37, Affies 34; Pretoria Boys\u2019 High 37, St Alban\u2019s College 13; Parktown Boys\u2019 High 17, Northwood 12; St John\u2019s College 58, St Andrews (Bloem) 0; Jeppe High School for Boys\u2019 66, St Benedict\u2019s College 12. &nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Monument van Krugersdorp het gister vir die derde agtereenvolgende jaar en heel moontlik vir die laaste keer ooit die Tuks-reeks se trofee omhoog gehou. Monnas het met 36-34 die titel in die eindstryd op die LC de Villiers-stadion hier van Menlopark gebuit. Dit was Menlopark se eerste verskyning in die eindstryd en die span het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":8180,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-8181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8181"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8181\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}